| Indiese Spreeu [boodskap #65079] |
Vr., 26 Julie 2002 12:51  |
Annette
Boodskappe: 11111 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Oftewel die geliefde Maynah - blykbaar, as daar nie gou iets gedoen word om
hulle uit te roei nie, sal Stephen King se The Birds nie meer fiksie wees
nie.
'n Inbeller van Newcastle was heel slim - wou weet wat hul natuurlike vyand
in Indië is - want blykbaar het hul geen natuurlike vyand hier nie.
Al wat ek op die ingewing van die oomblik kon dink as natuurlike vyand was
tekort aan kos en die honger mense van Indië:)))
Annette
|
|
|
|
| Re: Indiese Spreeu [boodskap #65086 is 'n antwoord op boodskap #65079] |
Vr., 26 Julie 2002 18:40   |
|
|
Oorspronklik gepos deur: Johan Bornman (johanaticondotcodotza)
On Fri, 26 Jul 2002 14:51:37 +0200, "Annette" wrote:
Waarom wil jy hulle uitroei? Ek verstaan nie hierdie uitroei sentiment
teenoor hierdie voe"l nie en ek dit dit is grootliks gebasseer op 'n
miete dat die Myna ander voe"ls verdring. Miskien is dit 'n "one
settler one bullet" ding. Ek stel werklik belang om julle standpunte
hieroor te hoor.
Die Myna is nie die enigste uitheemse voe"l wat hom in SA tuisgemaak
het nie. Die gewone huis mossie (nie die Kaapse mossie nie) was
byvoorbeeld van Swede af ingebring en het hom hier in ons voorstede
kom vestig. Die Indiese spreeu se enigste misdaad is sy groot bek en
sosiale persoonlikheid.
Die myna (let op daar is geen h aan die einde nie) is in die vroee"
1800s na Durban toe gebring saam met 'n ander Suid Afrikaanse invoer -
Indiee"rs. Hy het ongeveer 150 jaar lank in Natal gebly voordat hy
besluit het dat die nuwe groen oerwoude van Johannesburg, Pretoria en
ander voorstedelike oerwoude nou gereed is vir die Myna inval. Sowat
35 jaar gelede het die Myna toe skielik uigebrei en, snaaks genoeg,
eers in die nywerheidsstad, Germiston, gevestig.
Vandag is hy orals. Eers was daar gesê dat die mynahs ander voe"ls
verdring en daar is sowat 20 jaar gelede gewys na die kaapse
kwikstertjie wat toe nie meer so volop in die stede voorgekom het nie.
Die kwikstertjie storie het nou platgeval want kwikstertjies en mynas
bly nou lekker saam en eersgenoemde se populasie het herstel. Ek
vermoed daar het iets anders met kwikstertjies gebeur - iets
natuurlik, wat hul getalle aangetas het. Ten spyte van grooter getalle
mynahs as 20 jaar gelede, het kwikkie getalle verbeter.
Hulle kom selfs goed klaar met die nouverwante witgatspreeu.
Voe"llewe is heeltyd in 'n natuurlike flux wat meestal te doen het met
habitat veranderinge. 100 jaar gelede was die Hoeveld 'n savanna
(grasveld) . Vandag is dit 'n oerwoud. Byvoorbeeld, woudvoels soos die
grys loerie (eintlik 'n bosveldvoel) is nou volop in ons voorstede. 30
jaar gelede was loeries baie nou verspreid in die Wes Transvaal
(onthou julle nog daai plek) en 'n paar ander droe" warm plekke met
baie bome.
Die Myna is uitheems ja, maar geen Port Jackson nie. Indringerplante
en nuwe, nie-endemise voels is twee verskillende dinge. Ek sien geen
bewyse dat Mynas ander voels verdring nie. Hulle eet insekte en per
definiesie kompeteer hulle met fiskale, fiskaalvlieevangers, kwikkies
ens, maar dit is vir my duidelik dat hulle almal goed saamleef. Ek hou
mynas al baie lank baie goed dop en is baie bewus van hulle gewoontes.
In al die jare van mynahs waarneed is die enigste myna-agressie wat
ooit waargeneem het tussen Mynas en klein glansspreeus. Sekere tye van
die jaar (laat somer) val 6 of so van elke spesie mekaar aan en dan
waai die vere. Twee of drie dae later is die oorlog verby en altwee
bly weer baas van presies dieselfde stukkie plaas. Meer skrikwekkend
is oorlog tussen verskillende myna troepe. Dit kan vir weke aaneen
aanhou en kleintjies in nesse vrek dan van verwaarlosing.
Mynas kan tot 5 keer per seison broei en daar's gewoonlik drie
kleintjies. Hulle nesse is interessant - enige plastiek,
sigaretstompies, vere, lyntjies en papiertjies word ingespan. Albei
die ouers voer die kleintjies en bring elk tot 20 springkane (groter
insekte as wat laksmanne en kwilkkies tipies vat) per uur nes toe.
Sit vir jou 'n paar voe"lkassies by die huis op op so 'n plek dat jy
maklik van 'n bankie of self jou agterdeur af, die voe'ls kan
waarneem. Ek is seker jy sal gou met my saamstem.
