Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » As Kersfees kom (deur A.G. Visser)
As Kersfees kom [boodskap #128805] Ma, 23 Desember 2019 20:41
Jan die Man  is tans af-lyn  Jan die Man
Boodskappe: 514
Geregistreer: Mei 2018
Karma: 22
Senior Lid
As Kersfees kom

Ballade

As Kersfees kom - geseënde tyd -
Dan word 'n droewe wêreld bly,
Gaan harte oop, staan deure wyd
Al waar die milde invloed sprei
Van vrede, vrindskap, goeie wil,
Wat meng in soete harmony -
Die boodskap laat ons harte tril ...
Maar môre gaan ons weer baklei!

As Kersfees kom en vrind'likheid
In goeie Sinter-Klaas-livrei,
Heers wyd en syd beminlikheid
In kerke en stande streng geskei.
Dan, blykbaar, is daar geen verskil,
Die Vredevors al toegewy:
Warm word 'n wêreld doods en kil ...
Maar môre gaan ons weer baklei!

As Kersfees kom, wyk kleinigheid;
Vergeet een ieder sy party;
Wyk wanguns en venynigheid
Wat broeders van malkander skei.
Dan swyg die dwarstrek-geeste stil
Voor vrede-engelesang en -rei -
Dié kom so graag as ons net wil ...
Maar môre gaan ons weer baklei!

l'Envoi

Die Kersfeesgees, die goeie wil,
Die spreek tot U, die spreek tot my:
Sy boodskap laat ons harte tril ...
Maar môre? - Gaan ons weer baklei?
Vorige onderwerp: Kinders grootmaak
Volgende onderwerp: AG Visser
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mar 29 02:13:10 MGT 2024