| |
3830 resultate gevind |
| 1 |
Forum: Ensiklopedie «»
Gepos op: Di., 26 Maart 2019 11:16 «»
deur: Inligting
Anouilh, Jean
… dramaturg met ’n groot vakkennis. Sy hooftemas is die soek na eenvoudige geluk en die onafwendbaarheid van die noodlot in ’n taak wat jy eenmaal op jou geneem het. Hy het veel bygedra tot die bloei van die Franse toneel na die Wêreldoorlog II. Sy werke sluit in: Le Voyageur sans Bagages (Die reisiger sonder bagasie, 1936); Colombe (1951); L'Alouette (1953).
Bron: Die Afrikaanse Kernensiklopedie, J.P. Scannell (red.), 1965
Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk…
|
| 2 |
Forum: Woordeboek «»
Gepos op: Vr., 15 Maart 2019 17:47 «»
deur: Inligting
Re: Afrikaanse Woorde: S
…
soefiete
soefisme
soefities
soefitiese
soek
soeke
soekelement
soekend
soekende
soekenjin
soekenjins
soeker
soekers
soekertjie
soekertjies
soekery
soekfrase
soekfrases
soekgeselskap
soekgeselskappe
soekgids
soekgidse
soeklamp
soeklampe
soeklampie
soeklig
soekligte
soeklys
soekroetine
soeks
soekterm
soekterme
soektog
soektogkriteria
soektogte
soel
soelaas
soele
soeler
soelheid
soelste
soelte
soen
soenaltaar
soenaltare
soenbaarheid
soenbloed
Soendaas
…
|
| 3 |
Forum: Ensiklopedie «»
Gepos op: Ma., 18 Februarie 2019 19:55 «»
deur: Inligting
Aartappel-drukwerk
…doek of papier met ’n patroon te bedruk. Soek ’n middelslag, rou aartappel en sny dit middeldeur; sny dit nou só dat ’n kubus eenkant uitstaan met sy vooraansig 1 tot 2½ cm vierkant. Sny nou met ’n skerp messie ’n patroon daarop uit (begin maar liewer met 'n eenvoudige patroon soos ’n kruis of reghoek). Die uitstaande patroon sal op die papier wys.
Vir afdruk op papier moet die papier se oppervlakte nie te blink wees nie. Verf die aartappelpatroon met dikkerige verf en druk dit op die papier. Dit gee …
|
| 4 |
Forum: Humor & grappe «»
Gepos op: Do., 31 Januarie 2019 18:28 «»
deur: Jan die Man
Re: Gertruida se gehoorstuk is soek
Drie ou omies sien mekaar na baie jare weer.
Hulle begin gesels oor wat hulle nou doen vandat hulle met pensioen is.
Die eerste oom sê: "Ek neem foto's."
Die tweede oom sê: "Ek werk in die tuin."
Die derde oom sê: "Ek doen opsporingswerk..."
"En waarin nogal?" wil die ander twee ooms weet.
"Nee", sê die oubaas: "Elke dag soek ek my bril, my kierie, my valstande, my sleutels..."
|
| 5 |
Forum: Rekenaars & selfone «»
Gepos op: Wo., 23 Januarie 2019 20:37 «»
deur: Inligting
Rekenaarterme
…
request for comment — kommentaarversoek
reset — herstel
resize — verander van grootte
resolution — resolusie
restart (computer) — herlaai
retrieve — aflaai (=download)
return screen [s.nw.] — terugkomskerm
revision — hersiening
RFC (request for comment) — KV (kommentaarversoek)
ROM (read-only memory) — ROM (leesalleengeheue)
router — roeteerder
RTFM (read the fine manual) — RTFM (lees jou verdomde handleiding)
S
save — stoor
scan — skandeer, (-ner) skandeerder, (-ning) skandeer tans […
|
| 6 |
Forum: Ensiklopedie «»
Gepos op: Ma., 14 Januarie 2019 19:33 «»
deur: Inligting
Tierboskat
…(Felis serva) word dwarsdeur Afrika aangetref, maar veral in die suide, waar hy graag in bosagtige dele naby water bly. Die kat soek sy prooi in die nag en is skugter bedags. Dit jag kleinwild, knaagdiere en groter voëls asook huisdiere. Is rooigeel, oortrek met swart kolle. Hy is 60 cm (2 voet) hoog en, gemeet van neus tot stert, omtrent 90 cm (3 voet) lank.
Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967
Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk…
|
| 7 |
Forum: Ensiklopedie «»
Gepos op: Sa., 12 Januarie 2019 20:02 «»
deur: Inligting
Stompstertjie
Stompstertjie is 'n alternatiewe naam vir krombek (Sylvietta rufescens), 'n klein sangvoël wat algemeen aangetref word in die meeste dele van die land maar volop in die Krugerwildtuin is. Het 'n baie kort stert, fladder 'n tree of twee en spring van tak tot tak op soek na insekte. Sien Voëls.
Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967
Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
|
| 8 |
Forum: Ensiklopedie «»
Gepos op: Sa., 12 Januarie 2019 11:10 «»
deur: Inligting
Spitsmuis
Die Spitsmuis (Saticidae) is klein insekte-vretende soogdiertjies met plat ore, klein ogies en ’n besonder goeie reuksin. Hulle is skugter en skadeloos en hulle enigste verdediging is die afskeiding van ’n muskusgeur. Word soms in tuine aangetref op soek na kakkerlakke, torre en slakke.
Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967
Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
|
| 9 |
Forum: Ensiklopedie «»
Gepos op: Sa., 12 Januarie 2019 10:46 «»
deur: Inligting
Spinnekop
… stekels wat knypers vorm waarmee hulle ’n besoekende by of vlieg in ’n oogwenk vasgryp; hulle is stadig en lomp en beweeg sywaarts; hulle enigste beskerming is onbeweeglikheid of die kleur van die plant wat hulle onopsigtelik maak. Hulle gee voorkeur aan wit, pienk, geel, groen of ’n dekoratiewe patroon van ryk sjokoladebruin. Die algemeenste krapspinnekop, Thomisus, is gewoonlik heeltemal wit of geel om te pas by die Kaapse tjienkerientjee. Nog ’n blomspinnekop, die Synaema, is heldergroen met ’n groot …
|
| 10 |
Forum: Ensiklopedie «»
Gepos op: Sa., 12 Januarie 2019 07:11 «»
deur: Inligting
Soekmekaar
Soekmekaar is 'n dorpie in Noord-Transvaal, gestig in 1916. Volgens tradisie is die naam afgelei van die insident toe die landmeters van mekaar afgedwaal het gedurende mistige weer en toe na mekaar moes soek. Bees- en algemene boerdery word in die omgewing beoefen. Bevolking teen die middel van die 20ste eeu: 2,000 (400 Blankes).
Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967
Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
|
| 11 |
Forum: Ensiklopedie «»
Gepos op: So., 23 Desember 2018 10:31 «»
deur: Inligting
Krombek
Die Krombek (ook Stompstertjie; Sylvietta rufescens) is 'n klein sangvoël wat algemeen aangetref word in die meeste dele van die land maar volop in die Krugerwildtuin is. Het 'n baie kort stert, fladder 'n tree of twee en spring van tak tot tak op soek na insekte. Sien Voëls.
Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967
Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
|
| 12 |
Forum: Ensiklopedie «»
Gepos op: So., 23 Desember 2018 06:48 «»
deur: Inligting
Koekoek
…ak, soos Europese koekoekvoëls. Die ander jong voëltjies word uitgewerp. Insekte-eters, veral lief vir harige ruspes. Die piet-my-vrou is een van die algemeenste in die bosryke dele van Suid-Afrika, van Kaapstad tot Natal. Bereik Kaapstad in Oktober, maar bly selde vir die winter. Word soms in tuine gesien op soek na neste van rooiborsies. Sien Mietjie en Voëls.
Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967
Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk…
|
| 13 |
Forum: Ensiklopedie «»
Gepos op: So., 23 Desember 2018 06:30 «»
deur: Inligting
Kobra
…die rinkhals-kobra. Verreweg die algemeenste is die 5-voet lange geelslang (N. flava) wat reg is om enige aanvallers aan te val en is maklik herkenbaar aan die verhewe kappie (gevorm oor die boonste ribbes). Dit besoek dikwels plaashuise op soek na rotte, en klim goed boom. Eiers word in gate, mishope, grasdakke ens. gelê om in die warmte uit te broei. Sien Slange.
Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967
Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk…
|
| 14 |
Forum: Ensiklopedie «»
Gepos op: Vr., 21 Desember 2018 14:17 «»
deur: Inligting
Kat, Wilde
…Suid-Afrika aangetref waar prooi volop is. Soek sy prooi in die nag en leef van knaagdiere en voëls. Aangesien hy besonder sterk en soepel is, val hy selfs klein bokkies aan. In bewoonde gebiede is hy 'n pes waar hy pluimvee en jong diere aanval en word voor die voet doodgemaak. Is omtrent so groot soos die huiskat, is grysbruin-gespikkeld en ligter na die buik. Die bo-bene is swart en die stert het swart kringe.
Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967
Laat weet as u oor …
|
| 15 |
Forum: Ensiklopedie «»
Gepos op: So., 16 Desember 2018 19:43 «»
deur: Inligting
Horingbekvoël
…die bosse te voorskyn om kos in tuine te soek. Die bromvoël leef net soos die sekretarisvoël van muise en slange en kan makgemaak word. Hulle is sosiale voëls, die wyfies lê in 'n gemeenskaplike nes waar die eiers deur een mannetjie uitgebroei word. Die eienaardige gewoonte om die wyfie toe te messel onderwyl sy broei, is redelik algemeen onder al die ander soorte. Sien Voëls.
Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967
Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier …
|
| 16 |
Forum: Ensiklopedie «»
Gepos op: So., 16 Desember 2018 17:37 «»
deur: Inligting
Hop, Hendrik
…Burgermilisie. In 1761 gaan hy as leier van 'n groep van 61 jagters op die spoor van Jacobus Coetzee op soek na die Oranjerivier waaroor laasgenoemde die eerste betroubare nuus gebring het. Hop slaag in sy doel en gaan die gebied binne wat nou bekend is as Namibië (Suidwes-Afrika) waarvandaan hy in April 1762 terugkeer met bruikbare inligting oor handelsmoontlikhede.
Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967
Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk…
|
| 17 |
Forum: Ensiklopedie «»
Gepos op: Sa., 15 Desember 2018 19:18 «»
deur: Inligting
Heerenlogement
…gekry omdat dit byna 300 jaar lank gebruik is as 'n skuiling vir reisigers. Dit is die eerste keer in 1661 aangeteken deur Pieter van Meerhoff, die ontdekkingsreisiger wat daar gebly het. Simon van der Stel het daar vertoef toe hy koper in Namakwaland gaan soek het. Inskripsies deur besoekers dateer van 1712 af. Die grot is in 1939 tot 'n nasionale monument verklaar.
Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967
Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk…
|
| 18 |
Forum: Ensiklopedie «»
Gepos op: Sa., 15 Desember 2018 12:15 «»
deur: Inligting
Hamerkop (Scopus umbretta)
Die hamerkop (Scopus umbretta) is 'n voël verwant aan die reier, maar verskil in voorkoms. Bruin van kleur, lang geplatte bek gekrom aan die punt. Het sy naam gekry vanweë die gepunte agterkop. Kom algemeen voor by poele en plasse op soek na Paddas. Sy reusagtige nes word van tak en gras gemaak. Die mure word met modder uitgevoer en het 'n sy-ingan. Sien Voëls.
Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967
Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
|
| 19 |
Forum: Ensiklopedie «»
Gepos op: Do., 13 Desember 2018 18:17 «»
deur: Inligting
Goske, Isbrand
…Kommissaris met die opdrag om 'n terrein vir die Kasteel uit te soek. In 1671 keer hy terug, weer as Kommissaris, maar word in 1672 aangestel as Goewerneur. Hy bly vier jaar aan die Kaap en begin met maatskaplike wetgewing deur die stigting van die Weeskamer, ens. Die Kasteel is voltooi en die distrik Hottentots-Holland is geopen. Hy keer in 1676 na Nederland terug.
Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967
Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk…
|
| 20 |
Forum: Ensiklopedie «»
Gepos op: So., 09 Desember 2018 09:30 «»
deur: Inligting
Farini, Guillarmo Antonio
…skrywer, kunstenaar en naturalis. Besoek Suid-Afrika in 1885 en onderneem 'n reis na die Kalahari op soek na diamante en om die moontlikheid van 'n beesboerdery te ondersoek. Hy was vergesel van sy aangenome seun, El Nino Farini (Lulu), wat vroueklere gedra het. Farini se bewering dat hy die ruïnes van die 'Verlore Stad' van die Kalahari gevind het, het groot polemiek uitgelok en ook baie soektogte na die stad tot gevolg gehad. Hy skryf 'n boek Through the Kalahari, en vertoon sy fotos in Londen en Berlyn…
|
| 21 |
Forum: Ensiklopedie «»
Gepos op: So., 09 Desember 2018 09:25 «»
deur: Inligting
Faku
…an, maar kon nie daarin slaag om sy land in te neem nie. Later soek Faku Britse beskerming en in 1842 stem hy in om 'n gedeelte van die huidige Griekwaland-Oos aan die Koloniale gesag te oorhandig. Sy toestemming aan die eerste sendelinge om sy land in 1829 binne te gaan, het die weg gebaan vir die stigting van 'n blanke nedersetting op Port St. Johns. Oorlede in 1867.
Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967
Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk…
|
| 22 |
Forum: Ensiklopedie «»
Gepos op: Sa., 08 Desember 2018 18:05 «»
deur: Inligting
Elton, Kaptein James Frederic
…goud- en diamantvoorkoms. Hy vestig hom in Natal en was lid van die Wetgewende en Uitvoerende Raad. Hy ondersoek die loop van die Limpoporivier in Transvaal in omstreeks 1875, word Britse konsul in Mosambiek en help om die slawehandel te onderdruk. Voor sy dood aan koors in 1877 het hy nog verskeie ekspedisies onderneem op soek na 'n handelsroete na die Njassameer.
Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967
Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk…
|
| 23 |
Forum: Ensiklopedie «»
Gepos op: Sa., 01 Desember 2018 11:04 «»
deur: Inligting
Coetsee, Jacobus
…tdekkingsreisiger. In 1760 is daar die eerste keer van hom gehoor toe hy in Piketberg in Wes-Kaapland gewoon en 'n reis op soek na olifante na die noorde onderneem het. Coetsee het die Oranjerivier ontdek in 1762, 17 jaar voor sy amptelike benaming deur kolonel Jacob Gordon. Hy het die loop 50 myl ver gevolg en was die eerste wat betroubare inligting teruggebring het.
Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967
Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk…
|
| 24 |
Forum: Ensiklopedie «»
Gepos op: Sa., 24 November 2018 08:50 «»
deur: Inligting
Bergkatlagter
…renatus) is 'n Treffende, lewendige voël, wat net in Suidwes-Kaapland (insluitend die Kaapse Skiereiland) voorkom. Sy gewoontes is baie soos dié van 'n lyster, maar hy het 'n deftige swart-en-wit verekleed, met 'n diepkastaiing romp. Hy het kort vlerke en spring van rots na rots op sy sterk bene op soek na insekte tussen die blare. Hy bou sy nes in 'n gat in 'n rots.
Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967
Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk…
|
| 25 |
Forum: Ensiklopedie «»
Gepos op: Do., 22 November 2018 05:55 «»
deur: Inligting
Barnato, Barnett (Barney) Isaacs
…’n sirkus en deur gruishope oor te sif op soek na diamante. Vas oortuig dat die rykste vondste dieper onder die aarde lê, koop hy 4 persele in 1876 in die sentrale Kimberley-gebied vir £3000. Barney het reg geoordeel. Deur skagte dieper te grawe, is ontsaglike rykdomme blootgelê. Hy word skatryk en al sy belange is daarna in die Barnato Diamond Mining Company saamgevat.
Deurdat hulle in beheer was van verskeie belangrike myne, kom hulle in aanraking met Cecil Rhodes (voorsitter van die De Beer’s Mining …
|
| 26 |
Forum: Ensiklopedie «»
Gepos op: Wo., 21 November 2018 07:04 «»
deur: Inligting
Bantoe
…stamme wat dan elders 'n woongebied moes soek; (2) ekonomiese redes: hulle was veeherders en landbouers en hulle het gedurig agter nuwe weivelde aangetrek en gedurig verskuif na nuwe landerye wanneer die oues uitgeput was. Afrika se vlaktes het oopgelê; dit was net die Boesmans en die Hottentotte wat verplaas moes word. Toe die Blankes aan die suidpunt van Afrika geland het, het die voorpunt van die Bantoe langs die Ooskus afgesak, waarskynlik reeds in Natal. In die binnelande was hulle waarskynlik op die …
|
| 27 |
Forum: Humor & grappe «»
Gepos op: Ma., 12 November 2018 07:20 «»
deur: Jan die Man
Tinkie se "Big Time"
…daar in die deurkosyn."
"Wat soek julle by my verloofde?" Ou Hennie het nog nadergestaan deur toe, om te verduidelik, maar met een tree was die man by hom en slaan vir ou Hennie dat hy die lengte van die vertrek handeviervoet deurhardloop. Toe hy so by my verbykom het ek geweet dat die einde naby was. Maar nood leer mos bid, sê hulle. En ek kan vandag, soos ek hier staan, getuig van die waarheid daarvan. Ou Hennie het nog nie eers teen die ander muur neergeslaan nie, toe ek daardie wit …
|
| 28 |
Forum: Ensiklopedie «»
Gepos op: Sa., 10 November 2018 13:52 «»
deur: Inligting
Adders
… so dodelik as die pofadder of mamba nie. Hy soek snags kos, (paddas of muise) en is nie aggressief nie tensy daar op hom getrap word. Die wyfie lê 'n aantal eiers en rol haar op om dit uit te broei.
Die horingsman- of horingadder (Bitis cormita) word so genoem vanweë die skubbe bokant sy oë. Word aangetref in die droë, sanderige dele van Kaapland. Sowat 18 duim lank en is vuil rooibruin van kleur met donker merke.
Nog 'n soort is die bergadder (B. atropos) wat ook kort en dik is. Ongeveer 'n voet …
|
| 29 |
Forum: Humor & grappe «»
Gepos op: Di., 09 Oktober 2018 18:54 «»
deur: Jan die Man
Re: Die arme blond darem
Die blondine stap by Fruit&Veg in -
Verkoopsman: "Middag Dame, kan ek help?"
Blondine: "Ja asseblief, ek het 'n braai vanaand en wil 'n ou slaaitjie maak en is op soek na ses prokureurspere."
Verkoopsman: "Wat, Dame, prokureurspere?"
Blondine: "Ja man, daardie groen goed met die groot pit in die middel!"
Verkoopsman: "Ooo, u bedoel avokadopere?"
Blondine: "Ja man, een of ander wetlike pere, gee vir my ses!"
|
| 30 |
Forum: Humor & grappe «»
Gepos op: So., 16 September 2018 17:50 «»
deur: Jan die Man
Jakkepoef en die Valies
… sy kon boekhou van wanneer daar 'n tiende besoek was.
