Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Vandag se boodskappe (Aan)  | Onbeantwoorde boodskappe (Aan)

Forum: Woordeboek
 Onderwerp: bedwing
bedwing [boodskap #153279] Sa., 17 Oktober 2026 09:58
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 26862
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
Senior Lid
bedwing
Afbreking: be•dwing
Samestelling: be- + dwing

Werkwoord: bedwing
Verlede tyd: het bedwing
Verlede deelwoord: bedwonge

Betekenis:
• Om 'n gevoel, drang of reaksie onder beheer te hou.

Gebruik:
• Sy kon nie haar laglus bedwing nie.
• Hy het sy woede bedwing en kalm gebly.

Sinoniem:
• baasraak
• beheer
• beteuel
• demp
• inhou
• onderdruk
• onderwerp
• opkrop

Afgelei:
• bedwinging
• bedwingbaar

Vertaling:
Engels: to restrain, control, suppress
Nederlands: bedwingen, beheersen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: laglus
laglus [boodskap #153278] Sa., 17 Oktober 2026 09:51
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 26862
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
Senior Lid
laglus
Afbreking: lag•lus
Samestelling: lag + lus

Selfstandige naamwoord: laglus
Meervoud: lagluste

Betekenis:
• Die begeerte of neiging om te wil lag.

Gebruik:
• Die grappies sal jou laglus prikkel.
• Sy kon nie haar laglus bedwing nie en het hardop in die kerk gelag.

Afgelei:
• laglustig

Vertaling:
Engels: laughfulness, risibility, hilarity
Nederlands: lachlust

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: verkiesingsdag
verkiesingsdag [boodskap #153277] Sa., 17 Oktober 2026 09:23
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 26862
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
Senior Lid
verkiesingsdag
Afbreking: ver•kie•sings•dag
Samestelling: verkiesing + -s- + dag

Selfstandige naamwoord: verkiesingsdag
Meervoud: verkiesingsdae

Betekenis:
• Die dag waarop 'n verkiesing plaasvind en kiesers hulle stemme uitbring.

Gebruik:
• Die stemlokale sal vroeg op verkiesingsdag oopmaak.

Sinoniem:
• stemdag

Vertaling:
Engels: election day
Nederlands: verkiezingsdag

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: stempunt
stempunt [boodskap #153276] Sa., 17 Oktober 2026 09:19
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 26862
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
Senior Lid
stempunt
Afbreking: stem•punt
Samestelling: stem + punt

Selfstandige naamwoord: stempunt
Meervoud: stempunte

Betekenis:
• 'n Aangewese plek waar kiesers hul stem tydens 'n verkiesing kan uitbring.

Gebruik:
• Kiesers moet op verkiesingsdag by hulle aangewese stempunt aanmeld.

Sinoniem:
• stemburo
• stemlokaal
• stemplek

Vertaling:
Engels: polling station, voting place
Nederlands: stembureau, stemlokaal

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.

[Bygewerk op: Sa., 17 Oktober 2026 09:20]

Rapporteer boodskap aan 'n moderator

 Onderwerp: kieserslys
kieserslys [boodskap #153275] Sa., 17 Oktober 2026 09:16
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 26862
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
Senior Lid
kieserslys
Afbreking: kie•sers•lys
Samestelling: kieser + lys

Selfstandige naamwoord: kieserslys
Meervoud: kieserslyste

Betekenis:
• 'n Amptelike lys van persone wat geregistreer is en stemgeregtig is om aan 'n verkiesing deel te neem.

Gebruik:
• Kiesers moet seker maak dat hul name op die kieserslys verskyn.

Sinoniem:
• kiesersregister

Vertaling:
Engels: voters' roll, electoral roll
Nederlands: kiezerslijst

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: tabakproduk
tabakproduk [boodskap #153274] Sa., 17 Oktober 2026 09:13
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 26862
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
Senior Lid
tabakproduk
Afbreking: ta•bak•pro•duk
Samestelling: tabak + produk

Selfstandige naamwoord: tabakproduk
Meervoud: tabakprodukte

Betekenis:
• 'n Produk wat geheel of gedeeltelik uit tabak bestaan of tabak bevat.

Gebruik:
• Die gebruik van enige tabakproduk kan tot nikotienverslawing lei.
• Sigarette, sigare en pyptabak is voorbeelde van tabakprodukte.

Sinoniem:
• tabakartikel

Vertaling:
Engels: tobacco product
Nederlands: tabaksproduct

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: yking
yking [boodskap #153273] Sa., 17 Oktober 2026 09:01
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 26862
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
Senior Lid
yking
Afbreking: y•king
Samestelling: yk + -ing

Selfstandige naamwoord: yking
Meervoud: ykinge, ykings

Betekenis:
• Die toetsing van 'n instrument aan 'n standaard of vasgestelde vereistes om die akkuraatheid daarvan te verseker.

