Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Nuus » (Farm Murders) Family of three murdered, including a three-year old girl
(Farm Murders) Family of three murdered, including a three-year old girl [boodskap #119848] Do, 02 Desember 2010 12:55 na volgende boodskap
Etienne Marais  is tans af-lyn  Etienne Marais
Boodskappe: 370
Geregistreer: Maart 1997
Karma: 0
Senior Lid
(Farm Murders)
Family of three murdered, including a three-year old girl

========================================

Plaasgesin grusaam vermoor
2010-12-02 14:01

Bloemfontein - ’n Gesin van drie, onder wie ’n 3-jarige dogtertjie, is
grusaam op die plaas Tweefontein in die Lindley-distrik vermoor.

Attie Potgieter, sy vrou, Wilna, en hul rooikopdogtertjie, Willemien,
se lyke is Donderdagoggend deur ’n plaaswerker gevind. Potgieter is in
sy vroeë veertigerjare en sy vrou in haar dertigs.

Jana van der Merwe, Volksblad-verslaggewer wat tans op die toneel is,
sê die man is vermoedelik by die huis se agterdeur met ’n panga oor
die kop geslaan.

Van der Merwe het vertroulik verneem die vrou en kind is met ’n
vuurwapen tereggestel.

Die lyke is reeds van die plaas verwyder.

Een verdagte is intussen vasgetrek op Petrus Steyn.

http://www.nuus24.com/Suid-Afrika/Nuus/Plaasgesin-grusaam-ve rmoor-20101202-2
Re: (Farm Murders) Family of three murdered, including a three-year old girl [boodskap #119851 is 'n antwoord op boodskap #119848] Vr, 03 Desember 2010 09:58 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Etienne Marais  is tans af-lyn  Etienne Marais
Boodskappe: 370
Geregistreer: Maart 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Dec 2, 2:55 pm, Etienne Marais wrote:
> (Farm Murders)
> Family of three murdered, including a three-year old girl
>
> ========================================
>
> Plaasgesin grusaam vermoor
> 2010-12-02 14:01
>
> Bloemfontein - ’n Gesin van drie, onder wie ’n 3-jarige dogtertjie, is
> grusaam op die plaas Tweefontein in die Lindley-distrik vermoor.
>
> Attie Potgieter, sy vrou, Wilna, en hul rooikopdogtertjie, Willemien,
> se lyke is Donderdagoggend deur ’n plaaswerker gevind. Potgieter is in
> sy vroeë veertigerjare en sy vrou in haar dertigs.
>
> Jana van der Merwe, Volksblad-verslaggewer wat tans op die toneel is,
> sê die man is vermoedelik by die huis se agterdeur met ’n panga oor
> die kop geslaan.
>
> Van der Merwe het vertroulik verneem die vrou en kind is met ’n
> vuurwapen tereggestel.
>
> Die lyke is reeds van die plaas verwyder.
>
> Een verdagte is intussen vasgetrek op Petrus Steyn.
>
> http://www.nuus24.com/Suid-Afrika/Nuus/Plaasgesin-grusaam-ve rmoor-201...

Photos: http://www.news24.com/Galleries/Image/Images/South%20Africa/ Free%20State%20farm%20murder
(active as on 03/12/2010 11:55)
Re: (Farm Murders) Family of three murdered, including a three-year old girl [boodskap #119854 is 'n antwoord op boodskap #119848] Vr, 10 Desember 2010 09:38 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Etienne Marais  is tans af-lyn  Etienne Marais
Boodskappe: 370
Geregistreer: Maart 1997
Karma: 0
Senior Lid
Dr. Pieter Mulder het 'n emosionele mediadebat veroorsaak toe hy (op
foto by die hof in Lindley) aan die media gesê het die moord op die
tweejarige Willemien Potgieter is rassisme.

