| Weer 'n taalkwessie [boodskap #21681 is 'n antwoord op boodskap #21682] |
Do., 11 Maart 1999 00:00  |
Thorsten Müller
Boodskappe: 103 Geregistreer: Julie 1998
|
Senior Lid |
|
|
Dagsê almal,
ek het weereens 'n taalkwessie. Kyk asseblief na die volgende sinne:
D: Das Schreiben kostet natürlich mehr Zeit.
NL: Het schrijven kost natuurlijk meer tijd.
Hoe sê 'n mens dit in Afrikaans? Ek het slegs volgende idee gehad:
Om te skryf kos natuurlik meer tyd.
Maar is dit ook moontlik - vergelyk met Duits en Nederlands - om 'n
werkwoord só te verander dat dit soos 'n selfstandige naamwoord kan
gebruik word? Of is dit ten minste moontlik om van die "om
te"-konstruksie ontslae te raak? Byvoorbeeld:
Skryf kos natuurlik meer tyd.
Skrywe kos natuurlik meer tyd.
Hoe klink dit vir julle?
Baie dankie,
Thorsten
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: Weer 'n taalkwessie [boodskap #21710 is 'n antwoord op boodskap #21682] |
Vr., 12 Maart 1999 00:00  |
Oom Hans
Boodskappe: 83 Geregistreer: Januarie 1999
|
Volle Lid |
|
|
snip snip
>>
>> D: Das Schreiben kostet natürlich mehr Zeit. (6 woorde)
>> NL: Het schrijven kost natuurlijk meer tijd. (6 woorde)
>> Ja, Thorsten, jou sin met "Skrywe" is
> heeltamaal reg. Jy kan ook sê: "Skrywe
> vat natuurlik meer tyd." (5
woorde)
> Jy kan ook die volgende sê: "Die skrywery vat
> langer." (4 woorde)
>
My bydrae :
Skryf is tydrowend. (3
woorde)
G',n stuk wonder die Duitsers en Nederlanders sukkel so om hulle sê te sê
nie !
(En wanneer hulle aan die gang gekom het, is daar ook nie brieke nie)
Omie
|
|
|
|
| Re: Weer 'n taalkwessie [boodskap #21711 is 'n antwoord op boodskap #21682] |
Vr., 12 Maart 1999 00:00  |
Arthur Hagen
Boodskappe: 559 Geregistreer: Julie 2001
|
Senior Lid |
|
|
Oom Hans heeft geschreven...
> snip snip knip knip
> My bydrae :
> Skryf is tydrowend. (3 woorde)
>
> G',n stuk wonder die Duitsers en Nederlanders sukkel so om hulle sê te sê
> nie !
:) Afrikaans snobbisme!
Schrijven is tijdrovend, maar het schrijven (van Duits) kost (mij)
natuurlijk meer tijd (dan het schrijven van Engels).
Groeten,
Arthur
|
|
|
|