Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » Depressie ('n Geveg waarin baie hulself bevind... )
Depressie [boodskap #131454] Sa, 30 Mei 2020 19:05
van Wyk  is tans af-lyn  van Wyk
Boodskappe: 1
Geregistreer: Mei 2020
Karma: 1
Junior Lid
Onverwags kom jy
onophoudelik!
'n dief in die nag
my drome kom steel
realiteit 'n nagmerrie gemaak
my eens wegbreek na fantasie, ontneem.

die hede
'n spel van 'slangetjies en leertjies'
vir 'n splitsekond - sewende hemel
trappe, geen ruskans of gevestigde fondasie
'n donkerte
geen vuurvliegie in sig - hoe beskryf jy dit?

MAAR
Jy is my skuiling
dié Een, my lewende en standvastige anker
my gedagtes alweer in volgorde geplaas.

Die hemelruim
só rustig
my gelukbringer
en toevlug teen die skreeuende stemme,
keer-op-keer die vier mure probeer oorwin.

Soveel uitdagings
kanse gegee, weer-en-weer
deur storms, diepe waters en winde sterker as dié mensdom
antwoorde, weggesteek en begrawe op die lewenspad
angs, bekommernis, skuld, stres en vrees

My hulp kom net van U.


Vorige onderwerp: AG Visser
Volgende onderwerp: Hulp met ontleding van gedig:Liefdeswoord deur Antjie Krog
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mar 28 18:17:40 MGT 2024