Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Strate
Strate [boodskap #90178] Ma, 09 Februarie 2004 16:34 na volgende boodskap
HansWillem  is tans af-lyn  HansWillem
Boodskappe: 15
Geregistreer: Februarie 2004
Karma: 0
Junior Lid
From: "Suidwester"
Dankie vader daar sal nooit 'n Gloudina straat wees
nie!

Gloudie
> En al daardie ou Voortrekkerleiers se name
> is darem ook ryp vir verandering.
>
HansWillem
Suidwester, jy wil nie dalk so bietjie gesels oor die straatnaam
veranderinge in Swakopmund nie ? Dat mens die hoofstraat afry en
winkelname/adresse sê Kaiser Wilhelm maar die bordjies sê Sam Nujoma .....
Wie's nou eintlik reg ?

Ek ken darem die pad Henties toe sonder om straatname te wil kyk - wanneer
ek daar is. Maar die toneel bly verander elke jaar en die vis minder en
minder.
Re: Strate [boodskap #90203 is 'n antwoord op boodskap #90178] Di, 10 Februarie 2004 13:24 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Eerste die straatname in Swakopmund: Amptelik is van die prominente strate
se name verander na steeds lewende prominente Swapo-lede. Kaizer Wilhelm
strasse, die hoofstraat, is nou Sam Nujoma Drive soos amper elke ander dorp
in Namibië. Enige normale mens sal vir jou sê dis simpel dat so baie
strate na die president vernoem word [veral terwyl hy nog lewe] maar dan
moet gekyk word waarvandaan dit kom. Sam Nujoma is 'n 'so-te-sê' diktator
in ons land en die pad na welvaart vir enige politikus, is die gly-paadjie
reguit in sy ......in op!
Die groot probleme met die straatverandering word deur hierdie
kwasi-politici nie eers besef nie en al sou hulle die saak ook kon begryp,
sal dit hulle nie pla nie want hulle word nie geraak nie.
Kultuur-histories is dit heiligskennis om 'n dorp soos Swakopmund se
straatname te gaan verander. As daar by die ontstaan en die geskiedenis
van Swakopmund gevalle was waar swart mense benadeel is of weggejaag is of
selfs uitgemoor is vir die grond, dan kon mens nog begrip vir hierdie
idiotiese besluit hê, maar nie Owambo nie, nie Herero nie, Damara, Nama,
Baster of Boer en niks, maar fokol, te doene gehad met die totstandkoming
van Swakopmund nie.
Dit was 'n stuk woestyn so 'n 35 km weg van die enigste natuurlike hawe
in die onmiddellike omgewing [Walvisbaai] en dit was beset en onder die
kontrole van die Britte. Om Walvis te gebruik as hawe, sou die Blokkoppe
moes erken dat hulle verkeerd was en die Souties reg. As jy Duitsers ken,
sal jy weet dat dit nie eers 'n oorweging is nie. Toe besluit hulle om van
Swakopmund 'n hawe te maak en dis toe eers die Mole gebou was en toe spoel
die rivier se sand hom gou toe, en toe bou hulle die Jetty.....dit wat
vandag daar staan is maar 'n klein deeltjie van die aanvanklike ding.
Selfs voor die Jetty klaar was, het hulle begin om spoorlyne te bou en
die ysters daarvoor moes aan land kom. Daarvoor het hulle spesiale manne
van die Kroo-stam uit Noord-Afrika ingevoer net omdat hulle kundiges was om
bote deur groot branders aan land te bring. As besoeker aan ons kus sal jy
weet dat ons kus een van die rofstes in Afrika is. So is al die ysters
geland en sommer ook 'n lokomotief of twee deur hulle so deur die branders
aan te ry.
So het hulle goedere vir die land ingevoer en so het hulle die eerste
amptelike spoorlyn in die land na Windhoek toe gebou......alles Duitser se
kind en sy dryf na 'excellence'....en g'n Owambo in sig nie. Nou vernoem
hulle die straatname na Owambos? Wat die arme mense nie besef nie, is dat
jy nie die geskiedenis 'reg' kan skrywe nie! Swakopmund is 'n Duitse dorp
en hy sal so bly. Niemand steur hulle ook aan die nuwe name nie. Die
heel beste was toe hulle die name onthul en daar van die nuwe naamborde
opgesit is waarop die name verkeerd gespel is! Was die een
Wambo-politikus darem die moer in toe 'n ou inwoner van Swakop kliphard
begin lag het!
Dan kom die hartseer deel: Geld! Dit kos die dorp se ekonomie
miljoene oor plein kak besluite. Dis maklik om te sê 'n besigheid kan mos
maar die straatnaam verander op sy briefhoofde en fakture, maar wat die
mense met min pixels [staatsamptenare en politici!] nie besef nie, is dat om
'n drukplaat van elke invoice en briefhoof te verander, kos baie meer as wat
hulle besef.
.......einde van die kak storie! Sien verder af vir die vis!!!

