Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » Kinderrympies  () 1 stem
Kinderrympies [boodskap #38128] Vr, 01 Junie 2018 14:04 na volgende boodskap
Jan die Man  is tans af-lyn  Jan die Man
Boodskappe: 514
Geregistreer: Mei 2018
Karma: 22
Senior Lid
Ken een van julle die gediggie? Weet iemand dalk waar dit vandaan kom?

WAT IS DIE MENS

Wat is die mens?
Net pap en pens
Poef sê die pens
En weg is die mens
Re: Kinderrympies [boodskap #120787 is 'n antwoord op boodskap #38128] Sa, 22 September 2018 08:02 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jan die Man  is tans af-lyn  Jan die Man
Boodskappe: 514
Geregistreer: Mei 2018
Karma: 22
Senior Lid
OOM OLIFANT

Oom Olifant, jou reuse dier
Die mense lag vir hul plesier,
Want waar het jy, al ooit gehoor
Van 'n stertjie van agter en 'n stert van voor?
Re: Kinderrympies [boodskap #120790 is 'n antwoord op boodskap #120787] So, 23 September 2018 08:41 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jan die Man  is tans af-lyn  Jan die Man
Boodskappe: 514
Geregistreer: Mei 2018
Karma: 22
Senior Lid
HOMPIE KEDOMPIE

Hompie Kedompie sit op die wal,
Hompie Kedompie het afgeval,
Die koning se soldate
Probeer al wat hul kan,
Maar Hompie Kedompie bly plat soos 'n pan.
Re: Kinderrympies [boodskap #120794 is 'n antwoord op boodskap #120790] Ma, 24 September 2018 16:22 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jan die Man  is tans af-lyn  Jan die Man
Boodskappe: 514
Geregistreer: Mei 2018
Karma: 22
Senior Lid
SWART SKAAP

Swart skaap, swart skaap,
het jy baie wol?
Ja baas, ja baas,
drie sakke vol.
Een vir die nooi,
en een vir die baas,
en een vir die seuntjie wat so baie kan raas.
Re: Kinderrympies [boodskap #120795 is 'n antwoord op boodskap #120794] Di, 25 September 2018 07:30 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jan die Man  is tans af-lyn  Jan die Man
Boodskappe: 514
Geregistreer: Mei 2018
Karma: 22
Senior Lid
APIE OP 'N STOKKIE

Daar's 'n apie op 'n stokkie
voor my ma se agterdeur.
Daar's 'n gaatjie in sy broekie
en sy stertjie steek daardeur.
Re: Kinderrympies [boodskap #120796 is 'n antwoord op boodskap #120795] Do, 27 September 2018 07:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jan die Man  is tans af-lyn  Jan die Man
Boodskappe: 514
Geregistreer: Mei 2018
Karma: 22
Senior Lid
WIELIE WALIE

Wielie-wielie-walie,
die aap sit op die balie.
Tjoef-tjaf val hy af.
Wielie-wielie-walie.

Kyk hoe swaai hy draai hy,
klim hy op dan val hy af.
Kyk hoe swaai hy draai hy,
tjoef-tjaf val hy af.

Wielie-wielie-walie,
die aap sit op die balie.
Tjoef-tjaf daar val hy af.
Wielie-wielie-walie.
Re: Kinderrympies [boodskap #120797 is 'n antwoord op boodskap #120796] Vr, 28 September 2018 06:06 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jan die Man  is tans af-lyn  Jan die Man
Boodskappe: 514
Geregistreer: Mei 2018
Karma: 22
Senior Lid
BOBBEJAAN

Bobbejaan, bobbejaan, waar kom jy vandaan?
Bo uit die berge, onder die maan.

