Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » 23 JULIE
23 JULIE [boodskap #47263] Di, 24 Julie 2001 17:52
Frikkie Potgieter  is tans af-lyn  Frikkie Potgieter
Boodskappe: 383
Geregistreer: Februarie 1997
Karma: 0
Senior Lid
23
JULIE

1853 - Andries Pretorius naby Pretoria oorlede. Die Boere Kmdt. was
betrokke
by die geveg van Boomplaas , word vo"elvry verklaar in 1848 , was
betrokke by die Sandrivier-konvensie (1852) , neem deel aan die
slag
van Bloedrivier , om maar net 'n paar te noem. Hy is op die dag
na 'n
swaar lyding aan die borswater oolede. In 1891 is sy stoflike
oorskot in
die Ou Kerkhof in Pretoria herbegrawe.
1885 - Volkskrywer J.F. van Wyk gebore. Johannes Frederikus van Wyk is op
die plaas Leeuwfontein , in die distrik Wolmaransstad , gebore en
ontvang sy skoolopleiding daar. Op 14-jarige ouderdom lê hy sy
eindeksamen af en in dieselfde jaar (1899) breek die Engelse
Oorlog uit.
As 15-jarige penkop sluit hy by die Boeremagte aan , neem aan
minstens
agt veldslae deel. Hy word 'n maand voor die vredesluiting by
Roodewal
gevang en na Indi"e gestuur , waar hy dan ook sy naskoolse studie
voortsit. Na sy terugkeer in 1903 sit hy sy studies veral in
Engels en
Geskiedenis voort en bekwaam hom as onderwyser. Meer as 15 jaar
gee
hy gratis onderwys en bou hy skole , dikwels in ongunstige en
vernederende omstandighede. Sy herinneringe aan die Engelse
Oorlog is
gepubliseer in *Die Mauser Knal* , waarin hy 'n lewendige
voorstelling
gee van die kommandolewe en krygsgevangeneskap.
Vorige onderwerp: 22 JULIE
Volgende onderwerp: 21 JULIE
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Jun 10 07:28:43 MGT 2024