"HansWillem" skryf in boodskap news:4027c745.0@news1.mweb.co.za...
>>
> HansWillem
> Suidwester, jy wil nie dalk so bietjie gesels oor die straatnaam
> veranderinge in Swakopmund nie ? Dat mens die hoofstraat afry en
> winkelname/adresse sê Kaiser Wilhelm maar die bordjies sê Sam Nujoma .....
> Wie's nou eintlik reg ?
>
> Ek ken darem die pad Henties toe sonder om straatname te wil kyk - wanneer
> ek daar is. Maar die toneel bly verander elke jaar en die vis minder en
> minder.
>
Re: Strate [boodskap #90205 is 'n antwoord op boodskap #90178] Di, 10 Februarie 2004 14:02 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Darem nou ook die beste stuk kus, is dit nie? Henties toe is ook darem
maar maklik, jy gooi net hier by ons regs, noord en dan kap jy dit flou vir
nog so 'n 70 km. Is die vis minder? Daarvoor is daar baie argumente en
redenasies:
Die besoekergetalle word jaarliks meer en meer, veral nou dat Samoosa
julle strande gesluit het vir 4x4'e. Daar is net X-getal vis wat nou
verdeel moet word onder meer stokke en sekerlik moet daar minder per kapita
wees? Klink mos logies, of hoe?
So word ook gestorie dat die lynbote van die fabrieke vang baie van die
groter kabeljou agter die breekwater om hul kwotas vol te maak en so word
ook baie van die vis uitgeroei.
Feit van die saak is, is dat daar wel waarheid steek in beide die
sienings, maar ek persoonlik reken dat mens dieper moet kyk na die probleem.
Dit is so dat die lynbote wel groot onder die kabeljou oes, maar dit gebeur
in areas waar nie normaalweg gehengel mag word nie [ver noord verby die
Ugabmond] en steeds bly die vis skaars op die normale hengelplekke.
Logies sal dit dan mos beteken dat die vis bloot met die stok uitgevang
word? Ja, in 'n mate sover dit die galjoen en die steenbras en dassies
aangaan, maar nee sover dit die kabeljou betref. Dit is wetenskaplik bewys
dat die groot kabeljou noord van die Ugab normaalweg wei en hou en dan in
September as die hormone begin pla, begin aftrek suid na Sandwichhawe en
Conceptionbaai se rigting waar hulle orgie hou.....die miljoene kleintjies
wat dit tot gevolg het, groei hier en dan begin dit in skole optrek na die
noorde waar die water lekkerder is. Baie van die kabeljoutjies van so by
die 1kg wat jy normaalweg hier aan ons 'gewone' kus vang, is deel van 'n
'kindergarten' van kabeljoue wat aan die groot word is vir die
noorde.....ongeveer 1 jaar oud.
As jy mooi dink, dan is hierdie tyd van die jaar [end Jan tot end Maart]
wat die beste hengeltyd aan ons kus is, juis die tyd is wat die groot bulle
half blind van lus aftrek na die suide vir daai orgie. Watter ordentlike
man laat hom nie vang in sy hartstog nie?
Die 'moral' van my storie is dus: Jy moet na ons kus toe kom op die
regte tyd. Die beste tyd algemeen is een week voor enige van die
springgetye. Die laaste drie dae voor spring is gewoonlik bliksem. Dan,
meeste van die manne kom deesdae met fênsie 4x4'e met 'n gat wat sak van al
die bottels drank. So jaag hulle die kus op en af, gooi hier, gooi daar
en.....vang niks! Besluit eerder op 'n plek, slaan jou windskerm op, maak
'n potjie of braai 'n lekker vetrib en haak vas vir 'n dag. Jy sal vind
dat die vis kom en gaan so deur die dag.
Stertjie.......so 'n paar jaar gelede het ek juis 'n artikel gedoen oor
hierdie einste spekulasie en ek het ou papiere in die hande gekry van 'n oom
wat doer in die jare vyftig logboek gehou het van al die vis wat hy gevang
het in sy Desember vakansie. As mens in ag neem dat hulle nie daardie dae
ordentlike katrolle en stokke gehad het nie en eintlik maar moes voete insit
om te gaan vang want die ou tjorre het maklik vasgeval in die sand, dan het
hulle eintlik nie beter gevaar nie.
MAAR, die persepsie, dat EK, met my 'Cruiser van R700 000, my GPS wat
visse wys, my grafiet stok en my goue katrol, sekerlik 'n ou vissie of twee
móét kan vang? Visvang is 90% kundigheid en 10% geluk. Darme snaaks hoe
die kundiges so donners gelukkig kan wees?
Ons kus wag vir jou!!! Welkom!

