Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Re: Sonnekering
| Re: Sonnekering [boodskap #3260] |
Do., 18 Desember 2003 23:44  |
Lorinda
Boodskappe: 557 Geregistreer: Augustus 2003
|
Senior Lid |
|
|
"Sterrenkijker" skryf in boodskap news:drv3uv4lcigjnvoqj8d7i83gqccmtu1soc@4ax.com...
> Hallo, elkeen,
>
> Dis vandag die 18de Desember. Nog slegs 'n paar dae en die sonnekering
> kom. In Suid-Afrika is dit nou baie mooi weer, warm en lange dae. Hier
>
Moet asseblief nie kruispos tussen die twee groepe nie Norbert!
Lorinda
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: Sonnekering [boodskap #3327 is 'n antwoord op boodskap #3314] |
So., 21 Desember 2003 23:51   |
Sterrenkijker
Boodskappe: 654 Geregistreer: Desember 2003
|
Senior Lid |
|
|
On Sun, 21 Dec 2003 02:32:11 +0200, "Elaine" wrote:
> Jou bloed moet seker dun wees om hierdie hitte te hanteer! Shame, en my
> vriend is 'n Suid-Afrikaner, na 'n jaar kan hy nie eers meer sy eie land se
> hitte hanteer nie. Ek dink nie hy sal gou weer kom kuier nie!
Ja, hierdie skyn waar te wees. Ek het dit geleer toe ek nog 'n seeman
was. Dit skyn suiwer biologies te wees en dis waarskynlik ook die rede
waarom die meeste seeliede vroeg sterwe van hartsiektes: hulle bloed
moet voortdurend aanpas an andere temperature. Daardie bloedneus wat
mans kry as hulle na warmere kontreie oorstap is my nie onbekend nie.
Jy moet vir jou vriend sê hy moet na Suid-Afrika gaan as dit daar
herfs of lente is, of miskien selfs in die winter. Wis jy dit is nou
enig iets wat ek in my lewe nooit sal doen: sommer in 'n enkele dag
van die kou na die warmte gaan.
Tja, as jy self blank is, Elaine, dan is die logiese konsekwensie nog
steeds: blankes hoort nie tuis in Afrika, nie! Dit sal nog wel 'n paar
duisend jaar duur voordat dit so ver is (genetiese aanpassing).
Is jy nog steeds by ananzi.co.za? Ek het nogtans gedog dis verander in
mighty.co.za?
Baie groete,
Norbert (uit Vlaandere)
|
|
|
|
|
|
| Re: Sonnekering [boodskap #3330 is 'n antwoord op boodskap #3327] |
Ma., 22 Desember 2003 00:25   |
Elaine
Boodskappe: 2947 Geregistreer: Desember 2003
|
Senior Lid |
|
|
Ek hoort in Afrika, op die oomblik kan ek myself in Europa sien vir 'n kort
tydjie. Afrika is nou maar een maal in my bloed. Dis dalk nie so vir almal
nie, maar dis is vir my. Ek dink ek sal ongelooflik depressief raak in
Engeland waar dit so baie reën en "grys" is. Ek moan oor die hitte, maar ek
sal doodgaan daarsonder :)
Mighty.co.za is net 'n email verskaffer - ananzi is 'n search engine wat
gratis email aanbied, maar dit lyk tog asof ananzi dalk by mighty inskakel
of deel is van mighty of andersom. Ja, ek's nog steeds by ananzi. Ek het
iets soos 10 email adresse - ananzi is maar net een van baie :-))
Elaine
"Sterrenkijker" wrote:
> Tja, as jy self blank is, Elaine, dan is die logiese konsekwensie nog
> steeds: blankes hoort nie tuis in Afrika, nie! Dit sal nog wel 'n paar
> duisend jaar duur voordat dit so ver is (genetiese aanpassing).
> Is jy nog steeds by ananzi.co.za? Ek het nogtans gedog dis verander in
> mighty.co.za?