Hulle sosiale gewoontes is koddig. Astrant, kordaat, luidrugtig en
koggelend. Van die mynas by ons maak selfs selfone na. In die stede
maak hulle hulself onpopuler deur in hulle honderde in gunsteling bome
te slaap. Dit net buite die brieiseisoen. Ongelukking slaap hulle eers
na 'n moerse lawaai en skyfskiet op karre onder die bome. Ek dink dis
waarom mense hulle haat. Maar dink net, wat is verkeerd met
voellawaai? Hoe sal die wereld wees sonder hadehahs, mynas of selfs
mossies?
Moet asseblief nie onder die goed begin skiet nie. Jy sal hulle net
kwes en stres en die kleintjies laat vrek in die neste. Selfs
indringerdiere moet met respek behandel word.
Mynas, net soos meneer en mevrou Patel, is nou deel van ons kultuur.
Daar is 'n groot verskil tussen hulle en Port Jacksons of groen- en
swartwattels.
Wees eerder dankbaar dat jy kan sien hoe die natuur verander en aanpas
by veranderinde omstandighede.
Johan Bornman
> Oftewel die geliefde Maynah - blykbaar, as daar nie gou iets gedoen word om
> hulle uit te roei nie, sal Stephen King se The Birds nie meer fiksie wees
> nie.
> 'n Inbeller van Newcastle was heel slim - wou weet wat hul natuurlike vyand
> in Indië is - want blykbaar het hul geen natuurlike vyand hier nie.
> Al wat ek op die ingewing van die oomblik kon dink as natuurlike vyand was
> tekort aan kos en die honger mense van Indië:)))
>
> Annette
>
|
|
|
|
|
|
| Re: Indiese Spreeu [boodskap #65101 is 'n antwoord op boodskap #65089] |
Sa., 27 Julie 2002 16:24   |
|
|
Oorspronklik gepos deur: Johan Bornman (johanaticondotcodotza)
On Fri, 26 Jul 2002 21:37:44 +0200, "Wouter Plaasvark"
wrote:
> Johan Bornman
> Die myna (let op daar is geen h aan die einde nie)
>
> Wouter
> Albei spellings word erken, Johan. Ook in 'n moderne SA
> woordeboek Kyk gerus by http://www.mynahbird.com/ of
> http://www.mynahbird.com/articles/mynahs/mynahs.html
> vir inligting oor die myna(h).
>
> In Afrikaans is dit 'n mina of Indiese spreeu.
Punt aanvaar. Ek het gekyk in die Roberts en Sasol gidse en alby
gebruik dit sonder die H. Woordeboeke, soos jy sê - erken albei
vorme.
> Johan
> Vandag is hy orals.
> Wouter
> Is jy seker? Ek kan nie dink dat hy juis in die Kaap voorkom nie?
Jy is weereens reg - my wereldjie (orals) gisteraand was Kwazulu en
Gauteng.
Selfs in hierdie gebiede kom hulle plek-plek voor. Wat opgelet is dat
baie spesies endemies is in klein areas - spreeus veral. Bv. In
Alberton in Gauteng is daar 'n kleinerige gebied in die middestad waar
daar swerms en swerms lelspreeus voorkom. Daar is geen sulke spreeus
in die omliggende gebiede nie.
Ek weet ook van 'n plek in Bedfordview waar duisende minas in die
winter in 'n laning bome slaap. Sodra die somer kom dan verdwyn hulle,
maak individuele nesse myle van die winter slaapplek af, en broei in
pare. Dus kan ons se dat minas in die winter nie in sekere voorstede
voorkom nie mar in die somer wel. Hierdie klein migrasies is nogal
interressant en ek sal graag wil hoor van ander mense hier of daar van
hierdie voels in hulle gebiede voorkom en in watter seisoene.
Johan Bornman
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: Indiese Spreeu [boodskap #65175 is 'n antwoord op boodskap #65174] |
Di., 30 Julie 2002 11:30  |
Annette
Boodskappe: 11111 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
:))) Ai tog jou ou spoilsport!! Vir wat gaan jy nie aan om hulle Adidas te
noem nie - dan kan ons later begin praat van die Reebokke:)))
Annette
in message news:1e507c17.0207300319.4b84907@posting.google.com...
> "Jonas" wrote in message
news:...
>> Ek dink die getalle het toegeneem vanweë droogte in die landelike gebiede en
>> natuurlik die beskutte en kosryke omgewing wat die stedelike residensiële
>> gebiede bied.
>
> Is so ja. Hier by ons is duisende van die goed. Hulle voed deur daai
> lang snawels in sagte nat grond in te druk en dan so wurms en goggas
> te soek. As dit droog is sal hulle dus grasperke toe beweeg.
>
>> Hoe raak ek van hulle ontslae,
>
> Moenie jou grasperk water gee nie. Bruin is net so moot soos groen :-)
>
>> want, hulle verdring ook bepaald die kleiner voëlsoorte?
>
> No ways. Hulle is inheems en het vrede met ander voëls. Ek kyk baie by
> my kantoorvenster uit waar hulle (hadidas, terloops) en die hoephoepe
> ewe gelukkig saam goggas soek.
>
> Drom
|
|
|
|