Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Nuus » Plakkery styg met 1000% in Nuwe Suid-Afrika
Plakkery styg met 1000% in Nuwe Suid-Afrika [boodskap #119844] Sa, 27 November 2010 15:50
Etienne Marais  is tans af-lyn  Etienne Marais
Boodskappe: 370
Geregistreer: Maart 1997
Karma: 0
Senior Lid
1000% Increase in squatters since 1994
=============================

Kaapstad – Plakkerskampe het sedert 1994 met meer as 1000% toegeneem,
grootliks omdat die howe in grondbesetters se guns beslis, het Tokyo
Sexwale, minister van huisvesting, Woensdag in die parlement gesê.

Daar is nou sowat 2700 plakkerskampe landwyd. Terselfdertyd word al
hoe meer geboue in stedelike sakekerns beset.

Sexwale het spesifiek verwys na die “plundering van voorkeurgrond”
waarop “plakkershutte, krotbuurte en ghetto’s” verrys. Die regering
word dan gedwing om ten duurste basiese dienste te lewer waarvoor
nooit beplan is nie.

Hy het aan die portefeuljekomitee oor huisvesting gesê die “gety van
mense wat na stede stroom en grond gryp”, gaan moeilik gestuit word,
omdat die howe die afgelope jare ’n “presedentereg” geskep het waar
“uitspraak ná uitspraak” die besetters bevoordeel.

Hy het ’n ernstige beroep op howe gedoen om te besin en ook die
parlement versoek om ondersoek daarna in te stel.

“Die vreesaanjaendste voorbeeld is die Johannesburgse metroraad wat
huurgeld moet betaal aan die eienaars van geboue wat deur mense in die
stad beset is.

“Hulle stroom na die stede, hulle plak 48 uur lank en dan moet ons
dienste voorsien of ons nou wil of nie. En hulle hou aan om dit te
doen, want daar is kragtige hofbevele in hul guns.”

Volgens Sexwale is wetgewing oor uitsettings en die besetting van
grond bedoel om armes, wat geslagte lank op grond woon, teen
uitsetting te beskerm. “Dis nie veronderstel om sindikate en mense wat
op jou werf plak, te beskerm nie.”

Hy het Nathi Mthethwa, minister van polisie, en genl. Bheki Cele,
nasionale polisiehoof, geprys vir hul spoedige optrede teen besetters
in die Johannesburgse middestad waar 80 geboue onlangs “bevry” is. Een
só ’n gebou in Endstraat word nou opgeknap en sal teen Junie verblyf
aan sowat 900 gesinne kan bied.

Dit het voorts aan die lig gekom reuse-huisvestingprojekte word
vertraag weens ’n gebrek aan infrastruktuur soos damme,
rioolsuiweringsaanlegte, stormwaterstelsels, kraglyne vir
elektrisiteitsvoorsiening en pypleidings vir watervoorsiening.

Die infrastruktuur word egter nie deur die departement van huisvesting
opgerig nie en vereis ’n geïntegreerde aanslag van ’n groep
staatsdepartemente.

Volgens Sexwale moet huisvestingsprojekte op dieselfde wyse as
infrastruktuur-ontwikkeling vir die afgelope Wêreldbeker-
sokkertoernooi bestuur word.

“Daar was geen probleem om paaie, water, krag en sanitasie aan die
stadions te voorsien nie, want al die beplanning het om een tafel
gebeur.”

- Volksblad

http://www.nuus24.com/Suid-Afrika/Nuus/Plakkery-neem-met-100 0-toe-sedert-1994-20101125-2
Vorige onderwerp: Gewapende aanvalle by PRIMêRE skool in Centurion - kan jy dit glo
Volgende onderwerp: Onverwagse wending in 'skiet die boer'-saak
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Apr 25 02:12:27 MGT 2024