Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » verworpene
verworpene [boodskap #153280] So., 18 Oktober 2026 08:03
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 26888
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
Senior Lid
verworpene
Afbreking: ver•wor•pe•ne
Samestelling: verworpe + -ne


Selfstandige naamwoord: verworpene
Meervoud: verworpenes

Betekenis:
• Iemand wat verwerp of verstoot is en nie deur ander aanvaar of as deel van 'n groep beskou word nie.

Gebruik:
• Almal voel op die een of ander tydstip in hul lewe soos 'n verworpene, maar niemand is sonder waarde nie.
• Jesus het uitgereik na die swakkes, die gebrokenes en die verworpenes van die samelewing.

Sinoniem:
• uitgeworpene
• verdoemeling
• verskoppeling
• verstoteling
• verstotene
• verworpeling

Antoniem:
• aanvaarde
• uitverkorene

Vertaling:
Engels: outcast, rejected person
Nederlands: verworpene, verstotene

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: bedwing
Volgende onderwerp: kleinkry
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo. Okt. 21 05:07:20 UTC 2026