Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » akwarium
akwarium [boodskap #128757] Vr., 20 Desember 2019 19:48
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 26533
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
Senior Lid
'n Akwarium.
'n Akwarium.
akwarium
Afbreking: a•kwa•ri•um


Selfstandige naamwoord: akwarium
Meervoud: akwaria, akwariums
Verkleinwoord: akwariumpie
Meervoud van verkleining: akwariumpies

Betekenis:
• 'n Houer met water waarin lewende plante en diere vir besigtiging aangehou word.
• 'n Instelling of gebou waar plante en diere in tenks met water aangehou word.

Gebruik:
• Kom kyk na my akwarium vol goudvisse.
Akwariums word gebruik om waterdiere en -plante te kweek, te versorg en aan die publiek te vertoon.

Sinoniem:
• visbak
• vistenk

Hiponiem:
• soutwaterakwarium
• varswaterakwarium

Vertaling:
Engels: aquarium
Nederlands: aquarium

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.

[Bygewerk op: Ma., 14 September 2026 17:54]

Rapporteer boodskap aan 'n moderator

Vorige onderwerp: nasionaal
Volgende onderwerp: nat
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr. Sep. 18 08:26:56 UTC 2026