| kweekhuisgas [boodskap #133844] |
Wo., 30 September 2020 16:04 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 26145 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
|
Senior Lid |
|
|
kweekhuisgas
Afbreking: kweek•huis•gas
Samestelling: kweekhuis + gas
Selfstandige naamwoord: kweekhuisgas
Meervoud: kweekhuisgasse
Betekenis:
• 'n Gas wat hitte vasvang en tot die kweekhuiseffek bydra.
Gebruik:
• Die belangrikste kweekhuisgasse in die Aarde se atmosfeer is koolstofdioksied, metaan, laggas, osoon en waterdamp.
Verwant:
• kweekhuiseffek
Vertaling:
Engels: greenhouse gas
Nederlands: broeikasgas
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|