Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Pensioendag vir die oues van dae
| Pensioendag vir die oues van dae [boodskap #34184] |
Vr., 08 September 2000 18:12  |
Tobie
Boodskappe: 581 Geregistreer: September 2000
|
Senior Lid |
|
|
Gister (8-9-2000) was weer pensioendag vir oues, nie net vir
hulle nie maar alle mense wat geld ontvang van die staat.
Gebreklikes wat nie kan werk nie, oudstryders en kinders wie
se ouers nie die geld het om behoorlik na hulle te kyk nie.
My vrou het besluit om haar ma later in die middag te neem
sodat sy nie so lank in 'n lyn hoef te staan nie, sy is 83
jaar oud.
Net voor 2 uur die middag het sy toe die saal binne gegaan
en ons het verwag dat sy so 'n uur daar binne sou wees, want
dit was ± 1 uur die vorige maand toe dit vir die eerste keer
hier in die Suid Kaap gedoen is. Ek het my seun gevra om by
die uitgang vir haar te wag aangesien daar te veel rondlêers
daar was. Om 15:15 kom my seun hier by aan en ek vra hom toe
waar Ouma dan is en hy sê dat sy nog steeds binne sit en dit
wou voorkom of van die masjiene wat die geld uitbetaal
stukkend is en dat daar slegs een masjien is wat uitbetaal.
Ek bel toe my vrou sodat sy kan gaan kyk wat aangaan en laat
weet toe dat die die masjiene stukkend of leeg is en dat die
veiligheidsvoertuie blybaar ander loophaal het. Na twee ure
was sy toe klaar en ek het haar huistoe geneem.
Nou vra ek, 'n vrou of man van daardie ouderdom, hoekom moet
hulle 2 ure wag vir hulle pensioen? Sal die geagte ministers
van Kaapland toelaat dat hulle familie vir 2 ure daarvoor
wag. Een van die dae is Februarie hier met sy 35 tot 40 °C,
wat dan? Onthou mense kom al vroeg in die dag vanaf plase
ens. Wat van babas wat saam met die enkelouer moet kom om
die geld te ontvang? Daar is nie genoeg toiletgeriewe nie,
daar is darem waterkrane daar naby.
Van te vore was daar verskillende wat groepe die geld kon
afgehaal by die poskantoor, dit was voor Augustus 2000.
Ek hoop dat die WP se gowerment aandag sal gee aan dié
probleem, as hulle weer ingestem wil word.
--
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: Pensioendag vir die oues van dae [boodskap #34249 is 'n antwoord op boodskap #34232] |
So., 10 September 2000 15:51   |
Davie Davis[2]
Boodskappe: 133 Geregistreer: November 2000
|
Senior Lid |
|
|
Jou van dalk Greyling Jenny?
Jy klink so Ferdi_rig
On Sun, 10 Sep 2000 05:33:39 GMT, jene...@icon.co.za (Jenny) wrote:
> Klink eerder of julle die ou tannie gebruik om moeilikheid te wil maar
> in stede van om te soek vir 'n oplossing vir die probleem. het jy
> byvoorbeeld al daaraan gedink om daardie dag verlof te neem en te gaan
> volunteer om te help sodat dinge gladder en beter kan gaan?
>
> Sat, 9 Sep 2000 23:35:56 +0200:: "Tobie" skrywe:
>
>> dankie Sakkie, los haar maar uit my vriend, sy het nie
>> familie van 83 wat in wind en weer hoef te staan nie. ek
>> hoop dat sy nie eendag so hoef te staan nie.
>> vriendelike groete (soos Leendert altyd sê)
>> --
>> ~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~
>> Sakkie wrote in message
>> news:8pdcms$8uu$2@ctb-nnrp2.saix.net...
>> : Jenny sê...
>> :
>> : > Swart oues van dae moes al jare lank in sulke vernederende toestande
>> : > in wind reen en koue gaan tou staan om dan net daarna afgedreig en
>> : > besteelk te word van die bietjie wat hulle daar ontvang het - ek het
>> : > jou nie toe hoor kla nie. Nee wat, jou ma kan maar netsoos al die
>> : > ander mense, wit en swart, geduldig wag.
