Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Haai Shannon
Haai Shannon [boodskap #21649] Wo, 10 Maart 1999 00:00 na volgende boodskap
Oom Hans  is tans af-lyn  Oom Hans
Boodskappe: 83
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Volle Lid
Shannon wrote in message ...
> Ek wonder juis wanneer ons weer van Hennerietjie
> gaan hoor, oom Hans is ook baie stil, het seker maar probleme met sy service
> provider.
>
Tag, lekker om te sien mense wonner oor jou.............of het jy my net nie
in die fight raakgesien nie ???? :-))

Demmit - ek was maar net 'n week weg en die oomblik toe ek my rug draai, toe
raak julle aan't baklei. Hier kom loop ek my in 'n stofwolk vas en sukkel
om te sien waar kop is en watter rigting dinges is. Sal maar die lyke tel
na die Suidwester goed gewaai het want die "hot air" hier issie genoeg om
die stof (en reuk) te lig nie.............

Hennerie en sy pa'le het met die krokodille in 'n vol Oolfants gaan rondneuk
en as die kind uiteindelik oor sy skrik gekom het, sal ons sekerlik weer van
hom hoor.
Wonner hoekom hulle nie maar gewoonweg by die see gaan visvang nie..........

Selwers het ek laasweek in Windhoek gaan rondlê waar ek vir 'n pêl by sy
blindingsfabriek 'n nuwe boekhoustelsel gaan installeer het. Sy personeel
sal hopelik nou onthou dat "debit" links is en "credit" regs - het dit so
bo-oor die ingang geverf dat hulle dit elke dag kan raaksien.

Jy't reg gelees - op my oudag moet ek nog uitspring om siel en liggaam
aanmekaar te hou. Dis nou dat my ou pensioentjie se waarde effe verminder
het nadat julle regering die Rand so konfoes het en synde ons "Witbooi" note
aan julle Randjie gekoppel is, kry ons die verkoue wanneer julle nies.

Vier dae in Windhoek gewees. Suiwer onrus. Die stadslawaai, die muskiete
en die vreemde bed. Maar die Hochfeldt gemsbok het darem Vrydag opgemaak
vir al die ongerief en frustrasie van Windhoek.

In die rekenaarkringe van Windhoek is daar 'n paar pêre wat lelik geld maak
deur onkundige gebruikers op hol te jaag met die Y2K gogga. Toets kamma
die rekenaars en kondêm alles onder 'n Pentium. Maar hulle bied darem
"upgrades" aan wat glo sal sorg dat dinge nie op 1 Jan 2000 sal skeefloop
nie. Ek het hier 'n afskrif van 'n kwotasie (wat hulle aan my broer se
besigheid uitgereik het) om 'n 386 SX25 van die regte binnegoedjies te
voorsien sodat 1-1-2000 verteer kan word vir MAAR NET 4575,00.

Al wat EINTLIK nodig is, is om die datum op 1-1-2000 met die DOS instruksie
"date" reg te stel. Die spesifieke rekenaar het ek (sonder die hulp van
toetsprogrammetjies) vir die manne getoets en vir hulle gewys hoe hulle vir
'n "ride" geneem word. Die ander ng. lesers wat rekenaars ken, sal die
metode ook ken. Dis die PROGRAMME wat die groot gevaar inhou vir die
gebruikers........

Wil nog vir Hennerie vra of sy pa nie mirresyne het om gewetes bietjie te
dokter nie. Ek wil graag so bietjie meer SAMEWERKING hê van myne. In
Windhoek het party ouens al reggekry dat 'n gewete 'n medepligtige word.

> Die politieke gebabbel is besig om ernstige spysverteringsprobleme te
> veroorsaak, veral wanneer sommige mense so al in kringe praat en nie direkte
> vrae wil beantwoord nie.

Politiek, kerk en skietysters - hou jou bek en bly heel. Hierso sien ons
ook al die onheilighede duskant en anderkant die grense maar ons lewe darem
al so op 'n manier saam. Kyk nou net - daar't ek klaar my bek
oopgemaak.................

