Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » 11 MEI
11 MEI [boodskap #47267] Di, 24 Julie 2001 19:18
Frikkie Potgieter  is tans af-lyn  Frikkie Potgieter
Boodskappe: 383
Geregistreer: Februarie 1997
Karma: 0
Senior Lid
11 MEI

1897 - Prof. I.W. van der Merwe (Boerneef) gebore. Izak Wilhelmus
van der Merwe, gebore op Boplaas, Ceres, was bestem om aan die
Afrikaanse taal 'n nuwe dimensie te besorg. Hy het die
klankrykheid
van sy taal ontgin soos geen Afrikaanse skrywer/digter voor hom
nie.
Boerneef was hartstogtelik verknog aan sy kontrei: Die Kro,
die
Kamdebo, Koorsteenberg en Katbakkies, Sikketaarskloof,
Soebatsfontein, Speserykoof. En oor hierdie wêreld en sy
mense
skryf hy in die taal van die Koue Bokkeveld en die Kamdebo.
1909 - SA-Wet onderteken. Die konsep-Suid-Afrika-Wet is op hierdie
datum deur die onderskeie afgevaardigdes geteken, maar die
debat oor
die inhoud van die wet het voor en na hierdie dag ernstige
afmetings
aangeneem. Die Transvaalse en die Vrystaatse parlement het dit
onderskeidelik eenparig bekragtig. In Kaapland is dit met twee
teenstemme goedgekeur. Natal het eers 'n referendum daaroor
gehou.
1973 - Teater-, Rolprent- en Uitsaaikunstekomitee van die FAK
gestig. Die Hoofbestuur van die FAK het op hierdie dag, na
aanbevelings van 'n ondersoekkomitee, besluit * dat 'n
onderkomitee
van die Hoofbestuur vir Teater-, Televisie- en Rolprent-sake
ingestel
word, en dat die komitee uit vyf benoemde lede bestaan.*
Vorige onderwerp: 24 JULIE
Volgende onderwerp: 12 MEI
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Jun 10 00:26:48 MGT 2024