| edelgas [boodskap #131763] |
Ma., 22 Junie 2020 20:07 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 25518 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
edelgas
Afbreking: edel•gas
Samestelling: edel + gas
Selfstandige naamwoord: edelgas
Meervoud: edelgasse
Betekenis:
• 'n Chemiese element in groep 18 van die periodieke tabel wat stabiel en onreaktief is omdat die buitenste energievlak met elektrone gevul is.
Gebruik:
• Die edelgasse is kleur- en reukloos en vorm selde verbindings omdat hulle s- en p-orbitale volledig gevul is.
Hiponiem:
• helium
• neon
• argon
• kripton
• xenon
• radon
Vertaling:
Engels: noble gas, inert gas
Nederlands: edelgas
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|