| Die ligtere sy...van Student wees [boodskap #24335] |
Di., 29 Junie 1999 00:00  |
Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029 Geregistreer: Augustus 1996
|
Senior Lid |
|
|
On Tue, 29 Jun 1999 10:59:12 GMT, Leendert van Oostrum wrote:
|> Jy is daar reg midde in die studentegemeenskap - is daar nog poetsbakkery
|> onder studente aan die gang ? Is dit nog dieselfde poetse van die jaar
|> voor die vark (my tyd op Tukkies) of het die aard daarvan verander?? Is
|> daar nog dosente wie se reputasie 50% daaruit bestaan hoe hy kon terugkap ??
|>
|
|Nee. Almal is vreeslik ernstig. Transformasie is 'n gewigtige saak, en
|'n multikuturele, Politiek Korrekte, gemeenskap laat nie veel ruimte,
|lyk dit my, vir grappies nie. Grappies word gevaarlik.
Hieroor kan ons net treur en maar vir mekaar stories uit die ou tyd vertel...toe
dit nog 'n sorgvrye lewensstyl verteenwoordig het. Behalwe nou vir
eksamentyd...
Seker die mees klassieke universiteitsstorie is die eksamen vraestel waarop die
student 'n klip geteken het met 'n notatjie by : "Die antwoord is onder die
klip"
Toe hy sy vraestel terugkry, sien hy die proffie het ook 'n klip geteken met
hierdie nota daarby: "Jou punte is onder hierdie klip"
en dan is daar Prof Schoombee van RAU - briljante viskundige, maar "effens"
verstrooid en baie geliefd onder die studente. 'n Vriendin van my was in sy
klas toe hy voor 'n vistenk staan en verduidelik. Op een stadium wil hy 'n vis
uithaal - skuif toe ook sy baadjie en witjas mou hoog op. En toe steek hy die
ander hand en moue in die water .....
Vere Ferreira het vertel waar Prof Schoombee op die labs se dak by hom kom staan
het waar hy oor 'n mikroskoop gebuig was, besig om visskubbe se jaarringe te
tel. Hy het nie opgekyk nie, maar skielik het die prof se stem net verdwyn.
Metdat Vere omkyk, sien hy net prof se kop verskyn bo die rabnd van een van die
visdamme wat daar op die dak is. Hy het blykbaar so al geselsend
agteruitgetree en nie besef hy is naby 'n visdam nie...
Dit was darem vreeslike lekker dae daardie.
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: Die ligtere sy...van Student wees [boodskap #24554 is 'n antwoord op boodskap #24335] |
Di., 06 Julie 1999 00:00  |
Johann de Jager
Boodskappe: 30 Geregistreer: April 1999
|
Volle Lid |
|
|
So 'n klompie jare gelede, toe ek nog na-uurs klas gedraf het, het 'n
prokureur 'n sekere vak aangebied.
Hy koop toe op 'n stadium vir hom 'n motor en ons moes twee maal per week sy
klagtes aanhoor oor al die foute en hoe hy sukkel met die betrokke
handelaar.
Hak een student een aand af met: "Ek dink dit is tyd dat jy vir jou 'n goeie
prokureur kry!". Ons het nooit weer iets gehoor van die motor se skete
nie...
Groetnis
Johann
|
|
|
|