Gebruik:
• Die toetsing en yking van numeriese modelle is noodsaaklik om betroubare uitsette te verseker.

Sinoniem:
• instemming
• kalibrasie
• kalibrering
• toetsing

Vertaling:
Engels: assizement, gauging, calibration
Nederlands: ijking

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: kalibrasie
kalibrasie [boodskap #153272] Sa., 17 Oktober 2026 08:33
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 26862
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
Senior Lid
kalibrasie
Afbreking: ka•li•bra•sie
Samestelling: kalibreer + -asie

Selfstandige naamwoord: kalibrasie
Meervoud: kalibrasies

Betekenis:
• Die proses waardeur 'n meetinstrument fyn volgens 'n standaard ingestel word om afwykings te voorkom.

Gebruik:
• Gereelde kalibrasie verseker dat die laboratorium se meetinstrumente betroubare resultate lewer.

Sinoniem:
• instemming
• kalibrasie
• yking

Vertaling:
Engels: calibration
Nederlands: kalibratie

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.

[Bygewerk op: Sa., 17 Oktober 2026 08:34]

Rapporteer boodskap aan 'n moderator

 Onderwerp: kalibrering
kalibrering [boodskap #153271] Sa., 17 Oktober 2026 08:26
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 26862
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
Senior Lid
kalibrering
Afbreking: ka•li•bre•ring
Samestelling: kalibreer + -ing

Selfstandige naamwoord: kalibrering
Meervoud: kalibreringe, kalibrerings

Betekenis:
• Die proses waardeur 'n meetinstrument fyn volgens 'n standaard ingestel word om afwykings te voorkom.

Gebruik:
• Gereelde kalibrering is nodig om die akkuraatheid en betroubaarheid van die laboratorium meetinstrumente te verseker.

Sinoniem:
• instemming
• kalibrasie
• yking

Vertaling:
Engels: calibration
Nederlands: kalibratie

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.

[Bygewerk op: Sa., 17 Oktober 2026 08:34]

Rapporteer boodskap aan 'n moderator

 Onderwerp: metrologie
metrologie [boodskap #153270] Sa., 17 Oktober 2026 08:20
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 26862
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
Senior Lid
metrologie
Afbreking: me•tro•lo•gie
Samestelling: metro- + -logie

Selfstandige naamwoord: metrologie
Meervoud: –

Betekenis:
• Die wetenskap van meting, met inbegrip van meeteenhede, meetmetodes en die akkuraatheid en betroubaarheid van metings.

Gebruik:
• Metrologie speel 'n belangrike rol in die kalibrering van meetinstrumente.

Sinoniem:
• meetkunde

Afgelei:
• metrologies
• metroloog

Vertaling:
Engels: metrology
Nederlands: metrologie

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: ondubbelsinnig
ondubbelsinnig [boodskap #153269] Sa., 17 Oktober 2026 08:10
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 26862
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
Senior Lid
ondubbelsinnig
Afbreking: on•dub•bel•sin•nig
Samestelling: on- + dubbelsinnig

Byvoeglike naamwoord: ondubbelsinnig
Attributief: ondubbelsinnige
Partitief: ondubbelsinnigs

Betekenis:
• Wat net een uitleg toelaat; duidelik en nie vatbaar vir misverstand nie.

Gebruik:
• Die kontrak bepaal ondubbelsinnig dat betaling binne dertig dae moet plaasvind.
• 'n Ondubbelsinnige antwoord kan help om misverstande en geskille te voorkom.

Sinoniem:
• eenduidig
• duidelik
• nadruklik
• onmiskenbaar
• onomwonde

Antoniem:
• dubbelsinnig
• meerduidig

Afgelei:
• ondubbelsinnigheid

Vertaling:
Engels: unequivocal, unambiguous
Nederlands: ondubbelzinnig

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.

[Bygewerk op: Sa., 17 Oktober 2026 08:10]

Rapporteer boodskap aan 'n moderator

 Onderwerp: woordeboekdefinisie
woordeboekdefinisie [boodskap #153268] Sa., 17 Oktober 2026 08:02
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 26862
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
Senior Lid
woordeboekdefinisie
Afbreking: woor•de•boek•de•fi•ni•sie
Samestelling: woordeboek + definisie

Selfstandige naamwoord: woordeboekdefinisie
Meervoud: woordeboekdefinisies

Betekenis:
• 'n Verklaring van die betekenis van 'n woord of uitdrukking in 'n woordeboek.

Gebruik:
• Woordeboekdefinisies behoort die kernbetekenis van 'n lemma akkuraat en ondubbelsinnig weer te gee.

Vertaling:
Engels: dictionary definition
Nederlands: woordenboekdefinitie

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.

Tyd nou: Sa. Okt. 17 14:42:23 UTC 2026