| wat gaan aan in die VSA [boodskap #4434] |
Vr., 24 Maart 2006 01:54  |
bouer
Boodskappe: 4784 Geregistreer: Desember 2003
|
Senior Lid |
|
|
Dit lyk of daar 'n grootskaalse rebellie teen George
Bush is, nie soseer van die mank Demokrate nie,
maar van uit Republikeinse geledere. Meeste van
die konserwatiewe guru's lyk dit het teen hom gedraai.
Ook geen wonder nie, want hy spandeer geld soos
water, maak die federale burokrasie groter en groter,
en vernietig die goeie naam van die Amerikaner op
die internasionale toneel.
Gloudina
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: wat gaan aan in die VSA [boodskap #4446 is 'n antwoord op boodskap #4440] |
Vr., 24 Maart 2006 12:58  |
bouer
Boodskappe: 4784 Geregistreer: Desember 2003
|
Senior Lid |
|
|
Basjan skryf
> Mooi artikel in Newsweek hieroor, waar hulle sê die bevraagtekening en twis
> binne die party begin uiteindelik, wel, soos die Demokrate lyk!
Dit lyk asof daar na 'n anti-war beweging in die
VSA is, self onder die Republikeine. Maar vir my
as Kanadees is dit duidelik dat mense soos
Dick Cheney dinge presies het soos hy dit wil
hê. Die military industrial complex waarteen
Eisenhower ( 'n Republikein) destyds gewaarsku
het, maak biljoene der biljoene nie net deur
wapens te verskaf vir die stryd nie, maar ook
om die troepe in Irak en buurstate te voed. Wat
gee hulle om vir die duisende Amerikaners wat
sneuwel, en die tien duisende Irakies wat nou
in die strate sterf. Solank hulle sakke net vet
word hier in Noord-Amerika.
Gloudina
|
|
|
|