Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » alomgelief
alomgelief [boodskap #152809] Di., 08 September 2026 09:32
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 26548
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
Senior Lid
alomgelief
Afbreking: al•om•ge•lief
Samestelling: alom + gelief


Byvoeglike naamwoord: alomgelief, alomgeliefd
Attributief: alomgeliefde

Betekenis:
• Intensiewe vorm van gelief: baie gelief; wat deur almal gelief is.

Gebruik:
• Die tannie was alomgelief vir haar gasvryheid en hartlikheid.
• Duisende aanhangers het die alomgeliefde aktrise se dood betreur.

Wisselvorm:
• geliefd

Sinoniem:
• bemind
• immergewild
• populêr

Antoniem:
• onbemind
• ongelief

Vertaling:
Engels: well liked, universally loved, widely beloved
Nederlands: alom geliefd

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: murgsag
Volgende onderwerp: bufferend
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa. Sep. 19 21:09:33 UTC 2026