Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » uitvissing
uitvissing [boodskap #152563] Ma., 17 Augustus 2026 15:34
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 26157
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
Senior Lid
uitvissing
Afbreking: uit•vis•sing
Samestelling: uitvis + -ing


Selfstandige naamwoord: uitvissing
Meervoud: uitvissinge, uitvissings

Betekenis:
• 'n Bedrieglike poging om vertroulike inligting van iemand te bekom.

Gebruik:
• Die bank het sy kliënte gewaarsku teen uitvissing waarin bedrieërs probeer om hul bankbesonderhede te bekom.

Sinoniem:
• strikroof

Hiponiem:
• e-posuitvissing
• SMS-uitvissing

Afgelei:
• uitvissingbedrog
• uitvissingboodskap
• uitvissings-e-pos
• uitvissingsaanval
• uitvissingsveldtog

Vertaling:
Engels: phishing
Nederlands: phishing

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.

[Bygewerk op: Ma., 17 Augustus 2026 15:37]

Rapporteer boodskap aan 'n moderator

Vorige onderwerp: kettingbrief
Volgende onderwerp: uitvis
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma. Aug. 17 20:55:07 UTC 2026