21 JULIE [boodskap #47261] |
Tue, 24 July 2001 17:51 |
Frikkie Potgieter
Boodskappe: 383 Geregistreer: February 1997
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
21 JULIE
1812 - Kmdt. Louw Wepener gebore. Lourens Jacobus Wepener is in
Graaff-Reinet gebore, waar hy by sy oom Lourens grootgeword het. Hy het
agter-
gebly in die Kaapkolonie nadat sy broers die Groot Trek vergesel.
Hy neem deel aan drie grensoorlo"e, 1834 tot 1853, en toon reeds dapperheid
wat aan voortvarendheid grens as waarnemende veldkornet. Hy word tot
komandant bevorder vanwe"e sy uitmuntende leierseienskappe. Wepener word
dodelik
gewond in die Basoeto-oorlog teen Mosjesj. Mosjesj was so
be"indruk deur Wepener se dapperheid dat hy ge"eis het dat sy hart uitgesny
en gebraai moet word, sodat elke jong kaptein daarvan 'n stukkie kan eet.
Wepener se stoflike oorskot is aanvanklik op die kruin van Thaba
Bosigo begrawe, maar is later deur sy seun weggehaal en op sy plaas in die
Vrystaat herbegrawe.
Die Louw Wepener-dekorasie was deur die Ou Suid-Afrikaanse
Weermag uitgereik aan lede van die Weermag wat buitengewone dapperheid
openbaar.
1844 - Boereveldkornet S.J. Roos gebore - die dorp Roossenekal is na hom en
Kmdt. Senekal vernoem.
1990 - Bomontploffing by NP kantoor in Bloemfontein. Orde Boerevolk aanvaar
verantwoordelikheid.
|
|
|
Re: 21 JULIE [boodskap #47265 is 'n antwoord op boodskap #47261] |
Tue, 24 July 2001 18:26 |
|
Oorspronklik gepos deur: @home.com
Frikkie Potgieter wrote:
> 21 JULIE
>
>
> 1990 - Bomontploffing by NP kantoor in Bloemfontein. Orde Boerevolk aanvaar
> verantwoordelikheid.
Dit het julle darem lank geneem om die WERKLIKE vyand tebesef, né?
Tant Hessie wat wit wolwe jag.
|
|
|