Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » herbivoor
herbivoor [boodskap #132220] Sa., 18 Julie 2020 09:03
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 26301
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
Senior Lid
herbivoor
Afbreking: her•bi•voor


Selfstandige naamwoord: herbivoor
Meervoud: herbivore
Verkleinwoord: herbivoortjie
Meervoud van verkleining: herbivoortjies

Betekenis:
• 'n Dier wat hoofsaaklik plantaardige voedsel vreet.

Gebruik:
• 'n Herbivoor se tande is aangepas om plantaardige materiaal te kneus en te maal.
• Diere soos hase, bokke, seekoeie en olifante is herbivore.

Sinoniem:
• planteter
• primêre verbruiker

Verwant:
• omnivoor
• karnivoor

Vertaling:
Engels: herbivore
Nederlands: herbivoor

Nota:
• Van Latyn: herba (gras, kruid, plant) en -vorus (etend, eter).

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: bomwerper
Volgende onderwerp: omnivoor
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa. Aug. 29 06:30:32 UTC 2026