Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » 24 JULIE
24 JULIE [boodskap #47264] Di, 24 Julie 2001 17:53 na volgende boodskap
Frikkie Potgieter  is tans af-lyn  Frikkie Potgieter
Boodskappe: 383
Geregistreer: Februarie 1997
Karma: 0
Senior Lid
24 JULIE

1866 - Ds. Andrew Murray oorlede. Hy is op 26 Mei 1794 in Clatt ,
Aberdeenshire , Skotland , gebore. Hy bekwaam hom in teologie aan
die Kings College in Aberdeen. Hy het homself beskikbaar gestel toe
daar in Skotland gesoek is na geskikte leraars vir die NG Kerk in die
Kaap. Hy en nog vier leraars en 'n aantal onderwysers maak die eerste
groep Skotte uit wat destyds vir diens aan die Kaap gewerf is. Sy hele
dienstyd in ons land (1822 - 1865) word aan die gemeente Graaff-Reinet
gewy. Van 1847 tot 1848 is hy ook 'n lid van die eerste sinodale
afvaardiging wat die Boere benoorde die Oranje herderlik besoek.

1918 - Dr. G.S.J. Kuschke gebore. Georg Siegfried Johannes Kuschke wat
bestem was om een van Suid-Afrika se voorste nyweraars te word, is in
Johannesburg gebore. Sy studie in geologie het hy aan die Universiteit
van Stellenbosch en Pretoria voltooi. In 1943 word hy by die
Nywerheidsontwikkelingskorporasie van Suid-Afrika aangestel en in 1959
word hy hoofbestuurder , in 1964 besturende direkteur en in 1970
voorsitter van die raad. Hy is op 27 Julie 1971 in Johannesburg oorlede.
Re: 24 JULIE [boodskap #47266 is 'n antwoord op boodskap #47264] Di, 24 Julie 2001 18:36 Na vorige boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Frikkie Potgieter wrote:

> 24 JULIE
>
> 1866 - Ds. Andrew Murray oorlede. Hy is op 26 Mei 1794 in Clatt ,
> Aberdeenshire , Skotland , gebore. Hy bekwaam hom in teologie
> aan
> die Kings College in Aberdeen. Hy het homself beskikbaar gestel
> toe
> daar in Skotland gesoek is na geskikte leraars vir die NG Kerk in
> die
> Kaap. Hy en nog vier leraars en 'n aantal onderwysers maak die
> eerste
> groep Skotte uit wat destyds vir diens aan die Kaap gewerf is.
> Sy hele
> dienstyd in ons land (1822 - 1865) word aan die gemeente
> Graaff-Reinet
> gewy. Van 1847 tot 1848 is hy ook 'n lid van die eerste sinodale
> afvaardiging wat die Boere benoorde die Oranje herderlik besoek.

Andrew Murray was een van die belangrikste persone in die
kulturele ontwikkeling van SA. Nie alleen het hy homself en sy
kerkgenootskap gesien as dienende alle rassegroepe nie, maar
hy was een van die pioniers vir die ontwikkeling van vroue as
professionele mense. Hy is verantwoordelik vir die stigting van
die Vroue-onderwyskollege in Wellington. Hy was in aanraking
met die beroemde inrigting vir onderwys vir vroue in die VSA
by Mount Holyoke, begin deur Mary Lyon, en Amerikaanse
vroue van Mount Holyoke het dan ook aanvanklik klasse kom
gee aan die Onderwyskollege in Wellington.
Die naam Murray, veral as jy kan bewys dat jy uit die familie
van Andrew Murray stam, is vandag nog 'n elite naam onder die
Afrikaners. Murray word beskou as 'n Afrikaner-van.

Gloudina
Vorige onderwerp: 21 JULIE
Volgende onderwerp: 11 MEI
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 29 07:48:30 MGT 2024