Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Indiese Spreeu
Indiese Spreeu [boodskap #65079] Vr, 26 Julie 2002 12:51 na volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11112
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Oftewel die geliefde Maynah - blykbaar, as daar nie gou iets gedoen word om
hulle uit te roei nie, sal Stephen King se The Birds nie meer fiksie wees
nie.
'n Inbeller van Newcastle was heel slim - wou weet wat hul natuurlike vyand
in Indië is - want blykbaar het hul geen natuurlike vyand hier nie.
Al wat ek op die ingewing van die oomblik kon dink as natuurlike vyand was
tekort aan kos en die honger mense van Indië:)))

Annette
Re: Indiese Spreeu [boodskap #65086 is 'n antwoord op boodskap #65079] Vr, 26 Julie 2002 18:40 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: Johan Bornman (johanaticondotcodotza)

On Fri, 26 Jul 2002 14:51:37 +0200, "Annette" wrote:

Waarom wil jy hulle uitroei? Ek verstaan nie hierdie uitroei sentiment
teenoor hierdie voe"l nie en ek dit dit is grootliks gebasseer op 'n
miete dat die Myna ander voe"ls verdring. Miskien is dit 'n "one
settler one bullet" ding. Ek stel werklik belang om julle standpunte
hieroor te hoor.

Die Myna is nie die enigste uitheemse voe"l wat hom in SA tuisgemaak
het nie. Die gewone huis mossie (nie die Kaapse mossie nie) was
byvoorbeeld van Swede af ingebring en het hom hier in ons voorstede
kom vestig. Die Indiese spreeu se enigste misdaad is sy groot bek en
sosiale persoonlikheid.

Die myna (let op daar is geen h aan die einde nie) is in die vroee"
1800s na Durban toe gebring saam met 'n ander Suid Afrikaanse invoer -
Indiee"rs. Hy het ongeveer 150 jaar lank in Natal gebly voordat hy
besluit het dat die nuwe groen oerwoude van Johannesburg, Pretoria en
ander voorstedelike oerwoude nou gereed is vir die Myna inval. Sowat
35 jaar gelede het die Myna toe skielik uigebrei en, snaaks genoeg,
eers in die nywerheidsstad, Germiston, gevestig.

Vandag is hy orals. Eers was daar gesê dat die mynahs ander voe"ls
verdring en daar is sowat 20 jaar gelede gewys na die kaapse
kwikstertjie wat toe nie meer so volop in die stede voorgekom het nie.
Die kwikstertjie storie het nou platgeval want kwikstertjies en mynas
bly nou lekker saam en eersgenoemde se populasie het herstel. Ek
vermoed daar het iets anders met kwikstertjies gebeur - iets
natuurlik, wat hul getalle aangetas het. Ten spyte van grooter getalle
mynahs as 20 jaar gelede, het kwikkie getalle verbeter.

Hulle kom selfs goed klaar met die nouverwante witgatspreeu.

Voe"llewe is heeltyd in 'n natuurlike flux wat meestal te doen het met
habitat veranderinge. 100 jaar gelede was die Hoeveld 'n savanna
(grasveld) . Vandag is dit 'n oerwoud. Byvoorbeeld, woudvoels soos die
grys loerie (eintlik 'n bosveldvoel) is nou volop in ons voorstede. 30
jaar gelede was loeries baie nou verspreid in die Wes Transvaal
(onthou julle nog daai plek) en 'n paar ander droe" warm plekke met
baie bome.

Die Myna is uitheems ja, maar geen Port Jackson nie. Indringerplante
en nuwe, nie-endemise voels is twee verskillende dinge. Ek sien geen
bewyse dat Mynas ander voels verdring nie. Hulle eet insekte en per
definiesie kompeteer hulle met fiskale, fiskaalvlieevangers, kwikkies
ens, maar dit is vir my duidelik dat hulle almal goed saamleef. Ek hou
mynas al baie lank baie goed dop en is baie bewus van hulle gewoontes.
In al die jare van mynahs waarneed is die enigste myna-agressie wat
ooit waargeneem het tussen Mynas en klein glansspreeus. Sekere tye van
die jaar (laat somer) val 6 of so van elke spesie mekaar aan en dan
waai die vere. Twee of drie dae later is die oorlog verby en altwee
bly weer baas van presies dieselfde stukkie plaas. Meer skrikwekkend
is oorlog tussen verskillende myna troepe. Dit kan vir weke aaneen
aanhou en kleintjies in nesse vrek dan van verwaarlosing.

