| Doodstraf [boodskap #29963] |
Wo., 19 April 2000 00:00  |
Reenen van Niekerk
Boodskappe: 441 Geregistreer: April 2000
|
Senior Lid |
|
|
Ek wil graag hoor wat julle sienning is oor die doodstraf vir sekere
misdade.
Ek voel dat die doodstraf ingestel kan word vir sekere misdade.
Die eerste misdaad is die vir verkragting veral die van kinders.Dit is n
uiterse siek persoon wat n kind verkrag.Verkragting is in die algemeen n
siek misdaad. Ek kan nie sien watter plesier dit is om n kind van 2 en 3
jaar te verkrag nie, Die siekste is n man wat sy eie kind kan verkrag.Sulke
mense hoort nie in die samelewing nie.
Sekere gevalle van moord veral op polisiebeamptes. Polisiemanne oor die hele
wereld is altyd n teiken. Ek dink die lande waar die meeste polisiemanne
vermoor word is in Suid Afrika en Amerika.
Nou word gese dat die persone wat die misdade gepleeg het sekere regte het.
Maar my sienning is die vrou en die kind wat verkrag was het mos ook die reg
gehad om nie verkrag te word nie. In my 18 jaar in die polisie het ek baie
verkragting sake ondersoek en baie van kinders spook nog by my. En die
persone loop al weer buite rond maar haar lewe is vir altyd verwoes.
Dink julle die doodstraf is regverdig in seker gevalle of wat dink julle
moet met sulke siek mense gedoen word.
Hoe weeg mens die regte van die persone op
Ek hoop om redelike opinies te hoor op die onderwerp
Reenen van Niekerk
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: Doodstraf [boodskap #30133 is 'n antwoord op boodskap #29963] |
Di., 25 April 2000 00:00   |
Gary Bartholomew
Boodskappe: 106 Geregistreer: Maart 2000
|
Senior Lid |
|
|
Riaan skryf in boodskap news:8e427q$ctq$1@nnrp01.ops.uunet.co.za...
> Ferdi Greyling wrote in message
> news:39085bb2.1877392@news.is.co.za...
> On Tue, 25 Apr 2000 21:56:40 +0200, "Riaan"
> En voor dit njie is nie moet ons seker waak teen sulke mistykies?
>
> Ag Ferdi jy raak nou kleinlik. Daar sal nooit op aarde 'n regstelsel wees
> wat 100% werk nie.
>
> En as dit dan nou moet dan sien ek liewers dat 5% onskuldige mense ook die
> tydelike met die ewige moet verwissel, maar jy kry minstens 95% van die
> gemors uit die samelewing + die ander groepie wat daar sou gewees het maar
> agv die doodstraf liewers 2 keer gedink het.
>
>
>
>
As mens 'n samelewing wil hê waar die individu 'n selfstandige, vrye mens
is, dan kan jy nie 'n regstelsel aanvaar wat mense saambondel nie. Reg en
geregtigheid moet geskied op die indiwiduele vlak, en die syfers wat jy hier
gee wys aan 'n beginselfout. Waar die onskuldige wat aan moord skuldig
gevind word, moet daar gekyk word of reg en geregtigheid geskied het in *sy*
geval as hy daarna galg toe gestuur is. Het dit? Nee. Hierdie onskuldige
mens (verbeel jou dis jy of jou vrou, want dit kan met enige iemand gebeur)
is sonder rede doodgemaak. Dis moord, en dat daar 'n duisend skuldiges ook
deur die stelsel uit die samelewing verwyder is deur die selfde stelsel wat
hierdie moord gepleeg het maak geen saak aan die feit dat *hier* moord
gepleeg is. (Of hoe anders sou jy die willekeurige doodmaak van 'n
onskuldige mens beskryf?).
Pas op as jy die nommers in hierdie moreële ontleding wil inbring, want as
jy dan konsekwent wil wees, moet jy 'n volledige numeriese, stastistiese
moraliteit aanvaar. Hierdie tiepe van redenasie beperk jou eie vryheid as
dit tot sy uiterstes gevolg word. Dis Stalin se rede vir die kampe in
Siberia, vir die wat dit nog wil regverdig.
Die mees basiese reg wat enige van ons het is om te bly lewe solank as wat
ons kan. As oorlog uitbars moet ons maar seker ons lewens gaan opoffer om 'n
menswaardige lewe te behou; daar's min keuse in so geval. Maar in die geval
van 'n skuldigbevinding vir moord, is daar alternatiewe. As die regstelsel
volmaak was, dan was daar miskien 'n argument ten gunste van die doodstraf
(miskien); maar dit is nie, en hierdie onherstelbare vonnis *sal* in
indiwiduele gevalle 'n onherstelbare onreg as gevolg hê. Het die staat die
reg om van sy burgers te vermoor? (*Vermoor*, onthou?). As jy dit aanvaar,
dan aanvaar jy allerhande aantastings van jou menseregte.
