Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » melancholie
melancholie [boodskap #152630] Sa., 22 Augustus 2026 12:08
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 26233
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
Senior Lid
melancholie
Afbreking: me•lan•cho•lie


Selfstandige naamwoord: melancholie
Meervoud:

Betekenis:
• 'n Gemoedstoestand gekenmerk deur diepe droefheid, pessimisme of onvervulde begeerte.

Gebruik:
• 'n Gevoel van melancholie het haar oorval.
• Opmerklik is Leonardo se melancholiese aantekening in sy dagboek: "Ek het gedink dat ek aan't leer was hoe om te lewe; ek het slegs geleer hoe om te sterf."

Wisselvorm:
• melankolie

Sinoniem:
• bedruktheid
• depressie
• droefgeestigheid
• droefheid
• melankolie
• mismoedigheid
• mistroostigheid
• neerslagtigheid
• ongelukkigheid
• pessimisme
• somberheid
• swartgalligheid
• swaarmoedigheid
• terneergedruktheid
• treurigheid
• weemoed

Antoniem:
• blymoedigheid
• opgewektheid
• vrolikheid

Afgelei:
• melancholies
• melancholikus

Vertaling:
Engels: melancholy
Nederlands: melancholie

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: dioptaas
Volgende onderwerp: melancholikus
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So. Aug. 23 17:25:43 UTC 2026