Mynas kan tot 5 keer per seison broei en daar's gewoonlik drie
kleintjies. Hulle nesse is interessant - enige plastiek,
sigaretstompies, vere, lyntjies en papiertjies word ingespan. Albei
die ouers voer die kleintjies en bring elk tot 20 springkane (groter
insekte as wat laksmanne en kwilkkies tipies vat) per uur nes toe.

Sit vir jou 'n paar voe"lkassies by die huis op op so 'n plek dat jy
maklik van 'n bankie of self jou agterdeur af, die voe'ls kan
waarneem. Ek is seker jy sal gou met my saamstem.

Hulle sosiale gewoontes is koddig. Astrant, kordaat, luidrugtig en
koggelend. Van die mynas by ons maak selfs selfone na. In die stede
maak hulle hulself onpopuler deur in hulle honderde in gunsteling bome
te slaap. Dit net buite die brieiseisoen. Ongelukking slaap hulle eers
na 'n moerse lawaai en skyfskiet op karre onder die bome. Ek dink dis
waarom mense hulle haat. Maar dink net, wat is verkeerd met
voellawaai? Hoe sal die wereld wees sonder hadehahs, mynas of selfs
mossies?

Moet asseblief nie onder die goed begin skiet nie. Jy sal hulle net
kwes en stres en die kleintjies laat vrek in die neste. Selfs
indringerdiere moet met respek behandel word.
Mynas, net soos meneer en mevrou Patel, is nou deel van ons kultuur.
Daar is 'n groot verskil tussen hulle en Port Jacksons of groen- en
swartwattels.

Wees eerder dankbaar dat jy kan sien hoe die natuur verander en aanpas
by veranderinde omstandighede.

Johan Bornman

> Oftewel die geliefde Maynah - blykbaar, as daar nie gou iets gedoen word om
> hulle uit te roei nie, sal Stephen King se The Birds nie meer fiksie wees
> nie.
> 'n Inbeller van Newcastle was heel slim - wou weet wat hul natuurlike vyand
> in Indië is - want blykbaar het hul geen natuurlike vyand hier nie.
> Al wat ek op die ingewing van die oomblik kon dink as natuurlike vyand was
> tekort aan kos en die honger mense van Indië:)))
>
> Annette
>
Re: Indiese Spreeu [boodskap #65089 is 'n antwoord op boodskap #65086] Vr, 26 Julie 2002 19:37 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Wouter Plaasvark  is tans af-lyn  Wouter Plaasvark
Boodskappe: 1004
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
Johan Bornman
Die myna (let op daar is geen h aan die einde nie)

Wouter
Albei spellings word erken, Johan. Ook in 'n moderne SA
woordeboek Kyk gerus by http://www.mynahbird.com/ of
http://www.mynahbird.com/articles/mynahs/mynahs.html
vir inligting oor die myna(h).

In Afrikaans is dit 'n mina of Indiese spreeu.

Johan
Vandag is hy orals.

Wouter
Is jy seker? Ek kan nie dink dat hy juis in die Kaap voorkom nie?

Johan
In al die jare van mynahs waarneed is die enigste myna-agressie...