Gegroet

Omie
Re: Haai Shannon [boodskap #21679 is 'n antwoord op boodskap #21649] Do, 11 Maart 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Dries Venter  is tans af-lyn  Dries Venter
Boodskappe: 299
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
Oom Hans wrote in message ...

> Al wat EINTLIK nodig is, is om die datum op 1-1-2000 met die DOS instruksie
> "date" reg te stel. Die spesifieke rekenaar het ek (sonder die hulp van
> toetsprogrammetjies) vir die manne getoets en vir hulle gewys hoe hulle vir
> 'n "ride" geneem word. Die ander ng. lesers wat rekenaars ken, sal die
> metode ook ken. Dis die PROGRAMME wat die groot gevaar inhou vir die
> gebruikers........
>


Oom Hans,

Jy's reg tot op 'n punt. Maar DOS (Windoze) loop op hul eie klok as hulle
eers aan die gang is. Dis die een wat jy met "Date" stel (of in Windoze se
Control Panel). Jy moet die CMOS klok ook bekyk op dieselfde manier.
Vraag: Miskien verstaan ek die ding verkeerd. Die vraag kom nou net by my
op: As jy DATE gebruik en stel die klok na 31/12/1999 23:50 en hy slaan mooi
oor na 1/1/2000, en jy reboot dan, het jy dan nie ook sommer die CMOS klok
getoets nie - DOS moet hom mos weer van sy klok af regstel as jy die
rekenaar afsi?

'n Ander ding. 'n Ou pel van my het destyds op die Ruacana-skema gewerk.
Iemand vra hom hoe ry mens soontoe en hoe lank vat dit? Hy bedui toe die
pad en sê verder As jy nou die m^ore van Upington wegtrek en jy ry en jy ry
en jy ry totdat jy nou r^erig nie meer kan nie, dan hou jy nog aan ry. En
as jy nou by die punt kom waar alles staak en jy sê Nee o d^onner nie 'n
dooie d^onnerse tree verder nie, dan's jy halfpad daar!

Neef Dries
Re: Haai Shannon [boodskap #21703 is 'n antwoord op boodskap #21649] Vr, 12 Maart 1999 00:00 Na vorige boodskap
Shannon  is tans af-lyn  Shannon
Boodskappe: 220
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
Oom Hans wrote in message ...
> Shannon wrote in message ...
>> Ek wonder juis wanneer ons weer van Hennerietjie
>> gaan hoor, oom Hans is ook baie stil, het seker maar probleme met sy service
>> provider.
>>
> Tag, lekker om te sien mense wonner oor jou.............of het jy my net nie
> in die fight raakgesien nie ???? :-))
>
> Demmit - ek was maar net 'n week weg en die oomblik toe ek my rug draai, toe
> raak julle aan't baklei. Hier kom loop ek my in 'n stofwolk vas en sukkel
> om te sien waar kop is en watter rigting dinges is. Sal maar die lyke tel
> na die Suidwester goed gewaai het want die "hot air" hier issie genoeg om
> die stof (en reuk) te lig nie.............
>
> Hennerie en sy pa'le het met die krokodille in 'n vol Oolfants gaan rondneuk
> en as die kind uiteindelik oor sy skrik gekom het, sal ons sekerlik weer van
> hom hoor.
> Wonner hoekom hulle nie maar gewoonweg by die see gaan visvang
nie..........

Hallo Oom Hans

Dis lekker om weer iemand op die ng te ervaar wat beskaafdsprekend is. Die
lot is met tye so aan't baklei in hoogdrawende Afrikaans, dat hulle selfs
die Nederlanders op die ng sal verjaag!

Wat die visvangery betref, die uitdrukking van "dis lekker by die see, net
jammer die strand is so vêr" is van toepassing. Boonop om in julle wêreld
gou so 6 ure of wat Windhoek toe te ry vir 'n dag se inkopies, is darem baie
nader en minder moeite as om deesdae hier by ons na die see te ry vir 'n
week of wat se vakansie.

