Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Vandag se boodskappe (Aan)  | Onbeantwoorde boodskappe (Af)

Forum: Woordeboek
 Onderwerp: bonsend
bonsend [boodskap #153429] Ma., 02 November 2026 07:14
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 27011
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
Senior Lid
bonsend
Afbreking: bon•send
Samestelling: bons + -end


Byvoeglike naamwoord: bonsend
Attributief: bonsende

Betekenis:
• Wat bons; na 'n vorige posisie wip, of herhaaldelik op en af beweeg.

Gebruik:
• Die motor ry bonsend oor die hobbelrige grondpad.
• Sy atleet snel met 'n bonsende hart oor die wenstreep.

Sinoniem:
• kloppend
• polsend
• stampend
• wippend

Vertaling:
Engels: bouncing, pounding, throbbing
Nederlands: bonzend, kloppend, stampend

Nota:
• Onvoltooide deelwoord van die werkwoord bons.

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: chiasties
chiasties [boodskap #153432] Ma., 02 November 2026 14:58
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 27011
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
Senior Lid
chiasties
Afbreking: chi•as•ties
Samestelling: chiasma + -ties


Byvoeglike naamwoord: chiasties
Attributief: chiastiese

Betekenis:
• Wat betrekking het op 'n chiasma of 'n kruisvormige rangskikking.

Gebruik:
• Die sin "'n Mens moet eet om te lewe, nie lewe om te eet nie," gebruik 'n chiastiese sinskonstruksie.

Wisselvorm:
• chiasmies (ongewoon)

Sinoniem:
• kruisgewys
• kruisvormig
• oorkruis

Vertaling:
Engels: chiastic, chiasmic
Nederlands: chiastisch

Nota:
• Van die Griekse letter chi (Χ, χ), wat 'n oorkruisende rangskikking voorstel.

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.

[Bygewerk op: Ma., 02 November 2026 15:03]

Rapporteer boodskap aan 'n moderator

 Onderwerp: chi
chi [boodskap #153433] Ma., 02 November 2026 15:35
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 27011
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
Senior Lid
chi
Afbreking: chi


Selfstandige naamwoord: chi
Meervoud: chi's

Betekenis:
• Die 22ste letter van die Griekse alfabet.
• (filosofie) Die lewenskrag of lewensenergie wat deur 'n mens vloei.

Gebruik:
• Die Griekse letter chi word met die simbool Χ of χ voorgestel.
• Volgens tradisionele Chinese geneeskunde is 'n mens gesond as die liggaam se chi in ewewig is.

Afgelei:
• chiasme
• chi-verdeling
• chi-kwadraatverdeling
• chi-kwadraattoets

Vertaling:
Engels: chi
Nederlands: chi

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.

[Bygewerk op: Di., 03 November 2026 05:56]

Rapporteer boodskap aan 'n moderator

 Onderwerp: chiasma
chiasma [boodskap #153434] Ma., 02 November 2026 17:21
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 27011
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
Senior Lid
chiasma
Afbreking: chi•as•ma
Samestelling: chi + -asma


Selfstandige naamwoord: chiasma
Meervoud: chiasmas, chiasmata

Betekenis:
• 'n Kruising of kruispunt.
• (letterkunde) 'n Stylfiguur wat bestaan uit 'n herhaling met 'n omkering.
• (anatomie) Die kruising van senuwees, veral die chiasma opticum.
• (biologie) Die kruising van chromosome waar genetiese materiaal uitgeruil word.

Gebruik:
• Die gebied van die oorkruising lyk soos 'n X-vormige struktuur en word 'n chiasma genoem.
• Matteus 20:16 bevat 'n voorbeeld van 'n chiasma: "So sal die laastes eerste wees, en die eerstes laaste."
• Die optiese chiasma is die plek waar senuweevesels van die twee optiese senuwees gedeeltelik kruis.
• Die genetiese materiaal word by die chiasma tussen die chromatiede uitgeruil.

Wisselvorm:
• chiasme
• chiasmus

Sinoniem:
• kruising
• kruisverbinding
• oorkruising

Afgelei:
• chiasties

Vertaling:
Engels: chiasm, chiasma, chiasmata
Nederlands: chiasma, chiasme

Nota:
• Afgelei van die Griekse letter chi (Χ, χ), wat 'n kruisvormige struktuur voorstel.

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.

[Bygewerk op: Di., 03 November 2026 05:59]

Rapporteer boodskap aan 'n moderator

 Onderwerp: kruisvormig
kruisvormig [boodskap #153435] Ma., 02 November 2026 17:52
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 27011
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
Senior Lid
kruisvormig
Afbreking: kruis•vor•mig
Samestelling: kruis + -vormig


Byvoeglike naamwoord: kruisvormig
Attributief: kruisvormige

Betekenis:
• Wat die vorm of voorkoms van 'n kruis het.

Gebruik:
• Die plant se blommetjies is kruisvormig.
• Die kerk het 'n kruisvormige struktuur.

Vertaling:
Engels: cross-shaped, cruciform
Nederlands: kruisvormig

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: ongekwes
ongekwes [boodskap #153436] Ma., 02 November 2026 18:48
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 27011
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
Senior Lid
ongekwes
Afbreking: on•ge•kwes
Samestelling: on- + gekwes


Byvoeglike naamwoord: ongekwes
Attributief: ongekweste

Betekenis:
• Wat nie fisies gewond of emosioneel beskadig is nie.

Gebruik:
• Die passasiers het ongekwes uit die verongelukte motor geklim.
•  'n Gekweste dier is gevaarliker en meer onvoorspelbaar as 'n ongekweste dier.

Spreekwoord:
• Bly in jou nes, dan bly jy ongekwes. [Bly tuis, of bemoei jou met jou eie sake.]

Sinoniem:
• heelhuids
• onbeseer
• onbeskadig
• ongedeerd
• ongeskonde

Antoniem:
• gekwes

Vertaling:
Engels: uninjured, unharmed, unwounded, unhurt
Nederlands: ongekwetst

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: onbeseer
onbeseer [boodskap #153437] Ma., 02 November 2026 18:56
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 27011
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
Senior Lid
onbeseer
Afbreking: on•be•seer
Samestelling: on- + beseer


Byvoeglike naamwoord: onbeseer, onbeseerd
Attributief: onbeseerde

Betekenis:
• Wat nie beseer of liggaamlik beskadig is nie.

Gebruik:
• Die bestuurder het onbeseerd uit die wrak geklim.
• Die dokter vergelyk die x-straal van die beseerde en onbeseerde duim.

Sinoniem:
• onbeskadig
• ongedeerd
• ongekwes
• ongeskonde

Antoniem:
• beseer

Afgelei:
• onbeseerdes (s.nw.)

Vertaling:
Engels: uninjured, unharmed, unhurt
Nederlands: ongedeerd, ongewond

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.



Tyd nou: Di. Nov. 03 07:05:43 UTC 2026