| eiervreter [boodskap #153029] |
Vr., 25 September 2026 14:18 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 26840 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
|
Senior Lid |
|
|
eiervreter
Afbreking: ei•er•vre•ter
Samestelling: eier + vreter
Selfstandige naamwoord: eiervreter
Meervoud: eiervreters
Verkleinwoord: eiervretertjie
Meervoud van verkleining: eiervretertjies
Betekenis:
• 'n Nie-giftige slang wat hoofsaaklik voëleiers vreet, genus Dasypeltis.
• Enige ander dier wat eiers vreet.
Gebruik:
• Die eiervreter leef in bome, termiethope en klipbanke, word 45 tot 75 cm lank en kom regoor Suid-Afrika voor.
• Kraaie is opportunistiese eiervreters en sal voëlneste plunder wanneer hulle die kans kry.
Vertaling:
Engels: egg-eater
Nederlands: eiereter, eiervreter
Tswana: lesolamae
Xhosa: idlaqanda
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|