Ek onthou hoe ons een slag die (laerskool) koshuis se kinders almal in die
skool se bus gelaai het en voor jy kon sê mes was ons in Windhoek. Baie van
hulle was toe nog nooit verder as die ry van die plaas tot koshuis nie!
Hulle het die roltrap in die OK sentrum gedaan gery!

>
> Selwers het ek laasweek in Windhoek gaan rondlê waar ek vir 'n pêl by sy
> blindingsfabriek 'n nuwe boekhoustelsel gaan installeer het. Sy personeel
> sal hopelik nou onthou dat "debit" links is en "credit" regs - het dit so
> bo-oor die ingang geverf dat hulle dit elke dag kan raaksien.
>
> Jy't reg gelees - op my oudag moet ek nog uitspring om siel en liggaam
> aanmekaar te hou. Dis nou dat my ou pensioentjie se waarde effe verminder
> het nadat julle regering die Rand so konfoes het en synde ons "Witbooi" note
> aan julle Randjie gekoppel is, kry ons die verkoue wanneer julle nies.

Mens kan net dink wat gaan nou gebeur met die winter en die griep wat
daarmee gepaard gaan (dis nou ons naderende stemdag) Die rand gaan maar oes
lyk, maar die mense in die uitvoerbedryf sal breed glimlag.
>
> Vier dae in Windhoek gewees. Suiwer onrus. Die stadslawaai, die muskiete
> en die vreemde bed. Maar die Hochfeldt gemsbok het darem Vrydag opgemaak
> vir al die ongerief en frustrasie van Windhoek.
>
> In die rekenaarkringe van Windhoek is daar 'n paar pêre wat lelik geld maak
> deur onkundige gebruikers op hol te jaag met die Y2K gogga. Toets kamma
> die rekenaars en kondêm alles onder 'n Pentium. Maar hulle bied darem
> "upgrades" aan wat glo sal sorg dat dinge nie op 1 Jan 2000 sal skeefloop
> nie. Ek het hier 'n afskrif van 'n kwotasie (wat hulle aan my broer se
> besigheid uitgereik het) om 'n 386 SX25 van die regte binnegoedjies te
> voorsien sodat 1-1-2000 verteer kan word vir MAAR NET 4575,00.
>
> Al wat EINTLIK nodig is, is om die datum op 1-1-2000 met die DOS instruksie
> "date" reg te stel. Die spesifieke rekenaar het ek (sonder die hulp van
> toetsprogrammetjies) vir die manne getoets en vir hulle gewys hoe hulle vir
> 'n "ride" geneem word. Die ander ng. lesers wat rekenaars ken, sal die
> metode ook ken. Dis die PROGRAMME wat die groot gevaar inhou vir die
> gebruikers........

Ja, ek kom ook agter hoe meer goed ons op die rekenaar laai hoe meer
probleme ondervind ons, en natuurlik is ek die een wat die hele huisgesin
nader roep om te kom help. Ekself het met die tref en trap metode geleer en
boeke in die ander hand.
>
> Wil nog vir Hennerie vra of sy pa nie mirresyne het om gewetes bietjie te
> dokter nie. Ek wil graag so bietjie meer SAMEWERKING hê van myne. In
> Windhoek het party ouens al reggekry dat 'n gewete 'n medepligtige word.
>

>> Die politieke gebabbel is besig om ernstige spysverteringsprobleme te
>> veroorsaak, veral wanneer sommige mense so al in kringe praat en nie direkte
>> vrae wil beantwoord nie.
>
>
> Politiek, kerk en skietysters - hou jou bek en bly heel. Hierso sien ons
> ook al die onheilighede duskant en anderkant die grense maar ons lewe darem
> al so op 'n manier saam. Kyk nou net - daar't ek klaar my bek
> oopgemaak.................
>
> Gegroet
>
> Omie
>
Groete

Shannon
Vorige onderwerp: Heraldiek
Volgende onderwerp: Re: Die Nuweling Vra 'n vraag
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Jun 03 15:14:31 MGT 2024