Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » skede
skede [boodskap #151995] Wo., 24 Junie 2026 11:33
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 25641
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
skede
Afbreking: ske•de


Selfstandige naamwoord: skede
Meervoud: skedes
Verkleinwoord: skedetjie
Meervoud van verkleining: skedetjies

Betekenis:
• 'n Omhulsel of houer, tipies vir 'n lem of steekwapen.
• Die buitenste beskermende laag rondom 'n orgaan.

Gebruik:
• Daarna het die Here met die engel gepraat en hy het sy swaard in die skede teruggesit. [1 Kronieke 21:27]
• Die senuweestelsel word deur 'n skede van miëlien beskerm.

Spreekwoord:
• Die swaard uit die skede trek. [Die stryd aansê.]
• Die swaard in die skede steek. [Die stryd staak.]

Sinoniem:
• bedekking
• huls
• koker
• omhulsel

Hiponiem:
• bajonetskede
• blaarskede
• bladskede
• blomskede
• breipenskede
• messkede
• swaardskede
• sabelskede
• spierskede
• vaatbondelskede

Afgelei:
• skedeagtig
• skedeontsteking

Vertaling:
Engels: sheath, scabbard
Nederlands: schede

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: miëlienskede
Volgende onderwerp: teëhou
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma. Jun. 29 03:46:19 UTC 2026