Wouter
Ek sien jy erken ook albei spelwyses :-)
Re: Indiese Spreeu [boodskap #65101 is 'n antwoord op boodskap #65089] Sa, 27 Julie 2002 16:24 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: Johan Bornman (johanaticondotcodotza)

On Fri, 26 Jul 2002 21:37:44 +0200, "Wouter Plaasvark"
wrote:

> Johan Bornman
> Die myna (let op daar is geen h aan die einde nie)
>
> Wouter
> Albei spellings word erken, Johan. Ook in 'n moderne SA
> woordeboek Kyk gerus by http://www.mynahbird.com/ of
> http://www.mynahbird.com/articles/mynahs/mynahs.html
> vir inligting oor die myna(h).
>
> In Afrikaans is dit 'n mina of Indiese spreeu.

Punt aanvaar. Ek het gekyk in die Roberts en Sasol gidse en alby
gebruik dit sonder die H. Woordeboeke, soos jy sê - erken albei
vorme.

> Johan
> Vandag is hy orals.
> Wouter
> Is jy seker? Ek kan nie dink dat hy juis in die Kaap voorkom nie?

Jy is weereens reg - my wereldjie (orals) gisteraand was Kwazulu en
Gauteng.

Selfs in hierdie gebiede kom hulle plek-plek voor. Wat opgelet is dat
baie spesies endemies is in klein areas - spreeus veral. Bv. In
Alberton in Gauteng is daar 'n kleinerige gebied in die middestad waar
daar swerms en swerms lelspreeus voorkom. Daar is geen sulke spreeus
in die omliggende gebiede nie.

Ek weet ook van 'n plek in Bedfordview waar duisende minas in die
winter in 'n laning bome slaap. Sodra die somer kom dan verdwyn hulle,
maak individuele nesse myle van die winter slaapplek af, en broei in
pare. Dus kan ons se dat minas in die winter nie in sekere voorstede
voorkom nie mar in die somer wel. Hierdie klein migrasies is nogal
interressant en ek sal graag wil hoor van ander mense hier of daar van
hierdie voels in hulle gebiede voorkom en in watter seisoene.

Johan Bornman
Re: Indiese Spreeu [boodskap #65115 is 'n antwoord op boodskap #65101] Ma, 29 Julie 2002 03:57 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2211
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Johan - dis duidelik dat jy nog nie die mynahs in aksie gesien het nie -
hulle verdring wel ander voëls.
wrote in message
news:3d42c789.124048@news.icon.co.za...
> On Fri, 26 Jul 2002 21:37:44 +0200, "Wouter Plaasvark"
> wrote:
>
>> Johan Bornman
>> Die myna (let op daar is geen h aan die einde nie)
>>
>> Wouter
>> Albei spellings word erken, Johan. Ook in 'n moderne SA
>> woordeboek Kyk gerus by http://www.mynahbird.com/ of
>> http://www.mynahbird.com/articles/mynahs/mynahs.html
>> vir inligting oor die myna(h).
>>
>> In Afrikaans is dit 'n mina of Indiese spreeu.
>
> Punt aanvaar. Ek het gekyk in die Roberts en Sasol gidse en alby
> gebruik dit sonder die H. Woordeboeke, soos jy sê - erken albei
> vorme.
>
>
>> Johan
>> Vandag is hy orals.
>> Wouter
>> Is jy seker? Ek kan nie dink dat hy juis in die Kaap voorkom nie?
>
> Jy is weereens reg - my wereldjie (orals) gisteraand was Kwazulu en
> Gauteng.
>
> Selfs in hierdie gebiede kom hulle plek-plek voor. Wat opgelet is dat
> baie spesies endemies is in klein areas - spreeus veral. Bv. In
> Alberton in Gauteng is daar 'n kleinerige gebied in die middestad waar
> daar swerms en swerms lelspreeus voorkom. Daar is geen sulke spreeus
> in die omliggende gebiede nie.
>
> Ek weet ook van 'n plek in Bedfordview waar duisende minas in die
> winter in 'n laning bome slaap. Sodra die somer kom dan verdwyn hulle,
> maak individuele nesse myle van die winter slaapplek af, en broei in
> pare. Dus kan ons se dat minas in die winter nie in sekere voorstede
> voorkom nie mar in die somer wel. Hierdie klein migrasies is nogal
> interressant en ek sal graag wil hoor van ander mense hier of daar van
> hierdie voels in hulle gebiede voorkom en in watter seisoene.
>
>
> Johan Bornman
Re: Indiese Spreeu [boodskap #65141 is 'n antwoord op boodskap #65115] Ma, 29 Julie 2002 18:02 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Kinky[1]  is tans af-lyn  Kinky[1]
Boodskappe: 193
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
Karien: Ek het hierdie inset met belangstelling gelees en geniet.
Johan het met soveel oortuiging vir die Indiese Spreeu opgekom dat ek
amper begin twyfel het oor sy 'nut'. Maar hier waar ek in die
Noorde van Kwazulu Natal woon kan ek darem ook getuig van hierdie
spesie se lastigheid en dat hulle ander voëls verjaag het ek self al
waargeneem.