>> :
>> : Met ander woorde, jou ma hoef nie in wind, reën en koue tou te staan en wag
>> : vir haar pensioen nie?
>> :
>> : Sakkie
>> :
>
|
|
|
|
|
|
| Re: Pensioendag vir die oues van dae [boodskap #34284 is 'n antwoord op boodskap #34206] |
Di., 12 September 2000 04:21   |
Krokkie
Boodskappe: 478 Geregistreer: Julie 1999
|
Senior Lid |
|
|
Jenny jy verstaan niedie probleem nie, hulle MOET 'n totaal 'n ander stelsel
ontwikkel om die ou mense van vandag te betaal. Oumense kan mos nie in rye
staan nie, vader het jy geen gevoel nie
Jenny wrote in message ...
> Fri, 8 Sep 2000 20:12:56 +0200:: "Tobie" skrywe:
>
>
>> Nou vra ek, 'n vrou of man van daardie ouderdom, hoekom moet
>> hulle 2 ure wag vir hulle pensioen? Sal die geagte ministers
>> van Kaapland toelaat dat hulle familie vir 2 ure daarvoor
>> wag. Een van die dae is Februarie hier met sy 35 tot 40 °C,
>> wat dan? Onthou mense kom al vroeg in die dag vanaf plase
>> ens. Wat van babas wat saam met die enkelouer moet kom om
>> die geld te ontvang? Daar is nie genoeg toiletgeriewe nie,
>> daar is darem waterkrane daar naby.
> Swart oues van dae moes al jare lank in sulke vernederende toestande
> in wind reen en koue gaan tou staan om dan net daarna afgedreig en
> besteelk te word van die bietjie wat hulle daar ontvang het - ek het
> jou nie toe hoor kla nie. Nee wat, jou ma kan maar netsoos al die
> ander mense, wit en swart, geduldig wag.
|
|
|
|
| Re: Pensioendag vir die oues van dae [boodskap #34285 is 'n antwoord op boodskap #34232] |
Di., 12 September 2000 04:23  |
Krokkie
Boodskappe: 478 Geregistreer: Julie 1999
|
Senior Lid |
|
|
Ons betaal belasting en DIENSTE MOET GELEWER word. Ek sal so 'n dag daar
gaan werk as ek daardie dag se inkomste wat ek verloor direk van die staat
kan verhaal
Jenny wrote in message ...
> Klink eerder of julle die ou tannie gebruik om moeilikheid te wil maar
> in stede van om te soek vir 'n oplossing vir die probleem. het jy
> byvoorbeeld al daaraan gedink om daardie dag verlof te neem en te gaan
> volunteer om te help sodat dinge gladder en beter kan gaan?
>
> Sat, 9 Sep 2000 23:35:56 +0200:: "Tobie" skrywe:
>
>> dankie Sakkie, los haar maar uit my vriend, sy het nie
>> familie van 83 wat in wind en weer hoef te staan nie. ek
>> hoop dat sy nie eendag so hoef te staan nie.
>> vriendelike groete (soos Leendert altyd sê)
>> --
>> ~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~
>> Sakkie wrote in message
>> news:8pdcms$8uu$2@ctb-nnrp2.saix.net...
>> : Jenny sê...
>> :
>> : > Swart oues van dae moes al jare lank in sulke vernederende toestande
>> : > in wind reen en koue gaan tou staan om dan net daarna afgedreig en
>> : > besteelk te word van die bietjie wat hulle daar ontvang het - ek het
>> : > jou nie toe hoor kla nie. Nee wat, jou ma kan maar netsoos al die
>> : > ander mense, wit en swart, geduldig wag.
>> :
>> : Met ander woorde, jou ma hoef nie in wind, reën en koue tou te staan en wag
>> : vir haar pensioen nie?
>> :
>> : Sakkie
>> :
>
|
|
|
|
| |
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Wo. Jul. 29 18:03:11 UTC 2026
|