| stootskraper [boodskap #130460] |
Ma., 23 Maart 2020 19:43 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 25514 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
'n Stootskraper.
stootskraper
Afbreking: stoot•skra•per
Samestelling: stoot + skraper
Selfstandige naamwoord: stootskraper
Meervoud: stootskrapers
Verkleinwoord: stootskrapertjie
Meervoud van verkleining: stootskrapertjies
Betekenis:
• 'n Trekker met 'n groot lem aan die voorkant wat gebruik word om grond te verskuif en paaie gelyk te maak.
Gebruik:
• Die boer het 'n stootskraper gehuur om die grondpaaie op sy plaas te skraap.
Vertaling:
Engels: bulldozer
Nederlands: laadschop, bulldozer
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|