Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » drie
drie [boodskap #125405] So, 21 April 2019 14:25
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19021
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
drie
Afbreking: drie




Hooftelwoord: drie

Betekenis:
• Die getal 3. Een meer as twee en een minder as vier.

Gebruik:
• Kan ek drie lekkers kry?
• Ek speel drie keer per week krieket.

Verwant:
• derde

Vertaling:
Engels: three
Nederlands: drie
Sotho: tharo
Zoeloe: kuthathu


Selfstandige naamwoord: drie
Meervoud: drieë
Verkleinwoord: drietjie
Meervoud van verkleining: drietjies

Betekenis:
• Die syfer 3.
• 'n Doel in rugby; punte aanteken deur die bal in die teenstanders se doelgebied te druk.

Gebruik:
• Die drie maak my mal.
• Die seun het 'n drie gedruk.

Spreekwoord:
• 'n Drie in beseringstyd druk. [Vermag iets net voor dit te laat is. / 'n Baba op hoërige ouderdom verwag.]
• Twee is paar, drie is onpaar. [By 'n verliefde paar is 'n derde persoon 'n oorlas.]

Afgelei:
• driebeenpot
• driedimensioneel
• driehoek
• driejarig
• driekuns
• drieling
• driemanskap
• driekwart
• driesprong
• drietal
• drieuur

Vertaling:
Engels: three
Nederlands: drie

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: gehad
Volgende onderwerp: kon
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Mei 19 18:34:43 MGT 2024