Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Nuus » Onverwagse wending in 'skiet die boer'-saak
Onverwagse wending in 'skiet die boer'-saak [boodskap #119845] Ma, 29 November 2010 18:54
Etienne Marais  is tans af-lyn  Etienne Marais
Boodskappe: 370
Geregistreer: Maart 1997
Karma: 0
Senior Lid
Onverwagse wending in 'skiet die boer'-saak
2010-11-29 19:51

Johannesburg – Die ANC en AfriForum se aansoek om verlof tot appèl
teen ‘n beslissing dat om “skiet die boer” misdaad aanmoedig het
Maandag ‘n onverwagse wending in die Suid-Gautengse hooggeregshof in
Johannesburg geneem.

Die ANC se prokureur, Gilbert Marcus, het geargumenteer dat die party
toegelaat moet word om appèl teen die beslissing aan te teken en dat
hulle nie die konteks waarin die lirieke gebruik word by hierdie
beslissing hoef in te sluit nie.

Dit was ten spyte van regter Leon Helgryn se herhaalde versoek dat die
konteks wel gegee moet word.

Ná ‘n lang breuk as gevolg van ‘n kragonderbreking, het Helgryn
regdeur middagete gegaan en slegs ‘n vyf minuut badkamerbreuk
toegelaat.

Teen 14:55 het dit duidelik geword dat die ANC en AfriForum nie
aansoek gedoen om tussenbeide te tree in die verrigtinge nie, volgens
hofreëls.

Zehir Omar, Society for the Protection of our Constitution se
advokaat, het beweer dat die aansoek deur die ANC-jeugliga se adjunk-
sekretaris generaal, Thandi Modise, nie deur die party goedgekeur was
nie.

Omar het verder gesê dat, in terme van die hofreëls, moes die ANC en
AfriForum eers aansoek gedoen het om in die saak in te tree.

Volgens hom het Halgryn selfs aan die ANC geskryf toe hulle hom vir
redes gevra het oor sy uitspraak.

Halgryn het gesê dat hy gedink het die aansoek om tussenbeide te tree
reeds voor hom was en hy het gevolglik vir Marcus gevra om ‘n aansoek
in hierdie verband te dikteer.

Omar het sy hande teen sy kop gekap en hard gemompel.

Omar het gesê dat die aansoek om verlof tot appèl verwerp moet word.

Hy het bygevoeg dat die ANC se aansoek slegs ‘n taktiek was in die lig
van die gelykheidshof se appèl,

“Selfs ‘n kind kan dit sien,” het Omar gesê.

Hierdie appèl sal volgende April in die hof verskyn en hou verband met
die beslissing teen die ANC-jeugliga en hul president Julius Malema.

Malema het die lied glo by ‘n byeenkoms in Johannesburg gesing.

Halgryn het sy uitspraak voorbehou

http://www.nuus24.com/Suid-Afrika/Nuus/Onverwagse-wending-in -skiet-die-boer-saak-20101129
Vorige onderwerp: Plakkery styg met 1000% in Nuwe Suid-Afrika
Volgende onderwerp: Bejaarde egpaar vasgebind en beroof
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mar 29 06:13:24 MGT 2024