| halogeen [boodskap #131762] |
Ma., 22 Junie 2020 20:05 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 25523 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
halogeen
Afbreking: ha•lo•geen
Samestelling: halo- + -geen
Selfstandige naamwoord: halogeen
Meervoud: halogene
Betekenis:
• 'n Chemiese element in groep 17 van die periodieke tabel waarvan die buitenste elektronskil sewe elektrone het.
Gebruik:
• Halogene reageer maklik met metale om haliede te vorm.
Hiponiem:
• fluoor
• chloor
• broom
• jodium
• astaat
• tennessien
Afgelei:
• halogeenlamp
• halogeensout
• halogeenverbinding
Vertaling:
Engels: halogen
Nederlands: halogeen
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|