| Australie [boodskap #12845] |
Ma., 23 Februarie 1998 00:00  |
andr...
Boodskappe: 62 Geregistreer: September 1997
|
Volle Lid |
|
|
Die nuwe land van melk en heuning! Stel jy belang om te immigreer? Kontak my vir verdere inligting.
Groete
Andre
andr...@cis.co.za
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: Australië [boodskap #61899 is 'n antwoord op boodskap #61880] |
Vr., 10 Mei 2002 20:20   |
|
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Dave Du Plessis wrote:
> LOL... Tobie, ek het die slegte gewoonte
> om tussen die lyne te lees:-)))))))))
Jy het die baie baie slegte gewoonte
om anglisistiese frases te gebruik.
Tant Hessie van die Derde Republiek
se taalkomitee.
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: Tussen die reëls [boodskap #61934 is 'n antwoord op boodskap #61932] |
Sa., 11 Mei 2002 14:07   |
Hilda
Boodskappe: 383 Geregistreer: Augustus 2003
|
Senior Lid |
|
|
"Arthur" skryf in boodskap news:abj3gp$1e4v$1@news.kabelfoon.nl...
> "johanls" schreef...
>> Nee, dis nie `n fout nie. Ons spreek wel die "n" uit. Ek kan nie dink dat
>> ek iemand al gehoor praat het wat nie die "n" uitspreek nie.
>
> In Afrikaans word eintlik altyd die 'n' aan die einde van woorde wat ons nog
> wel skryf (maar nie uitspreek nie) weggelaat. Dis opvallend dat dit met
> 'tussen' nie gebeur het nie, in teendeel, dat in Afrikaans die 'n' juis wel
> uitgespreek wordt! Is daar nog meer woorde in Afrikaans wat op 'en'
eindig?
Laken, baken, wapen, teken, deken ... Dit is almal woorde wat 'n 's'
meervoud het. Ander woorde, wat in Nederlands op 'en' eindig , soos bv;
'kussen' het in Afrikaans 'ing' gekry : kussing ; toren : toring ; varen :
varing ... Dit is natuurlik almal selfstandige naamwoorde, waar 'tussen' 'n
voorsetsel is.
Dis wel interessant om te sien dat in woorde soos 'ete' wat die 'n' verloor
het, die 'n' weer daar is in saamgestelde woorde soos bv. 'etenstyd'. Of
'oop' (Nl : open)en 'openlik'.
Hilda.
|
|
|
|
| Re: Tussen die reëls [boodskap #61937 is 'n antwoord op boodskap #61932] |
Sa., 11 Mei 2002 17:27   |
|
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Arthur wrote:
>
> In Afrikaans word eintlik altyd die 'n' aan die einde van woorde wat ons nog
> wel skryf (maar nie uitspreek nie) weggelaat. Dis opvallend dat dit met
> 'tussen' nie gebeur het nie, in teëndeel, dat in Afrikaans die 'n' juis wel
> uitgespreek wordt! Is daar nog meer woorde in Afrikaans wat op 'en' eindig?
Ek dink jy praat egter van appels en lemoene
hier, Arthur. Die eind-n- wat in Afrikaans
weggelaat word en in Nederlands behou word,
veral in die skryftaal, is byna sonder
uitsondering meervoude.
"Tussen" val nie in hierdie kategorie
nie. Ek verbaas my selfs dat julle "tusse"
foneties in Nederlands uitspreek.
Gloudina
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: Tussen die reëls [boodskap #61951 is 'n antwoord op boodskap #61939] |
Sa., 11 Mei 2002 21:35   |
Annette
Boodskappe: 11111 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Arthur, ons normale mense hier praat ook van appels en pere.
Gloudina het weer antieks gepraat:))
Annette
"Arthur" skryf in boodskap news:abjlnr$20lo$1@news.kabelfoon.nl...
> Gloudina schreef...
>> Ek dink jy praat egter van appels en lemoene
>> hier, Arthur. Die eind-n- wat in Afrikaans
>> weggelaat word en in Nederlands behou word,
>> veral in die skryftaal, is byna sonder
>> uitsondering meervoude.
>> "Tussen" val nie in hierdie kategorie
>> nie. Ek verbaas my selfs dat julle "tusse"
>> foneties in Nederlands uitspreek.
>
> Hier praat ons van appels en pere :)
>
> Ek laat in my taalgebruik byna al die 'n'e aan die eind van woorde wat op
> 'en' eindig weg. Daar is natuurlik dialekte wat dit nie doen nie.
>
> Ek is nie seker of in ABN die 'n'e eintlik wel uitgespreek moet word nie. Ek
> het sojuis 'n quiz op Nederland 1 en 'n programma op die BRT (België) gesien
> en in beide het ek geen 'n'e aan die eind van woorde kan hoor nie.
>
> Groete,
> Arthur
>
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: Tussen die reëls [boodskap #61996 is 'n antwoord op boodskap #61985] |
So., 12 Mei 2002 22:48  |
Wouter Plaasvark
Boodskappe: 1004 Geregistreer: Mei 2006
|
Senior Lid |
|
|
> En Arthur vra:
>> Is daar nog meer woorde in Afrikaans wat op 'en' eindig?
> Dave
> Ons slaap op 'n laken en gooi môreoggend 'n deken
> oor die bed Arthur.
> Wouter
> Ek reken jy teken hiermee 'n skarlaken baken, Dave
Dave
Eintlik wil Arthur net Afrikaans as nader aan Nederlands bewys
as wat ons wil erken, Wouter. Dis verstommend hoe soveel
woorde in Nederlands met dieselfde laaste twee letters eindig.
Wouter
Ons weet almal die Nederlandse dialek is naby aan Die Taal.
Dis net jammer dis vir so baie van ons steeds onverstaanbaar
;-)
|
|
|
|