> Ek ken darem die pad Henties toe sonder om straatname te wil kyk - wanneer
> ek daar is. Maar die toneel bly verander elke jaar en die vis minder en
> minder.
>
Re: Strate [boodskap #90208 is 'n antwoord op boodskap #90205] Di, 10 Februarie 2004 15:23 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Suidwester" wrote

Besluit eerder op 'n plek, slaan jou windskerm op, maak
> 'n potjie of braai 'n lekker vetrib en haak vas vir 'n dag.

Vistermanne is seker maar dieselfde die wêreld oor.
Reg oorkant ons, op die Quebec se kant van die Ottawa-
rivier, is daar nou sulke hutjies op die ys, taamlik ver van
die oewer af. Dis daar waar hulle sit en visvang op die
bevrore rivier. Verlede Saterdag het dit gewemel van mense
daar, en ek het selfs 'n paar snowmobiles daar gesien
rondry. Ek neem aan dit was 'n ysvis-kompetisie, seker
deel van Winterlude wat nou aan die gang is.

Gloudina
Re: Strate [boodskap #90230 is 'n antwoord op boodskap #90208] Wo, 11 Februarie 2004 05:48 Na vorige boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Jy's reg. Almal is ewe gek. hier by ons het hulle soort van 'n 'sensus'
gedoen oor 'n drie jaar termyn van wat die gemiddelde ou daagliks vang op
ons kus. Toe is die statistieke verwerk en is bepaal dat 'n enkele
kabeljou die gemiddelde Namibiër R96 kos en vir die RSA besoekers R146 elk!
Dis nou alle koste ingereken....brandstof, mense se brandstof, kos, aas,
lekkernye, ens. Maar, dit bly steeds moerse lekker ontspanning om so vir
'n dag in die woestyn langs die see in die son rond te lê en niemand naby om
jou te pla nie. Van daai ys weet ek egter nie so lekker nie..........
"@rogers.com" wrote in message
news:_H6Wb.8637$TPZ.2758@twister01.bloor.is.net.cable.rogers .com...
>
> "Suidwester" wrote
>
> Besluit eerder op 'n plek, slaan jou windskerm op, maak
>> 'n potjie of braai 'n lekker vetrib en haak vas vir 'n dag.
>
> Vistermanne is seker maar dieselfde die wêreld oor.
> Reg oorkant ons, op die Quebec se kant van die Ottawa-
> rivier, is daar nou sulke hutjies op die ys, taamlik ver van
> die oewer af. Dis daar waar hulle sit en visvang op die
> bevrore rivier. Verlede Saterdag het dit gewemel van mense
> daar, en ek het selfs 'n paar snowmobiles daar gesien
> rondry. Ek neem aan dit was 'n ysvis-kompetisie, seker
> deel van Winterlude wat nou aan die gang is.
>
> Gloudina
>
Vorige onderwerp: Dis alleen daar bo
Volgende onderwerp: Die verkiesing en vigs
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mei 10 14:11:59 MGT 2024