| teëhou [boodskap #151996] |
Wo., 24 Junie 2026 11:54 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 25945 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
teëhou
Afbreking: te•ë•hou
Samestelling: teë + hou
Werkwoord: hou teë, teëhou
Verlede tyd: het teëgehou
Teenwoordige deelwoord: teëhouend, teëhouende
Verlede deelwoord: teëgehoude
Betekenis:
• Om iets of iemand te keer, terug te hou of te verhinder.
Gebruik:
• Die polisie hou die oproerige skare teë.
• Sy het haar trane so lank as wat sy kon teëgehou.
Wisselvorm:
• teenhou
Sinoniem:
• afweer
• hinder
• inhibeer
• keer
• kniehalter
• rem
• stuit
• verhinder
• weerhou
Afgelei:
• teëhouding
• teëhouer
Vertaling:
Engels: to hold back, restrain, impede, obstruct
Nederlands: tegenhouden
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|