Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » onvas
onvas [boodskap #152287] Di., 21 Julie 2026 09:37
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 25893
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
onvas
Afbreking: on•vas
Samestelling: on- + vas


Byvoeglike naamwoord: onvas
Vergrotende trap: onvaster
Oortreffende trap: onvasste
Attributief: onvaste

Betekenis:
• Wat nie stewig, stabiel of vas is nie.
• Wat onseker of nie betroubaar is nie.

Gebruik:
• Die man is onvas op sy voete. Die tafel staan onvas omdat sy een poot korter is.
• Almal soek vastigheid in 'n onvaste wêreld.

Sinoniem:
• lamlendig
• lendelam
• onbestendig
• onseker
• onstabiel
• twyfelagtig
• veranderlik
• wankelrig
• wrikbaar

Antoniem:
• stabiel
• stewig
• vas

Afgelei:
• onvastheid

Vertaling:
Engels: unsteady, unstable; uncertain
Nederlands: onvast

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.

[Bygewerk op: Di., 21 Julie 2026 15:00]

Rapporteer boodskap aan 'n moderator

Vorige onderwerp: taalvoorkeur
Volgende onderwerp: waterliewend
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo. Jul. 22 05:44:24 UTC 2026