Maar ek vertel graag wat ek nou die dag vanuit my kantoorvenster
waargeneem het. Ek het n wonderlike uitsig op n boom (maar moet tot
my skande erken dat ek nie naam daarvan weet nie). So rukkie gelede
kom sit daar n Fiskaal Laksman in die boom met n kleinerige dooie
mossie in sy kloue of in sy bek. Nie lank nie of twee ander mossies
kom raas daar rond maar Laksman laat hom nie deur hulle intimideer
nie. Hy verjaag hulle nadat hy sy lewelose prooi aan die kop in die
mik van twee takke met groot moeite "gehang" het. Lanksman het
ywerig aan die mossie begin pik dat mens net vere sien spat het. Dan
tel hy die mossie weer op en hang hom op aan n ander tak. Vlieg weg,
maar keer telkens terug om die mossie te verveer! Nodeloos om te sê
ek het die middag nie veel werk verrig nie want hierdie intrige wat
hom hier voor my venster afspeel was net te wonderlik om te aanskou.
Maar helaas na drie ure se gespook met die dooie mossie het die
laksman hom weer opgeraap en met hom weggevlieg na n onbekende
bestemming.

Ek weet dat Laksmanne insekte vang en het al gehoor dat hulle selfs
veldmuise aanval maar dat hulle ander voêls jag was vir my nuus. Weet
iemand iets meer van hierdie vreemde gedrag wat seker nie so vreemd is
nie?

"Jonas" skryf in boodskap news:...
> Johan - dis duidelik dat jy nog nie die mynahs in aksie gesien het nie -
> hulle verdring wel ander voëls.
> wrote in message
Re: Indiese Spreeu [boodskap #65147 is 'n antwoord op boodskap #65141] Di, 30 Julie 2002 05:34 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2211
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Hier in Pretoria steek 'n heelwat "groter" probleem sy kop uit. Adidas - is
dit die regte spelling? Wel, in die laaste onbgeveer 5 jaar het hulle regtig
'n oorlas begin word - groopt geraas, en nog erger, hul eiesoortige graffiti
op my plaveisel.
Ek dink die getalle het toegeneem vanweë droogte in die landelike gebiede en
natuurlik die beskutte en kosryke omgewing wat die stedelike residensiële
gebiede bied.
Hoe raak ek van hulle ontslae, want, hulle verdring ook bepaald die kleiner
voëlsoorte?

