Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » AG Visser
AG Visser [boodskap #103083] So, 15 Mei 2005 09:54 na volgende boodskap
DIEK HENNING[2]  is tans af-lyn  DIEK HENNING[2]
Boodskappe: 7
Geregistreer: Januarie 2005
Karma: 0
Junior Lid
Kan iemand asseblief help met die woorde van die volgende:

1. Toe Noag land op Ararat

2. Kinders was nog kinders toe ons nog kinders was

3. As ou tan Siena straat op loop
Re: AG Visser [boodskap #130251 is 'n antwoord op boodskap #103083] Ma, 09 Maart 2020 20:51 Na vorige boodskap
Jan die Man  is tans af-lyn  Jan die Man
Boodskappe: 514
Geregistreer: Mei 2018
Karma: 22
Senior Lid
Nat en Sap
(deur A.G. Visser)

Toe Noag strand teen Ararat,
Die Ark begin in puin raak,
Toe sê hy: ‘Aarde, maar dis nat!
Nou kan 'n mens weer tuin maak!

Het ek nie met die Ark geswoeg,
Was ons ook in die pekel.
Aan water het ek nou genoeg ...
'n Lewenslange hekel.

Kom, Sem en Gammie, maak nou gou
Vir Pa mooi reguit slootjies;
En Jaaf, my kind, kom plant jy nou
Vir Pa die wingerdlootjies.’

Die kromhout groei, en Noag skink
Sy sap 'n bietjie later:
Daarin is sedert meer verdrink
As in die Vloed se water!
Vorige onderwerp: As Kersfees kom
Volgende onderwerp: Depressie
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mar 28 13:11:18 MGT 2024