Met Jakkepoef, so tussen die "troon" en "skoonma" wind af, het die vakansie goed verloop. Maar ook net tot daardie een dag toe die kabeljou geloop het. Daai is ook een van die onverklaarbaarhede wat ek nie kan verstaan nie en wat pa in al sy wysheid nog nie kon verduidelik nie. Nie kabeljou wat loop nie, nee, die gebeur darem altyd as die wind vir twee dae noord waai, sê pa. Nee, die feit dat as daai kabeljou begin loop dan is …
|
| 31 |
Forum: Humor & grappe «»
Gepos op: Di., 11 September 2018 18:59 «»
deur: Jan die Man
So 'n bietjie sielkunde...
…huistoe kom nie. So 1 uur die oggend klop hy aan die deur en vra dat sy vrou moet oopmaak, hy wil inkom.
Vrou: "Voertsek tot waar jy vandaan kom en loop vrek daar! Jy sit nie jou pote in hierdie huis nie!"
Man: "Nee my liefie, ek's nie hier om te slaap nie, ek soek net daai R200 in my kas om nog verder te gaan kuier, dis 'n moerse lekker partytjie".
Die vrou maak die deur oop en gryp hom aan sy hemp, "Jou GAT! Jy kom NOU in hierdie huis in en klim in die bed!"…
|
| 32 |
Forum: Nuus «»
Gepos op: Sa., 08 September 2018 08:04 «»
deur: Jan die Man
Onteiening sonder vergoeding: Die NDR het misluk
…bevorder nie. Ek het die toespraak gaan opsoek en dit in Afrikaans vertaal sodat mens dit kan verstaan:
----
Aanbieding aan die Grondwetlike Oorsigkomitee
6 September 2018
Ernst Roets
Vyftien jaar gelede het die Suid-Afrikaanse regering David Rakgase se aanbod aanvaar om die plaas wat hy van hulle huur te koop. Tot hede het die Suid-Afrikaanse regering nie eienaarskap van die grond aan hom oorgedra nie.
Vroeër vanjaar is Akkerland-boerdery met 'n uitsettingsbevel van die Minister van Landelike …
|
| 33 |
Forum: Nuus «»
Gepos op: So., 02 September 2018 20:41 «»
deur: Jan die Man
Mandjies en "monkeys"
…lui: "Ons het ons interne ondersoek afgehandel en bevind dat ons personeel niemand se kant gekies het nie en baie professioneel opgetree het om hierdie moeilike voorval te hanteer".
Dit herinner nogal sterk aan H&M se "coolest little monkey in the jungle"-advertensie wat ook totaal uit verband geruk is. Soos te wagte word dit as 'n rassevoorval bestempel en 'n saak van crimen injuria is blykbaar teen die wit vrou aanhangig gemaak.
Die belangrikste les van die week is dat mens …
|
| 34 |
Forum: Koeitjies & kalfies «»
Gepos op: So., 12 Augustus 2018 09:19 «»
deur: Jan die Man
Re: Ek dink hulle is dood! Almal van hulle.
Dit is ou boodskappe wat van ander forums af ingevoer is!
Die meeste kom van die ou USENET groepe, waarvan die boodskappe in die publieke domein is. Ons soek nog naarstiglik na ou Afrikaanse forums en e-poslyste om by te las, as jy dalk van enige weet.
|
| 35 |
Forum: Afrikaans, ons taal «»
Gepos op: Ma., 25 Junie 2018 05:32 «»
deur: Jan die Man
Die roem van ons werk
… is almal so spekvet dat Oom nie hoef uit te soek nie. Vang voor die voet en ek sal tevrede wees." "Dis nie dit nie, Neef Kerneels. Ek gun jou 'n skaap en ek wil jou 'n goeie laat kry, maar hier is nie een wat ek dit oor my hart kan kry om af te staan nie." Hy was so gesteld op sy vee dat hy hulle te lief had om van die hand te sit. En so sal jy hier en daar 'n timmerman kry wat met liefderyke hand die klerekas, wat jy gekoop het, op jou wa laai, en dit staan en agterna kyk sover as hy die …
|
| 36 |
Forum: Afrikaans, ons taal «»
Gepos op: So., 24 Junie 2018 05:24 «»
deur: Jan die Man
Die betoning van ons eerbied
…kan huur opgee en 'n ander diens gaan soek.