"Kinky" skryf in boodskap news:4bb80b32.0207291002.17331acb@posting.google.com...
> Karien: Ek het hierdie inset met belangstelling gelees en geniet.
> Johan het met soveel oortuiging vir die Indiese Spreeu opgekom dat ek
> amper begin twyfel het oor sy 'nut'. Maar hier waar ek in die
> Noorde van Kwazulu Natal woon kan ek darem ook getuig van hierdie
> spesie se lastigheid en dat hulle ander voëls verjaag het ek self al
> waargeneem.
>
> Maar ek vertel graag wat ek nou die dag vanuit my kantoorvenster
> waargeneem het. Ek het n wonderlike uitsig op n boom (maar moet tot
> my skande erken dat ek nie naam daarvan weet nie). So rukkie gelede
> kom sit daar n Fiskaal Laksman in die boom met n kleinerige dooie
> mossie in sy kloue of in sy bek. Nie lank nie of twee ander mossies
> kom raas daar rond maar Laksman laat hom nie deur hulle intimideer
> nie. Hy verjaag hulle nadat hy sy lewelose prooi aan die kop in die
> mik van twee takke met groot moeite "gehang" het. Lanksman het
> ywerig aan die mossie begin pik dat mens net vere sien spat het. Dan
> tel hy die mossie weer op en hang hom op aan n ander tak. Vlieg weg,
> maar keer telkens terug om die mossie te verveer! Nodeloos om te sê
> ek het die middag nie veel werk verrig nie want hierdie intrige wat
> hom hier voor my venster afspeel was net te wonderlik om te aanskou.
> Maar helaas na drie ure se gespook met die dooie mossie het die
> laksman hom weer opgeraap en met hom weggevlieg na n onbekende
> bestemming.
>
> Ek weet dat Laksmanne insekte vang en het al gehoor dat hulle selfs
> veldmuise aanval maar dat hulle ander voëls jag was vir my nuus. Weet
> iemand iets meer van hierdie vreemde gedrag wat seker nie so vreemd is
> nie?
>
>
>
> "Jonas" wrote in message
news:...
>> Johan - dis duidelik dat jy nog nie die mynahs in aksie gesien het nie -
>> hulle verdring wel ander voëls.
>> wrote in message
Re: Indiese Spreeu [boodskap #65174 is 'n antwoord op boodskap #65147] Di, 30 Julie 2002 11:19 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Drom[1]  is tans af-lyn  Drom[1]
Boodskappe: 333
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Jonas" skryf in boodskap news:...
> Ek dink die getalle het toegeneem vanweë droogte in die landelike gebiede en
> natuurlik die beskutte en kosryke omgewing wat die stedelike residensiële
> gebiede bied.

Is so ja. Hier by ons is duisende van die goed. Hulle voed deur daai
lang snawels in sagte nat grond in te druk en dan so wurms en goggas
te soek. As dit droog is sal hulle dus grasperke toe beweeg.

> Hoe raak ek van hulle ontslae,

Moenie jou grasperk water gee nie. Bruin is net so moot soos groen :-)

> want, hulle verdring ook bepaald die kleiner voëlsoorte?

No ways. Hulle is inheems en het vrede met ander voëls. Ek kyk baie by
my kantoorvenster uit waar hulle (hadidas, terloops) en die hoephoepe
ewe gelukkig saam goggas soek.

Drom
Re: Indiese Spreeu [boodskap #65175 is 'n antwoord op boodskap #65174] Di, 30 Julie 2002 11:30 Na vorige boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11112
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
:))) Ai tog jou ou spoilsport!! Vir wat gaan jy nie aan om hulle Adidas te
noem nie - dan kan ons later begin praat van die Reebokke:)))
Annette

in message news:1e507c17.0207300319.4b84907@posting.google.com...
> "Jonas" wrote in message
news:...
>> Ek dink die getalle het toegeneem vanweë droogte in die landelike gebiede en
>> natuurlik die beskutte en kosryke omgewing wat die stedelike residensiële
>> gebiede bied.
>
> Is so ja. Hier by ons is duisende van die goed. Hulle voed deur daai
> lang snawels in sagte nat grond in te druk en dan so wurms en goggas
> te soek. As dit droog is sal hulle dus grasperke toe beweeg.
>
>> Hoe raak ek van hulle ontslae,
>
> Moenie jou grasperk water gee nie. Bruin is net so moot soos groen :-)
>
>> want, hulle verdring ook bepaald die kleiner voëlsoorte?
>
> No ways. Hulle is inheems en het vrede met ander voëls. Ek kyk baie by
> my kantoorvenster uit waar hulle (hadidas, terloops) en die hoephoepe
> ewe gelukkig saam goggas soek.
>
> Drom
Vorige onderwerp: Geheime van Swapo
Volgende onderwerp: LoerBoet2
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Nov 24 07:30:24 MGT 2024