Bobbejaan, bobbejaan wat maak julle daar?
Ons grawe vir uintjies en stoei met mekaar.
Re: Kinderrympies [boodskap #120800 is 'n antwoord op boodskap #120797] Sa, 29 September 2018 19:03 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jan die Man  is tans af-lyn  Jan die Man
Boodskappe: 514
Geregistreer: Mei 2018
Karma: 22
Senior Lid
TRIPPE TRAPPE TRONE

Trippe, trappe, trone,
Die varkies in die bone,
Koeitjies in die klawer,
Perdjies in die hawer,
Die gansies in die groene gras,
Die eendjies op die waterplas.
Ek wens dat kindjie groter was
Om al die diertjies op te pas.
Re: Kinderrympies [boodskap #120807 is 'n antwoord op boodskap #120800] So, 07 Oktober 2018 19:54 Na vorige boodskapna volgende boodskap
admin  is tans af-lyn  admin
Boodskappe: 46
Geregistreer: Mei 2018
Karma: 4
Volle Lid
Administrateur
EENDJIES

Eendjies, eendjies staan in 'n ry
een twee drie vier
stap hul verby.

Links regs, links regs,
kyk hoe mak.
Reguit dam toe
kwak, kwak, kwak.
Re: Kinderrympies [boodskap #120808 is 'n antwoord op boodskap #120807] Ma, 08 Oktober 2018 19:58 Na vorige boodskapna volgende boodskap
admin  is tans af-lyn  admin
Boodskappe: 46
Geregistreer: Mei 2018
Karma: 4
Volle Lid
Administrateur
HANDJIES KLAP

Handjies klap,
koekies bak,
bring die meel,
nie te veel,
klits die eiers gou-gou-gou,
lekker eet ons nou-nou-nou.
Re: Kinderrympies [boodskap #120832 is 'n antwoord op boodskap #120808] Vr, 19 Oktober 2018 20:07 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jan die Man  is tans af-lyn  Jan die Man
Boodskappe: 514
Geregistreer: Mei 2018
Karma: 22
Senior Lid
OLKE BOLKE

Olke bolke riebiekie stolke
Olke bolke knor
Êrie tjêrie tjiekerie tjêrie
Êrie tjêrie tjorts!


Of alternatiewelik:

Olke bolke Riebeeck stolke
Olke bolke knol
Êrie tjêrie tjiekerie tjêrie
Êrie tjêrie tjorts!


[Hierdie is 'n voorbeeld van 'n sogenaamde uittelrympie. Sulke rympies word ritmies opsê terwyl daar met elke woord na 'n ander persoon of voorwerp gewys word. Die laaste woord bepaal wie/wat gekies is.]
Re: Kinderrympies [boodskap #138050 is 'n antwoord op boodskap #120832] Ma, 27 September 2021 11:19 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jan die Man  is tans af-lyn  Jan die Man
Boodskappe: 514
Geregistreer: Mei 2018
Karma: 22
Senior Lid
DUIMPIE

Duimpie het in die water geval.
Duimpie se maat het hom uitgehaal.
Langeraat het hom huis toe gedra.
Fielaflooi het hom neergelê.
En kleintjie het vir ma gaan sê.
Re: Kinderrympies [boodskap #138051 is 'n antwoord op boodskap #138050] Ma, 27 September 2021 11:23 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jan die Man  is tans af-lyn  Jan die Man
Boodskappe: 514
Geregistreer: Mei 2018
Karma: 22
Senior Lid
OU VROU IN 'N SKOEN

Daar is 'n ou vrou,
sy woon in 'n skoen.
Sy het so baie kinders,
sy weet nie wat om te doen.
Sy gee hulle sop,
sonder botter of brood.
Dan kry elkeen pak,
van klein tot groot.
Re: Kinderrympies [boodskap #138378 is 'n antwoord op boodskap #38128] Di, 09 November 2021 13:55 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Aduppie  is tans af-lyn  Aduppie
Boodskappe: 4
Geregistreer: Augustus 2021
Karma: 0
Junior Lid
Dis nou 'n lekker geniet skryfsel.Dankie vir die lag Laughing
Re: Kinderrympies [boodskap #139622 is 'n antwoord op boodskap #138378] Sa, 02 Julie 2022 12:20 Na vorige boodskap
Jan die Man  is tans af-lyn  Jan die Man
Boodskappe: 514
Geregistreer: Mei 2018
Karma: 22
Senior Lid
Ta,rara,ra, boemtie-y
Oupa het op 'n vark gery
Afgeval en seergekry
Opgeklim en weer gery
Ta, rara,ra boemtie-y
Vorige onderwerp: aandgebed
Volgende onderwerp: o enkel voël in vlug
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mar 28 20:51:48 MGT 2024