>
> Baie groete,
>
> Norbert (uit Vlaandere)
>
|
|
|
|
| Re: Sonnekering [boodskap #3399 is 'n antwoord op boodskap #3327] |
Vr., 26 Desember 2003 07:43   |
Suidwester
Boodskappe: 1579 Geregistreer: Augustus 2003
|
Senior Lid |
|
|
Nee, nee! Nou koers jy heel in die verkeerde rigting! Waar's jou
wetenskaplike kennis? Bloot op kleure dan is juis die diere wat gineties
aangepas is vir hittebestandheid, lig van kleur met spesifieke kolle van wit
vir afkoeling. 'n Swart man kry veel gouer warm as 'n wit man.......met
voorbehoud dat hulle op dieselfde plek geaklimatiseer is. Hier by ons in
Suidwes is die binneland donners warm en hier by ons by die kus waai die
koel wind vanoor die see die hele dag en is dit baie koel. Kom die
binnelanders vir vakansie see toe, dan loop ons nog kortbroek en kaalarms
rond en dan trek hulle baadjies aan. Kom ons seevoete in die binneland in
die somer dan is dit net so dan vrek ons van die hitte en jy kan maar kyk
wie sweet eerste......die swart ouens. Swart trek mos hitte.
Net so vir die interessantgeid, ek lees lank gelede dat doer in Siberi�
word dit glo maklik so -70°C en eet die ouens in die somer diervet dat die
biesies bewe om self 'n vet pens te kry sodat dit help met die veg teen die
winter se koue. Hulle reken dat hier by 20°C onder vriespunt, trek hulle
vir die eerste keer baadjie aan. Aan die anderkant, is hier by ons suide
'n plek soos Keetmanshoop waar die son jou vrekbrand as hy jou alleen kry.
Kry maklik 50°C daar en hier by 20� begin die manne al vir baadjie se kind
loer. Hier by ons kus se daaglikse 15-23°C kan jy altyd 'n suideman
uitken....hy gaan nêrens sonder sy baadjie nie!
"Sterrenkijker" skryf in boodskap news:tpacuvgfjsuccuq105ih597uo8233n1mdb@4ax.com...
> On Sun, 21 Dec 2003 02:32:11 +0200, "Elaine"
> wrote:
>
> Tja, as jy self blank is, Elaine, dan is die logiese konsekwensie nog
> steeds: blankes hoort nie tuis in Afrika, nie! Dit sal nog wel 'n paar
> duisend jaar duur voordat dit so ver is (genetiese aanpassing).
> Is jy nog steeds by ananzi.co.za? Ek het nogtans gedog dis verander in
> mighty.co.za?
>
> Baie groete,
>
> Norbert (uit Vlaandere)
>
|
|
|
|
| Re: Sonnekering [boodskap #3400 is 'n antwoord op boodskap #3399] |
Vr., 26 Desember 2003 13:37   |
Sterrenkijker
Boodskappe: 654 Geregistreer: Desember 2003
|
Senior Lid |
|
|
Geagte Suidwester,
Ek is nie 'n bioloog nie maar ek weet tog dat, as ons hier die
situasie in Europa bekyk, hoe meer 'n mens noordeliker gaan hoe bleker
die vel van die mense word.
Dit het 'n rede! Ons liggaam het vitamine D nodig vir ons
kalkhuishouding en nog vir andere funksies in ons liggaam. Party
vitamine D kry ons via ons voedsel maar die res kom van die son. Dis
die ultravioletstraling van die son wat in ons vel 'n provitamine D
maak en ons liggaam self doen die res.
Swartmense het 'n swart vel en dis net omdat hulle meer
ultravioletstraling kry as hulle nodig het. Dis normaal: jy weet mos
dat ook wit mense 'n bruin vel kry as hulle lank in die son vertoef.
Maar by swartmense is die vorming van pigment al geneties ingebou.
Oorspronklik was ons almal swartmense! Dis deur die migrasie van die
mense vanuit Afrika na die noorde toe dat ons, deur genetiese
aanpassing, geleidelik aan 'n wit vel gekry het!
Ek sal nie ontken nie swart ouens kry dit eerder warm as jy in jou
kontreie as die son rêrig hoog staan, net omdat hulle vel swart is en
warmte aantrek. Maar watter een sal eerder brandskade hê op sy vel? Ek
weet seker dis jy! As ek hier in Vlaandere in die somer kus toe gaan
moet ek seker nie lank bloot in die son loop nie want dan weet ek die
andere dag kan ek my rug afskil soos 'n piesang! Deur die sand is die
straling so baie hewig daar! In die winter is dit net die omgekeerde:
in Desember is die dae hier baie kort en donker (soos dit nou is) en
dan het ek steeds las van 'n winterdepressie omdat dit net so die
ganse dag duister is. Ek neem dan 'n bad in die straling van 'n
hoogtesonlamp. Glo my: dit doen so baie aangenaam! 'n Mens voel se eie
daarna heeltemal anders!
