Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Vandag se boodskappe (Af)  | Onbeantwoorde boodskappe (Aan)

Forum: Prosa & poësie
 Onderwerp: "Die Teken" deur WEG Louw
"Die Teken" deur WEG Louw [boodskap #152877] Sa., 12 September 2026 20:16
Jan die Man  is tans af-lyn  Jan die Man
Boodskappe: 555
Geregistreer: Mei 2018
Karma: 22
Senior Lid
Die Teken - W.E.G. Louw

Langs die stofpad in die witte somerson
het ek 'n vreemdeling gekry;
sy gang was van die wye westewind,
sy bruine oë blink en bly.

In puin van angs en twyfel aan myself,
soos een van god en mens verlaat,
en willoos, deur die oue, bitter drang gedryf,
het ek hom in my hart gehaat.

Droewig was sy verre oë soos die dou
toe hy sy hand verhef in sterk
en vrome stil gebaar, dat ek kon sien
die rooi vlam van die spykermerk.
 Onderwerp: "Ek sal opstaan en na my Vader gaan" deur WEG Louw
"Ek sal opstaan en na my Vader gaan" deur WEG Louw [boodskap #152865] Vr., 11 September 2026 18:12
Jan die Man  is tans af-lyn  Jan die Man
Boodskappe: 555
Geregistreer: Mei 2018
Karma: 22
Senior Lid
Ek sal opstaan - W.E.G. Louw

Ek sal opstaan en na my vader gaan;
opstaan uit my vodde en my vuil;
opstaan en onder die volle maan
wat geel streep oor die vleiland, gaan en huil
aan sy breë skouer, en hóm saggies vra
om alles te vergeet, en te vergewe
die jongkrag van my hoon wat hy moes dra;
dat ek weer soos 'n kindjie klein die lewe
vol sonskyn voel, die vreugde van my werk
in die wingerd waar pers die swaar korrels hang;
dat ek weer voel my hand jonk en sterk,
die voorjaarskoelte saggies teen my wang -
Voorwaar onmiddellik na my vader sal
en moet ek gaan, en aan sy voete val.



Tyd nou: Ma. Sep. 14 11:34:18 UTC 2026