Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Respek
Respek [boodskap #4457] Vr, 24 Maart 2006 16:32 na volgende boodskap
Katryn  is tans af-lyn  Katryn
Boodskappe: 962
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Alwyn:
Dankie Jonas. Nee, ek wil nie meer faait nie. Dit is in my temperament
om altyd anders te wees, en skoor te soek. Ek het nog altyd maar
bietjie dwars getrek. Maar ek wil nie meer nie. Op 'n besadigde
ouderdom van 47 jaar dink ek die laaitie het dalk nou groot geword,
uiteindelik. Ek wil nou die strydbyl begrawe. Ek leef in harmonie op
ander nuusgroepe, in Afrikaans, en die vader weet hoe hulle my daar
verdra het al die tyd. Daar geld een groot reel, en dit is wedesydse
respek. Daarsonder is die nuusgroep gedoem.
Mense sal altyd van mekaar verskil, en dit is goed. Maar kan ons op
hierdie nuwe blaadjie probeer om mekaar te akkomodeer met wedersydse
respek, tewyl ons tog drasties mag verskil op geselspunte (topics).

Ek is versigtig opgewonde dat ons baie interessant kan gesels, stry,
lag, verskil en sosiaal verkeer hier. Met wedersydse respek.

Danielle:
Alwyn, hierdie was 'n mooi boodskap en moeilik om te knip en net op
een spesifieke gedeelte te reageer. Daarom herhaal ek maar die hele
boodskap. Skuus. :)
Maar weet jy, dit is nogal iets waaroor ek nog altyd gewonder het.
Die woordjie "respek" en wat dit nou eintlik behels en hoe dit ook kan
misbruik word om vrye uitruiling van idees en denke te onderdruk in
veral die Afrikaanse gesprekforums. Of nie.
Uit die aard van die saak stem ek natuurlik heeltemal saam met jou, en
glo ook dat mens maar altyd die onderliggende Rorschach "realiteit" in
gedagte moet hou, en altyd probeer om algemeen aanvaarde
waardes/denkrigtings te waardeer en sensitief daarom te wandel wanneer
jy probeer kommunikeer, want dit maak dinge net soveel makliker en
gemaklik vir almal *MAAR** ek is nie altyd so seker dat dit die
"regte"ding is om te doen nie? En of dit 'respek' reflekteer nie?
Die wesentlike konsep van die woordjie "respek" is tog sekerlik 'n
kultuurspesifieke gevormde konsep? Of stem jy nie saam nie?
Elkgeval, ek dink so, en dit is juis waarom hierdie tipe van ding my
so erg interesseer. :)

Meer eenvoudig of anders gestel ter verduideliking -
Die gevoel wat ek nog al die jare op die Afrikaanse gespreksforums
gekry het (veralgemeen nou), is dat die meeste mense nie juis
belangstel om idees uit te ruil nie, maar eerder 'n klankbord te soek
om hulle eie idees (of slegs woorde) daar te stel, en nie juis
belangstel in ander opinies nie. Wanneer daar 'n ander sterk opinie
teengelê word, word dit beskou as "skoor soek" of "dwars trek" of
ongeskik wees of een van die ander hondertalle clichés.
Die gevoel wat ek altyd gekry het is dat solank jy met almal saamstem
is jy okay. Gesels oor rugby en die weer en modes en kosmaak ens ens,
en jy word beskou as "respekvol" teenoor ander, maar moet tog net
nooit 'n ernstige/akademiese gesprek probeer voer wat teen die stroom
van algemeen aanvaarde denke/waardes, is nie. Dit is dan wanneer jy
gou 'n etiket aan jou nek gehang kry as 'n moeilikheidmaker en
skoorsoeker. Dit is dan wanneer die "bedreigdes" cliche's teen jou
slinger soos "kom ons gooi 'n klip in die bos en sien wat uitspring"
en "ons sal haar/hom uitrook" en vele ander wat jy sekerlik al gelees
het?
Dit is dan wanneer die mafia netwerk in sy glorie in werking tree, en
voor jy jouself kan kry, is daar 'n netwerk van mensies wat
naarstigtelik privaat eposse rondstuur onder mekaar om jou te
"ontbloot" - wie is jy, waar woon jy, wie was jou ouers, wat doen jy
ad anfinitum. Alles natuurlik seker om daardie natuurlike proses van
"ek het meer mag as jy en hou 'n swaard oor jou kop" tipe van
mentaliteit te bevestig. Hopelik om jou te neutraliseer en jou
woorde/denkrigting ens. as "minder belangrik" af te maak. En dan kan
almal weer rustig sit en klets en hulleself op die skouers klop. Ja
nee - ons is darem oulik en weet hoe om mekaar met respek te behandel.
Ons het weer die morele hoë grond....
kloek kloek...