Daar is meer as één soort van lig in die sonlig. Dit gaan van
infrarood oor groen tot ultraviolet. Infrarood gee slegs warmte maar
ultraviolet is 'n kragtige lig wat ook skeikundige reaksies veroorsaak
in ons vel. Swartmense het 'n natuurlike pigmentering om hul eie van
daardie ultravioletstraling af te skerm. Swartmense is ook nie rêrig
geskape om in kontreie te woon waar die son bykans nie skyn nie. Daar
is min swartmense in sulke kontreie. Ek kan me eie goed inbeeld
waarom!
As die afstammelinge van die witmense wat nou in Afrika is oor 5000
jaar nog steeds in Afrika is dan sal ons sien hulle sal nie meer rêrig
witmense wees nie. Hulle sal seker 'n bietjie bruiner geword het dan
hulle voorouers van vandag. Ek is benoud daar sal selfs party onder
hulle wees wat dan 'n swart vel sal hê, of tenminste 'n velkleur soos
die Khoi en die San nou het! As jy twyfel an my uitsprake hier moet jy
maar wetenskappers vra of ek reg is. Maar ek glo ek ken hulle antwoord
reeds!
Baie groete!
Norbert (uit Vlaandere)
On Fri, 26 Dec 2003 09:43:59 +0200, "Suidwester" wrote:
> Nee, nee! Nou koers jy heel in die verkeerde rigting! Waar's jou
> wetenskaplike kennis? Bloot op kleure dan is juis die diere wat gineties
> aangepas is vir hittebestandheid, lig van kleur met spesifieke kolle van wit
> vir afkoeling. 'n Swart man kry veel gouer warm as 'n wit man.......met
> voorbehoud dat hulle op dieselfde plek geaklimatiseer is. Hier by ons in
> Suidwes is die binneland donners warm en hier by ons by die kus waai die
> koel wind vanoor die see die hele dag en is dit baie koel. Kom die
> binnelanders vir vakansie see toe, dan loop ons nog kortbroek en kaalarms
> rond en dan trek hulle baadjies aan. Kom ons seevoete in die binneland in
> die somer dan is dit net so dan vrek ons van die hitte en jy kan maar kyk
> wie sweet eerste......die swart ouens. Swart trek mos hitte.
> Net so vir die interessantgeid, ek lees lank gelede dat doer in Siberië
> word dit glo maklik so -70ºC en eet die ouens in die somer diervet dat die
> biesies bewe om self 'n vet pens te kry sodat dit help met die veg teen die
> winter se koue. Hulle reken dat hier by 20ºC onder vriespunt, trek hulle
> vir die eerste keer baadjie aan. Aan die anderkant, is hier by ons suide
> 'n plek soos Keetmanshoop waar die son jou vrekbrand as hy jou alleen kry.
> Kry maklik 50ºC daar en hier by 20º begin die manne al vir baadjie se kind
> loer. Hier by ons kus se daaglikse 15-23ºC kan jy altyd 'n suideman
> uitken....hy gaan nêrens sonder sy baadjie nie!
> "Sterrenkijker" wrote in message
> news:tpacuvgfjsuccuq105ih597uo8233n1mdb@4ax.com...
>> On Sun, 21 Dec 2003 02:32:11 +0200, "Elaine"
>> wrote:
>>
>> Tja, as jy self blank is, Elaine, dan is die logiese konsekwensie nog
>> steeds: blankes hoort nie tuis in Afrika, nie! Dit sal nog wel 'n paar
>> duisend jaar duur voordat dit so ver is (genetiese aanpassing).
>> Is jy nog steeds by ananzi.co.za? Ek het nogtans gedog dis verander in
>> mighty.co.za?
>>
>> Baie groete,
>>
>> Norbert (uit Vlaandere)
>>
>
|
|
|
|
| Re: Sonnekering [boodskap #3401 is 'n antwoord op boodskap #3400] |
Vr., 26 Desember 2003 15:13  |
Suidwester
Boodskappe: 1579 Geregistreer: Augustus 2003
|
Senior Lid |
|
|
Ek weet ook nie veel van die wetenskaplike redes nie, maar logika sê vir my
jy is dalk nie heeltemal reg nie:
"Sterrenkijker" skryf in boodskap news:9jaouv4mfa7fh5nsnggup0730ho8k25t05@4ax.com...
>>
> Swartmense het 'n swart vel en dis net omdat hulle meer
> ultravioletstraling kry as hulle nodig het.