"Ek is steeds daarvan oortuig rassisme het ’n rol gespeel. Ek het ’n
meter agter die verdagtes in die hof gesit. Hulle is jonk, hulle het
nie ervarings van apartheid nie. Wát het hulle dus gemotiveer? Hoekom
moet ses volwasse mans ’n tweejarige kindjie teregstel wat geen
bedreiging vir hulle inhou nie en hulle ook nie na die tyd kan uitken
nie?”

het Mulder gesê.
Re: (Farm Murders) Family of three murdered, including a three-year old girl [boodskap #119855 is 'n antwoord op boodskap #119848] Vr, 10 Desember 2010 09:39 Na vorige boodskap
Etienne Marais  is tans af-lyn  Etienne Marais
Boodskappe: 370
Geregistreer: Maart 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Dec 8, 9:24 am, Etienne Marais wrote:
>>> (Farm Murders)
>>> Family of three murdered, including a three-year old girl
>
> Facebook member Sabelo Pama posts to his wall:
>
> “I salute the force who killed the settlers family in Free State
> thursday and the spirit of APLA forces will protect you and keep you
> doing a good work because the death of settlers and ANC is the first
> step to get ourland. You are the true revolutionary…”
>
> ( snapshot of page taken before he changed his settings to hide his
> wall )
>
> http://www.facebook.com/#!/photo.php?fbid=181865411827306&am p;set=a.11796...

Moord op driejarige Willemien lok woedende reaksie uit

Dr. Pieter Mulder, VF Plus-leier en adjunkminister van Landbou, Bosbou
en Visserye Dr. Pieter Mulder, leier van die VF Plus en adjunkminister
van Landbou, Bosbou en Visserye het Maandag, 6 Desember, die verhoor
van die verdagtes wat gearresteer is in verband met die grusame moord
op die Potgieter-egpaar en hul driejarige dogtertjie, in die Lindley-
landdroshof bygewoon.

“Die ANC-regering moet wakker skrik en plaasmoorde as ‘n
prioriteitsmisdaad verklaar. Dit is baie belangrik dat die ANC-leiers
hierdie tipe gewelddadige moorde in die openbaar deurlopend moet
veroordeel,” het dr. Mulder gesê.

Leiers en ondersteuners van die VF Plus het buite die Lindley-
landdroshof saamgetrek om hul protes teen die apatiese houding van die
regering teenoor plaasmoorde te toon. “’n Klimaat wat tot hierdie
wrede moorde lei word deur onverantwoordelike propaganda-stellings
geskep. Hierdie moorde is grusaam en bevat ‘n sterk element van
rassisme.

ANC-leiers sing liedjies wat woorde, soos ‘Skiet die Boer’ bevat en
dit skep ‘n atmosfeer van rassisme waarbinne hierdie moorde dan
plaasvind,” het dr. Mulder bygevoeg.

“Ek het ‘n meter agter hulle (die verdagtes) in die hof gesit. Hulle
is jonk, hulle het nie ervarings van apartheid nie. Wat het hulle dus
gemotiveer? Hoekom ‘n tweejarige kindjie teregstel wat geen bedreiging
inhou nie? Armoede kan geen geldige argument vir wrede misdaad wees
nie en die ANC kan nie langer daarvan wegskram dat sommige plaasmoorde
deur rassisme gemotiveer word nie.

Dit help nie ons ontduik die ongemaklike onderwerp en maak of dit nie
bestaan nie. Daar is elemente van wraak en rassisme in plaasmoorde wat
die VF Plus baie bekommerd maak. Jongmense wat onbewus is van die
historiese konteks van struggle-liedjies met woorde soos ‘dubul
ibhunu’ (skiet die Boer) heg ‘n ander betekenis daaraan,” het Mulder
gesê.

Dr. Mulder het ook mnr. Jackson Mthembu, nasionale woordvoerder van
die ANC, se aanname dat plaasmoorde afgeneem het, bevraagteken.

“Boere in Suid-Afrika is die groep waaronder die meeste moorde
plaasvind, gemiddeld 313 uit elke 100 000, en dan eers wetstoepassers,
soos lede van die polisie, waar die syfer 153 uit 100 000 is.

Die komitee wat plaasmoorde in 2003 ondersoek het, het toe reeds
bevind dat die kanse dat die slagoffer in ‘n plaasaanval beseer sal
word, twee maal so groot as in transito-rooftogte is.

Die kanse dat die slagoffer sal sterf is drie maal so groot as in
transito-rooftogte. As die Polisie transito-rooftogte as ‘n prioriteit
kan beskou, des te meer behoort plaasmoorde as prioriteit beskou te
word,” sê dr. Mulder.
Vorige onderwerp: Savage South Africa - Elderly White man's soles stripped of feet
Volgende onderwerp: 8 brand dood in huis
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Apr 25 06:13:33 MGT 2024