Tuis » Ernstig » Ekonomie & geldsake » Huiskoop / verkoop
Huiskoop / verkoop [boodskap #109080] |
Tue, 21 February 2006 10:07  |
Riaan
Boodskappe: 1008 Geregistreer: March 2006
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Ek het 'n vriend wat sopas 'n huis gekoop het. Die bank het die huis kom
inspekteer, en die lening is aan hom toegestaan. Nou wil die bank egter nie
die "wins" aan die verkoper oorbetaal nie want daar is aangebou aan die huis
sonder dat die verkoper planne daarvoor ingedien het.
My vriend redeneer dit is nie sy probleem nie want hy het deur 'n agent en
'n bank gewerk, en as die strukture dus afgebreek moet word dan moet hy of
minder vir die plek betaal, of hy moet die hele transaksie laat kanseleer.
Indien hy die transaksie laat kanseleer en eers weer elders blyplek moet
vind, wie is vernadwoordelik vir die trek kostes ens
Groete
Riaan
|
|
|
|
Re: Huiskoop / verkoop [boodskap #109087 is 'n antwoord op boodskap #109080] |
Tue, 21 February 2006 15:48   |
PietR
Boodskappe: 3341 Geregistreer: July 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"Riaan" skryf in boodskap news:1140516122.205864@proxy.jhb.stormnet.co.za...
> Ek het 'n vriend wat sopas 'n huis gekoop het. Die bank het die huis kom
> inspekteer, en die lening is aan hom toegestaan. Nou wil die bank egter
> nie die "wins" aan die verkoper oorbetaal nie want daar is aangebou aan
> die huis sonder dat die verkoper planne daarvoor ingedien het.
-----Hierdie ding het 'n groter klomp komplikasies as bloot net die prys
tussen die koper en die verkoper. die vorige eienaar het bedrog gepleeg
teenoor die munisipaliteit in die dat jy belasting betaal per vk meter van
jou fondasies. Die ou het dus vir hoe lank te min betaal. Die
munisipaliteit kan hom looi, plus rente. En hom dwing om die strukture of
af te breek as dit nie aan die regulasies voldoen nie, of so nie moet die
eienaar volledige planne wat die aanbouings insluit, indien [dis nou as die
strukture wettig is en die Raad is vergewensgesind!]
>
> My vriend redeneer dit is nie sy probleem nie want hy het deur 'n agent en
> 'n bank gewerk,
----Hierdie is presies hoekom enige mens wat 'n eiendom by 'n ander wil
koop, die moeite moet doen om afskrifte van die nuutste bouplanne in die
hande te kry. As jy dit nie self kan 'lees' nie, gaan vra iemand wat kan
en bepaal of dit wat op die plan is, wel op die erf staan. As jy dit nie
het nie en daar's verskille, dan gaan jy assuransieprobleme optel want as
die gebou bv sou afbrand, gaan hulle net uitbetaal wat op die bouplan is.
en as die strukture dus afgebreek moet word dan moet hy of
> minder vir die plek betaal, of hy moet die hele transaksie laat kanseleer.
> Indien hy die transaksie laat kanseleer en eers weer elders blyplek moet
> vind, wie is vernadwoordelik vir die trek kostes ens
-----Ek sou reken die vorige eienaar en sy verkoopsagent is verantwoordelik.
Die ou wat gekoop het, het mos betaal vir wat daar op die grond staan. As
daar daarvan afgebreek moet word, dan moet hulle hom uitbetaal vir sy
verkleinde eiendom en as hulle besluit om sy geld terug te gee, betaal hulle
vir alle koste deur hulle veroorsaak. Ek dink hy moet by sy prokureur
uitkom.....
>
>
> Groete
>
>
> Riaan
>
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: Huiskoop / verkoop [boodskap #109162 is 'n antwoord op boodskap #109156] |
Thu, 23 February 2006 05:55  |
Deneneile
Boodskappe: 65 Geregistreer: November 2005
Karma: 0
|
Volle Lid |
|
|
Nope Franschhoek
"Otterkop" skryf in boodskap news:kvSdnXuV2t_6o2De4p2dnA@is.co.za...
> Jy bly seker in Clifton of Balito of in Woodhill
>
> "Deneile" wrote in message
> news:dthfna$t56$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>> Hier begin 'n 2slpk, 1 toilet & bad, 1 toilet, open plan kombuis,
>> sitkamer + garage by 1.5miljoen bok koppe!
>> "Riaan" wrote in message
>> news:1140604780.696189@proxy.jhb.stormnet.co.za...
>>> Huispryse het so skerp gestyg die laaste 2 jaar dat ek wonder hoeveel
>>> huise daar nog in die mark is vir minder as daai bedrag. Help seker 'n
>>> ou as jy 'n woonstel wil koop
>
>
>>> "Deneile" wrote in message
>>> news:dthc3r$kt4$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>>>> Wat dink julle van Trevor se besluit op geen oordragkostes vir huise
>>>> onder R500000?
>>
>>
>>>> "Riaan" wrote in message
>>>> news:1140516122.205864@proxy.jhb.stormnet.co.za...
>>>> > Ek het 'n vriend wat sopas 'n huis gekoop het. Die bank het die huis
>>>> > kom inspekteer, en die lening is aan hom toegestaan. Nou wil die bank
>>>> > egter nie die "wins" aan die verkoper oorbetaal nie want daar is
>>>> > aangebou aan die huis sonder dat die verkoper planne daarvoor ingedien
>>>> > het.
>>>
>>>> > My vriend redeneer dit is nie sy probleem nie want hy het deur 'n
>>>> > agent en 'n bank gewerk, en as die strukture dus afgebreek moet word
>>>> > dan moet hy of minder vir die plek betaal, of hy moet die hele
>>>> > transaksie laat kanseleer. Indien hy die transaksie laat kanseleer en
>>>> > eers weer elders blyplek moet vind, wie is vernadwoordelik vir die
>>>> > trek kostes ens
>>>
>>>
>>>> > Groete
>>>
>>>
>>>> > Riaan
>>>
>>
>
>
>
|
|
|
|
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Tue Apr 01 18:00:56 UTC 2025
|