So jy reken swart babatjies word wit gebore tot hulle son kry?
Dis normaal: jy weet mos
> dat ook wit mense 'n bruin vel kry as hulle lank in die son vertoef.
Die sonbrand waarvan jy praat het niks met pigmentasie te doen nie. 'n
Swart mens brand net so lekker in harde son as wat 'n wit vel dit doen.
> Oorspronklik was ons almal swartmense! Dis deur die migrasie van die
> mense vanuit Afrika na die noorde toe dat ons, deur genetiese
> aanpassing, geleidelik aan 'n wit vel gekry het! Dis interressant! So Adam [as jy die Bybel glo] was swart? Vertel meer!
> Ek sal nie ontken nie swart ouens kry dit eerder warm as jy in jou
> kontreie as die son rêrig hoog staan, net omdat hulle vel swart is en
> warmte aantrek. Maar watter een sal eerder brandskade hê op sy vel?
Jy moenie julle Europeërs se velle probeer vergelyk met dit wat in Afrika
aangaan nie. 'n Swart man daar by julle vir 'n klompie jare wat in die fel
son van Afrika kom, gaan net so erg sonbrand optel, indien nie erger nie, as
'n wit vel.
As ek hier in Vlaandere in die somer kus toe gaan
> moet ek seker nie lank bloot in die son loop nie want dan weet ek die
> andere dag kan ek my rug afskil soos 'n piesang! Deur die sand is die
> straling so baie hewig daar! In die winter is dit net die omgekeerde:
> in Desember is die dae hier baie kort en donker (soos dit nou is) en
> dan het ek steeds las van 'n winterdepressie omdat dit net so die
> ganse dag duister is. Ek neem dan 'n bad in die straling van 'n
> hoogtesonlamp. Glo my: dit doen so baie aangenaam! 'n Mens voel se eie
> daarna heeltemal anders!
Ek kry jou so jammer as ek hier deur my venster kyk van my kantoor en ek
sien die son en die blou lig. 'n Wonderlike dag. Uit 365 dae in die jaar
het ons seker maklik 350+ dae van sonskyn oor 80% van die dag.
> Daar is meer as één soort van lig in die sonlig. Dit gaan van
> infrarood oor groen tot ultraviolet. Infrarood gee slegs warmte maar
> ultraviolet is 'n kragtige lig wat ook skeikundige reaksies veroorsaak
> in ons vel. Swartmense het 'n natuurlike pigmentering om hul eie van
> daardie ultravioletstraling af te skerm. Swartmense is ook nie rêrig
> geskape om in kontreie te woon waar die son bykans nie skyn nie. Daar
> is min swartmense in sulke kontreie. Ek kan me eie goed inbeeld
> waarom!
Hier weet ek nie of jou inligting korrek is nie. Ek ken biede wit en swart
mense wat in die woestyn woon en beide heel hittebestand is en het nog altyd
aanvaar dat die swart mense kry oor die hitte van die middag swaarder.
> As die afstammelinge van die witmense wat nou in Afrika is oor 5000
> jaar nog steeds in Afrika is dan sal ons sien hulle sal nie meer rêrig
> witmense wees nie.
Dit gaan fokol te doene hê met pigmentering! Eerder teëling.
Hulle sal seker 'n bietjie bruiner geword het dan
> hulle voorouers van vandag. Ek is benoud daar sal selfs party onder
> hulle wees wat dan 'n swart vel sal hê, of tenminste 'n velkleur soos
> die Khoi en die San nou het!
Die Khoi en die San is juis ligbruin omdat hulle geneties aangepas is om fel
son te kan weerstaan! Kyk na al die diere in die woestyn wat aangepas
het.....ligbruin, met 'n stuk wit vir die hogere uitstraling van hitte en 'n
stuk swart om hiite te gee vroegmôre na die koue van die woestyn se nag.
So wat jy eintlik moet sê is dat die wit velle minder warm kry in die dag en
die swart velle vinniger warm kry in die dag. Wat ek egter nie weet nie,
is of osmose nie dalk 'n swart vel die hitte vinniger laat uitstraal nie?
Verder net vir die snaaks: As jy dink 'n swart persoon kan nie 'tan' nie,
dan ken jy hulle glad nie!
Ek hoop jou Kersfees was wonderlik en 'n nugter Nuwe jaar vir jou.......as
straf! He-he!
|
|
|
|
| |
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Wo. Jul. 29 06:52:36 UTC 2026
|