|
|
|
|
| Re: Wat dink julle van ons nuwe landswapen ? [boodskap #30220 is 'n antwoord op boodskap #30218] |
Vr., 28 April 2000 00:00   |
|
|
Oorspronklik gepos deur: @home.com
Reenen van Niekerk wrote:
> In plain Afrikaans
>
> Dit lyk kak
> nes die volkslied
>
Met ander woorde, jy verkies die ou "coat of
arms" wat hulle in 1910 daar in Engeland vir
die land ontwerp het. Lyk my jy is ook maar
'n hanskakie, net soos ou Frikkie wat gedurig
Engels gebruik en sy knie voor ou Fred Rundle
buig. Jy hou nie van die sekretarisvoel nie? Jy
hou nie van die protea nie? Jy wil Latyn op die
wapen sien?
Ek sien jy kritiseer ook die volkslied. Wat
is verkeerd met die Stem?
Die sekretarisvoel met sy lange bene, met
sy penne agter sy ore styf, met sy stadige
stappies, wat maak hy hier?
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: Wat dink julle van ons nuwe landswapen ? [boodskap #30241 is 'n antwoord op boodskap #30218] |
Sa., 29 April 2000 00:00   |
|
|
Oorspronklik gepos deur: @home.com
Gary Bartholomew wrote:
> Jammer, maar die musiek van Nkosi Sikelele sal altyd soos 'n stuk koue pap
> om my oordrom voel. Dis soos die sokker. Mens neem dit maar aan bloot omdat
> dit besluit is dat die ding aan jou behoort. Dis soos pampoen leer eet. As
> jy daarmee volhou sal jy later die goed kan sluk. (Ek was ook nie een van
> die bewonderaars van Die Stem nie. Toe ons 'n kans gekry het om daardie van
> stukkie varkpronk ontslae te raak moes ons liewer iemand soos Joe Satriani
> genader het om vir ons 'n heel nuwe volkslied te skryf).
Wel, Gary, ek is jammer dat jy die assosiasies metN'kosi Sikelele het. Ek het
dit leer sing in swart skole
lank voor dit SA se volkslied geword het. Dis 'n gebed,
en moet as 'n gebed gesing word. Ek het ook altyd die
herhaling in Sotho geniet. Die feit dat hulle dit toe alreeds
in twee tale gesing het, was waardevol. Uiteindelik was
dit ook 'n goeie ding dat hulle die Stem in Afrikaans en
Engels aangelas het. Sover ek kan sien (wanneer ek
mense dit op TV sien sing) werk dit ook vir mense. Almal
kan bietjie van Die Stem onthou, en sing lustig saam (en ek
bedoel nou die swart en bruin mense en die wit Engelse wat
nooit verder as die eerste twee reels van Die Stem kon kom
nie, anyway.)
Gloudina
|
|
|
|
|
|
| Re: Wat dink julle van ons nuwe landswapen ? [boodskap #30258 is 'n antwoord op boodskap #30218] |
So., 30 April 2000 00:00  |
Gary Bartholomew
Boodskappe: 106 Geregistreer: Maart 2000
|
Senior Lid |
|
|
skryf in boodskap news:390B227F.3A668D11@home.com...
> Gary Bartholomew wrote:
>
>> Jammer, maar die musiek van Nkosi Sikelele sal altyd soos 'n stuk koue pap
>> om my oordrom voel.
>
> Wel, Gary, ek is jammer dat jy die assosiasies metN'kosi Sikelele het. Ek het
> dit leer sing in swart skole
> lank voor dit SA se volkslied geword het. Dis 'n gebed,
> en moet as 'n gebed gesing word. Ek het ook altyd die
> herhaling in Sotho geniet. Die feit dat hulle dit toe alreeds
> in twee tale gesing het, was waardevol. Uiteindelik was
> dit ook 'n goeie ding dat hulle die Stem in Afrikaans en
> Engels aangelas het. Sover ek kan sien (wanneer ek
> mense dit op TV sien sing) werk dit ook vir mense. Almal
> kan bietjie van Die Stem onthou, en sing lustig saam (en ek
> bedoel nou die swart en bruin mense en die wit Engelse wat
> nooit verder as die eerste twee reels van Die Stem kon kom
> nie, anyway.)
>
> Gloudina
>
Dan almal 'n bietjie van Die Stem kan sing is seker te wyte dat toe ons vir
oggendparade by die skool aangetree het was dit altyd deel van ons
indoktrinasie (?) in die destydse peoples education.
"Here seën vir Afrika". Die gebed sou heel aanvaarbaar gewees het met 'n
nuwe, wakker lied onderaan, maar aangesien dit die landsdreun van die hele
Afrika is, en dat dit hier sy oorsprong gehad het, moes dit maar in sy ou
gedaante bly staan.
Daar is net soveel gebede as wat daar menslike uitdrukkings is. Ek weet nie
of die gebed-wees van die ding 'n verskil maak nie. Die gebed kan wees,
"Here, seën hierdie arme ou treurige land van ons" of "Here, seën weer
hierdie fantastiese plek, asseblief, toe". Albei is gebede maar die een is
so :(( gesing, en die ander is so :)) gesing.
Hier sleep ons ons voete in die stof van die hemelpad; daar slaan ons
bollemakisie die hele pad soos 'n trop bobbejane wat lekkergoed onder elke
rots ontdek.
Dit help nie om te kla nie, maar die versoeking om te kla is so groot. Eet
daai pampoen, man.
|
|
|
|
| Re: Wat dink julle van ons nuwe landswapen ? [boodskap #30259 is 'n antwoord op boodskap #30218] |
So., 30 April 2000 00:00  |
Gary Bartholomew
Boodskappe: 106 Geregistreer: Maart 2000
|
Senior Lid |
|
|
Ferdi Greyling skryf in boodskap news:5ccb1975.1954924@news.icon.co.za...
> On Sat, 29 Apr 2000 15:38:33 +0200, "Gary Bartholomew"
> wrote:
>
>
> Sit ons almal in perspektief. En gee ons n bietjie nederigheid.
> Die land is ouer as die wit/swart-geteem wat soms so hard opklink.
> En hy moet nog ouer word.
>
Mooi gesê, Ferdi. Beteken die laaste lyn dat die landswortels weer die water
moet gaan soek?
>
> op aarde.>>
>
> Ek verskil. Dis baie, baie mooier as die ou vlag wat nog altyd maar 'b
> pretty lelike ding vir my was.
> Maar die nuwe een se krake wys as n mens 'n stadion vol mense dien wat
> dit rondwaai. Te veel kleure. Dit raak so half "grys" en "dof" omdat
> daar te veel kleure in te veel strepe is.
>
Miskien moet die ouens wat die vlag wedstryd toe vat 'n grote op stukke
karton maak en dan in vierkante opsny soos wat die Russe op die Moskou
Olimpiese spele gedoen het. As ons Breyton dan 'n drie gaan druk, dan kan
die ouens almal hul stukkies vlag optel en 'n groot landsvlag in die middel
van die skare laat aan en af flits.
Ek het meer die ide� dat dit 'n lekker T-hemp maak in gedagte gehad.
> >
>
> Altyd gedink House of the Rising Sun (soos die Animals dit sing) of
> Spanish Harlem uit die jare sestig sal nie sleg doen as 'n volkslied
> nie.
>
House of the Rising Sun is amper 'n volkslied.
Hierdie is seker 'n saak waar 'n mens nooit almal heeltemal tevrede sal stel
nie.
Miskien moes hulle daai Ringo gevra het om 'n volkslied te skryf, dan sou
almal kon dans terwyl hulle sing.
|
|
|
|