Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Die verkiesing en vigs
Die verkiesing en vigs [boodskap #90236] Wed, 11 February 2004 09:01
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11112
Geregistreer: August 2003
Karma: 1
Senior Lid
Onse Prez verkies om die syfers van Rian Malan te glo.
Aantie Petsie verklaar dat haar verkiesingsmanifes juis sal gaan oor vigs -
daar het sy al klaar sommer die hele versorgingsindustrie en al die pasiënte
agter haar.
In die nuwe Noseweek is daar nogal 'n goeie artikel wat Rian Malan, en by
implikasie ook die regering, oor syfers aanvat, nl
1) Die rede hoekom dokters baie keer nie vigs op die doodsertifikaat invul
nie maar meestal TB of longontsteking, is agv die stigma van die siekte en
om versekeringsuitkerings te verseker.
Baie keer was 'n pasiënt ook nooit by 'n dokter om vir vigs getoets te kon
word nie.
2) Die onverklaarbare skielike toename in sterftes tov van TB en
longontsteking ( TB, volgens die dept van statistiek wat hul inlgting van
doodsertifikate verkry, het meer sterftes as vigs per jaar) sedert 1998, toe
die vigs epidemie in felheid begin toeneem het.

--
Annette
Vorige onderwerp: Strate
Volgende onderwerp: Twee koeie
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Fri Jan 10 13:52:49 UTC 2025