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: Doodstraf [boodskap #101585 is 'n antwoord op boodskap #29963] |
Do., 24 Februarie 2005 07:35  |
Annette
Boodskappe: 11111 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Ag issie man - hy tree maar net normaal op soos die deursnee Afrikaanse
man:)))
--
Groetnis
Annette
"Blitzkrieg" skryf in boodskap news:cvk08j$edv$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Nee ek raak nie persoonlik nie maar Suidwester maak of hy altyd van beter
> weet en dan snou hy 'n mens toe omdat sy kennis nou kamstig beter is en hy
> maak asof hy beter weet deur net te se jy weet nie waarvan jy praat nie! Hy
> raak persoonlik deur almal wat nie sy punt insien nie uit te maak as dom en
> onnosel en wat nie weet waarvan hulle praat nie!
>
>
>
> "Annette" wrote in message
> news:cvjuli$bkt$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>> Ag kom nou Blitzkrieg, jy verkies self 'n naam wat uit WO2 uit kom. Moet
>> nou
>> nie soos al die dommes persoonlike aanvalle doen as jy nie oor iets
>> behoorlik kan argumenteer nie.
>> Jou argumente was nogal heel goed tot nou - ek verkies ook om nie 'n
>> vuurwapen te hê nie - ek maak staat op my skerp tong,
>> selfverdediging-opleiding en my baie handige knuppel.:))
>> --
>> Groetnis
>> Annette
>> "Blitzkrieg" wrote in message
>> news:cvjr5r$6j3$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>>> O jammer ek het vergeet jy is Suidwester Allmighty jy weet en ken mos alles,
>>> die eksperts se ekspert btw jy weet dit seker nie maar Suid-Wes soos in
>>> Suid-Wes Afrika is nou Namibie so jy klou ook nog aan iets wat lankal sy gat
>>> gesien het!
>
>
>
>>> "Suidwester" wrote in message
>>> news:DLOdnYjxKo4M-4DfRVn-jA@is.co.za...
>>>> Ou vriend, in alle respek gesê, jy weet nie waarvan jy praat nie.
>>>> Daar
>>>> is nie 'n hond op hierdie aarde wat jy nie vinnig uitsit nie. Ek wil dit
>>>> nie hier sê hoe nie, maar gaan vra maar vir enige hondehanteerder. Jy
>>>> leef in 'n droomwêreld en ek neem aan jy's in die dan'ne....die dat jy so
>>>> sterk is?
>>>> "Blitzkrieg" wrote in message
>>>> news:cvhdiq$kp1$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>>>> > ek kan 'n ou donner, wil jy kom......en ek hou nogal nie 'n rotweiler aan
>>>> > nie, hulle beteken fokkol......ek het drie opregte mongrels.....wat
>>>> > nie
>>>> > skrik vir 'n skroewedraaier, halwe baksteen, sambok of stok nie..........
>>>
>>>
>>>> > "Suidwester" wrote in message
>>>> > news:2vKdnVixcuIJsIHfRVn-jA@is.co.za...
>>>>
>>>> >> "Blitzkrieg" wrote in message
>>>> >> news:cvf056$gkb$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>>>> >> My punt is ek sal liewers 'n ou donner as om
>>>> >>> trigger happy te wees. Jy is meer geel as om agter die sneller weg te
>>>> >>> steek as om te baklei vir wat joune is.
>>>> >> ----- Kan ek aannneem jy is in staat om 'n ou te donner? Kyk
>>>> >> bietjie
>>>> >> na die deursnit persoon in die land wat beroof word en jy sal vind
>>>> >> dat
>>>> >> die meeste oorgewig, sagte TV kykers is en jy konfronteer hom met 'n
>>>> >> jong man [of dalk ook nie so jonk nie] maar iemand wat elke dag van
>>>> >> sy
>>>> >> lewe baie kilometers loop en nie oorvreet op elke ete nie. En hierdie
>>>> >> mense wil die inbrekers donner? Ek vra weer, was jy al ooit in so
>>>> >> 'n
>>>> >> posisie? Het jy al beleef dat jou groot Rotweiler wat jy gedink het byt
>>>> >> die kak uit enige inbreker uit, lê dood in jou tuin en waarmee? 'n
>>>> >> Lang, dun skroewedraaier wat skerpgemaak is en jou hond is dood soos 'n
>>>> >> drol. Daai selle ou skroewedraaiertjie gaan lekker hier tussen jou
>>>> >> derde, vierde rib inglip en jy sal saam met jou boelie begrawe
>>>> >> word......want jy wil die man konfronteer en hom donner. Met 'n
>>>> >> vuurwapen staan jy weg van die persoon af en jy kan 'n waarskuwingskoot
>>>> >> skiet, of twee of drie en die ou kan of skrik en voete insit of hy
>>>> >> kan
>>>> >> jou aanval en jy dan hoop jy skiet hom dood anders gaan hy jou wapen
>>>> >> afvat en jou dalk doodskiet. Kom jy agter wat ek probeer sê? Het jy hom
>>>> >> probeer donner, was jy in elk geval dood. Met die wapen het jy 'n kans
>>>> >> om te oorlewe......veral nog as jy leer om die wapen reg en
>>>> >> verantwoordelik te hanteer.
