| omnivoor [boodskap #132221] |
Sa., 18 Julie 2020 09:05 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 25519 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
omnivoor
Afbreking: om•ni•voor
Selfstandige naamwoord: omnivoor
Meervoud: omnivore
Verkleinwoord: omnivoortjie
Meervoud van verkleining: omnivoortjies
Betekenis:
• 'n Dier wat beide dierlike en plantaardige voedsel vreet.
Gebruik:
• Omnivore is minder kwesbaar vir veranderinge in hul ekosisteem omdat hulle minder gespesialiseer as die karnivore en herbivore is en wyd en syd na kos soek.
Sinoniem:
• alleseter
Verwant:
• herbivoor
• karnivoor
Vertaling:
Engels: omnivore
Nederlands: omnivoor
Nota:
• Van Latyn: omne (die hele ding of alles) en die agtervoegsel -vorus (etend, eter).
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|