Ag ja, soos Hamlet vir Polonius bgesê het: "Words, words, words.'"

:))
Re: Respek [boodskap #4461 is 'n antwoord op boodskap #4457] Sa, 25 Maart 2006 05:10 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jonas  is tans af-lyn  Jonas
Boodskappe: 1070
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
Dit is 'n mooi boodskap en ek ondersteun dit.
Maar - ek het ook nou al 'n ietsie geleer. Ek behandel mense soos hulle
my of andere behandel. Ek glo dat "mense" jou behandel soos hulle
behandel wil word. As hulle hoogmoedig is, dan kom jy maar die hoogmoed
by - iets in die lyn. As hulle onbeskof is dan moet jy maar ook
onbeskof raak.
En as hulle vuilbekkig raak ens. - dan ignoreer jy hulle maar soos 'n
stopstraat.
Re: Respek [boodskap #4462 is 'n antwoord op boodskap #4457] Sa, 25 Maart 2006 11:33 Na vorige boodskap
Alwyn Nel  is tans af-lyn  Alwyn Nel
Boodskappe: 174
Geregistreer: Maart 2006
Karma: 0
Senior Lid
Danielle, ek hoor wat jy en Jonas sê. Hoor my lied, ek verstaan elke woord.
Ek dink die hele konsep van "wedesydse respek" het tedoen met die ONDERWERP
onder bespreking. En DIT is waar die gesprek moet bly. Oor, en om die
ONDERWERP. Sodra mens afwyk van die onderwerp is die volgende logiese stap
dat jy persoonlik begin raak. Die oomblik as jy die skrywer se persoon
aanval as gevolg van sy standpunt, dan het jy jou oog van die bal afgehaal.
Nou is dit nie meer die onderwerp nie, dit is die persoon. Jy speel die man
in pleks van die bal.

As iemand aanstoot neem oor jou sienswyse, staan dit hom vry om jou aan te
vat daaroor. Ek het nie 'n probleem daarmee nie. Maar as daardie persoon 'n
etiket om jou nek hang om sy standpunt te ondersteun en om jou daarmee in
die grond in te dryf, is dit onregverdig en raak hy persoonlik.

Goed - ek is 'n meester waar dit kom by "uitlokkend skryf" - en dit is nie
aspris nie - dis net hoe ek aanmekaar gesit is, ongelukkig. Ek kan mense
binne die eerste paragraaf die harnas indryf, heel onskuldig bedoeld.
Meerendeels is dit boonop tong in die kies, maar hierdie medium wat ons
gebruik om te kommunikeer kompenseer nie daarvoor nie. Selfs nie eers
smileys kan kompenseer vir die ondeunde kyk in die oë nie. Gesien is hierdie
lig, vra dit deesdae ontsettende selfdissipline van my om twee maal te dink
voor ek my vingers op die keybord loslaat. Maar ek dink ek is stadig maar
seker besig om minder impulsief te wees, want ek het nou die gewoonte
aangekweek om dit eers weer 'n keer te lees voor ek die 'send' knoppie druk.

Oor die kwessie van identiteit het ek vrede gemaak. Dit is hoekom ek deesdae
onder my eie naam skryf, en my persoonlike epos adres gebruik. Mense hoef
nie te wonder wie ek is nie. Ek is wat jy sien. En as julle nou regtig meer
wil weet van hierdie outoppie gaan kyk by http://people.aapt.net.au/~wynro/
Dit is nie asemrowend nie, maar my eie poging, van A- Z ontwerp deur die
uwe - inhoud, grafika, die lot. DIT sê als :-).

Ek sou dus graag wou sien dat ons meningsverkille uitruil na hartelus,
vriendelik, gematig of hetig / heftig, maak nie saak nie. En of jy bloot net
skoor soek, soos Danielle sê, maak nie saak nie. Solank ons nie beledigend
raak of iemand se persoon aantas nie. Ek glo nie dit is te veel gevra nie,
of hoe?
Alwyn


> Alwyn:
> Dankie Jonas. Nee, ek wil nie meer faait nie. Dit is in my temperament
> om altyd anders te wees, en skoor te soek.

> Danielle:
> Alwyn, hierdie was 'n mooi boodskap en moeilik om te knip en net op
> een spesifieke gedeelte te reageer. Daarom herhaal ek maar die hele
> boodskap. Skuus. :)
Vorige onderwerp: wat gaan aan in die VSA
Volgende onderwerp: Kom ons trek ....
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Mei 11 18:49:40 MGT 2024