Daar kan tye kom wanneer ons nie elke man in die oë kan kyk nie. Maar dan het ons dit self só bewerk. Die man wat jy jou skuld nie aan betaal het nie; die man wat jy sy reg van onthou het omdat die wet nie volmaak is of die regter alwetend nie; die man wie se karakter jy belaster het uit nydigheid omdat hy beter is as jy; die man wat van jou geheime skande weet en genoeg van 'n fatsoenlike man is om dit vir homself te hou: en meer ander - as daar ander is in …
|
| 37 |
Forum: Afrikaans, ons taal «»
Gepos op: Sa., 23 Junie 2018 06:13 «»
deur: Jan die Man
Die waardering van ons eggenote
…om 'n verskoning te maak, om 'n ekskuus te soek, vir die buurman wat nie van jou hou nie? Ondersoek jy ooit of hy nie taamlik rede het vir sy teesin nie? Probeer nou eenmaal om jouself te sien soos hy jou sien, om in jou eie oë te kyk, om jou te beoordeel asof jy nie jy was nie maar 'n blote voorwerp om sonder persoonlike voorkeur of partydigheid te bestudeer. Plaas jou gees daarbuite op 'n afgesonderde standpunt en bekyk die gebrekkige verskynsel wat nou vir die eerste maal onder jou aandag kom. Jy sien …
|
| 38 |
Forum: Afrikaans, ons taal «»
Gepos op: Wo., 20 Junie 2018 11:36 «»
deur: Jan die Man
Die aanlyn Afrikaanse ensiklopedie
…ui. 'n Mens kan ook Afrikaans naas Engels as soektaal in Google instel, en sodoende resultate vir Afrikaanse soekterme ontvang. Baie van hierdie resultate sal dan ook afkomstig van die Afrikaanse Wikipedia wees.
Daar is dan ook sekere vakgebiede waar 'n Afrikaanse Wikipedia, weens die geografiese gebondenheid daarvan en die vertroudheid daarmee, 'n nis beter sal kan vul as enige ander taalweergawe. Dink maar aan die koddige dog dikwels beskrywende name vir Suider-Afrikaanse plante en diere, die Grootoog…
|
| 39 |
Forum: Afrikaans, ons taal «»
Gepos op: Wo., 20 Junie 2018 08:46 «»
deur: Jan die Man
Die verleiding van ons volkstrou
…moet jou voorbeelde in jou eie omgewing soek, sodat die skrywer mag weet waarvan hy skryf en die leser verstaan wat hy lees. Ons Afrikaners het meer aanleiding om renegate te word as enige andere nasie onder die son. Ons volk woon meeste op die platteland en die ander ras wat tussen ons woon meeste in die dorpe en stede. Wat die inwendige karakter betref, kan jy in vele opsigte aan die platteland die voorkeur gee. Daar is minder roekeloosheid, minder wellus, minder gewinsoekery, minder mode-nastrewery, …
|
| 40 |
Forum: Afrikaans, ons taal «»
Gepos op: Di., 19 Junie 2018 06:58 «»
deur: Jan die Man
Die toets van ons raadsliede
…en ervarenste wetsgeleerde wat jy by raad soek sal sê: "ek is half geneig om te dink dat jy dit kan waag om aan te gaan met die saak." Die onkundige sal sê: "Dons op, jong, jy kan dit nooit in der ewigheid verloor nie."
Dit kos 'n geoefende denker om sy opienie in die balans te hou, en dit nie eenkant of anderkant toe te laat oorhel omdat sy informasie onvolledig is of omdat hy dit nog nie degelik gesif het nie. Die oefening wat hom daartoe bring is sy ondervinding van die baie kere …
|