>>>>
>>>>
>>>> >> Ja ek stem saam vuurwapens maak nie mense
>>>> >>> dood nie maar 'n lewe word gouer geneem met 'n vuurwapen.
>>>> >> ----So jy het 'n beswaar teen 'n vuurwapen oor hy jou vinniger doodmaak?
>>>> >> Ek neem aan jy glo as die ou jou net raakskiet, dan konk jy? Weet
>>>> >> jy
>>>> >> hoe moeilik is dit om iemand in die donker raak te skiet? Ek weet van
>>>> >> mense wat meer as 14 skote van 'n 9mm op hul lyf gehad het en vandag
>>>> >> steeds lewe. Aan die anderkant, 'n kunstige sny met 'n lekker sterk mes
>>>> >> op die regte plek en jy bloei so vinnig dood dat niemand jou maklik sal
>>>> >> kan help nie. Wat dink jy gaan gebeur met daai skroewedraaier in
>>>> >> jou
>>>> >> hart? En jy maak dit sommer maklik want jy gaan 'omhels' mos die
>>>> >> inbreker terwyl jy hom probeer donner!
>>>>
>>>> >> Net soos 'n
>>>> >>> vuurwapen vir jou vals mag gee so gee dit die misdadiger vals
>>>> >>> mag......waar kry hy sy onwettige vuurwapen?
>>>> >> -----Hy steel hom. Dis 'n bose kringloop. Die hoender en die
>>>> >> eier.
>>>> >> Wie was nou eerste? Op jou manier van op jou ruggie gaan lê en
>>>> >> stertjie waai gaan die misdadiger steeds lekker lewe en steel en vat wat
>>>> >> hy wil. Op my manier gaan jy 'n weerstand skep wat uiteindelik die prys
>>>> >> van misdaad te duur maak vir die misdadiger.
>>>>
>>>> >> Van ouens soos jy wat dink hulle is kwaai
>>>> >>> met 'n rewolwer langs die sy!
>>>> >> ---Ek twyfel aan jou IK. Dat jy van sekuriteit af niks weet nie, is
>>>> >> vyfduidelik! Dat jy van die lewe af nie veel weet nie, is ook vir
>>>> >> my
>>>> >> vyfduidelik. Alles in die lewe is 10% werklikheid en 90% persepsie [of
>>>> >> verbeelding]. In sekuriteit skep jy 'n persepsie van die vermoë dat jy
>>>> >> nie gaan eenvoudig stil staan en die misdaad wat teen jou gepleeg net
>>>> >> eenvoudig vat nie. Net soos die 'goeie' mense skinder in die
>>>> >> gemeenskap, net so skinder die misdadigers onder mekaar. Ek akn vir
>>>> >> jou vele gevalle noem van huise wat beroof is en waar die misdadiger
>>>> >> geskiet is en waar daar nooit weer 'n roof plaasgevind het nie. Wat
>>>> >> van 'n huis waar twee groot honde is wat twee vriendelike, natlekkende,
>>>> >> mensvriende is, MAAR die eienaar het 'n punt gemaak om 'n storie
>>>> >> onder
>>>> >> die werkers op die dorp te vertel van hoe die groot reunhond 'n man
>>>> >> amper doodgebyt het en hoeveel geld hy in die hospitaal moes betaal net
>>>> >> om die man se lewe te red. Die storie het soos 'n veldbrand
>>>> >> versprei
>>>> >> en niemand kom naby sy huis nie. Hy lag nog vandag daaroor!
>>>>
>>>>
>>>> >> Wat se gemeenskap leef jy dan in wat dink jy
>>>> >>> is 'n lafaard as jy 'n misdaad statistiek word??
>>>> >> -----'n Gemeenskap van mense wat in 'n harde land lewe waar jy vir
>>>> >> jouself sorg en jy moet wakker bly om te oorlewe. Niemand gee om
>>>> >> dat
>>>> >> jy 'n statistiek word nie, maar as jy gaan omrol, pensie bo en stertjie
>>>> >> swaai vir die ou wat jou goete kom vat, dan is jy 'n lafaard. Punt.
>>>>
>>>> >>> Lyk my jou groot geweer maak op vir iets klein!
>>>> >> -----Vir my lyk dit weer of jy deel is van die kant wat wil steel?
>>>> >> Hoekom protesteer jy so? Is jy bang jy word geskiet?
>>>> >
>>>>
>>>
>>>>
>>
>
|
|
|
|