Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Weer 'n taalkwessie
Weer 'n taalkwessie [boodskap #21681 is 'n antwoord op boodskap #21682] Do, 11 Maart 1999 00:00 na volgende boodskap
Thorsten Müller  is tans af-lyn  Thorsten Müller
Boodskappe: 103
Geregistreer: Julie 1998
Karma: 0
Senior Lid
Dagsê almal,

ek het weereens 'n taalkwessie. Kyk asseblief na die volgende sinne:

D: Das Schreiben kostet natürlich mehr Zeit.
NL: Het schrijven kost natuurlijk meer tijd.

Hoe sê 'n mens dit in Afrikaans? Ek het slegs volgende idee gehad:

Om te skryf kos natuurlik meer tyd.

Maar is dit ook moontlik - vergelyk met Duits en Nederlands - om 'n
werkwoord só te verander dat dit soos 'n selfstandige naamwoord kan
gebruik word? Of is dit ten minste moontlik om van die "om
te"-konstruksie ontslae te raak? Byvoorbeeld:

Skryf kos natuurlik meer tyd.
Skrywe kos natuurlik meer tyd.

Hoe klink dit vir julle?

Baie dankie,

Thorsten
Re: Weer 'n taalkwessie [boodskap #21682 is 'n antwoord op boodskap #21681] Do, 11 Maart 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
Thorsten Mueller writes: > Dagsê almal,
>
> ek het weereens 'n taalkwessie. Kyk asseblief na die volgende sinne:
>
> D: Das Schreiben kostet natürlich mehr Zeit.
> NL: Het schrijven kost natuurlijk meer tijd.
>
> Hoe sê 'n mens dit in Afrikaans? Ek het slegs volgende idee gehad:
>
> Om te skryf kos natuurlik meer tyd.
>
> Maar is dit ook moontlik - vergelyk met Duits en Nederlands - om 'n
> werkwoord sê te verander dat dit soos 'n selfstandige naamwoord kan
> gebruik word? Of is dit ten minste moontlik om van die "om
> te"-konstruksie ontslae te raak? Byvoorbeeld:
>
> Skryf kos natuurlik meer tyd.
> Skrywe kos natuurlik meer tyd.

Ja, Thorsten, jou sin met "Skrywe" is
heeltamaal reg. Jy kan ook sê: "Skrywe
vat natuurlik meer tyd." Jy kan ook
die volgende sê: "Die skrywery vat
langer."

Gloudina
Re: Weer 'n taalkwessie [boodskap #21683 is 'n antwoord op boodskap #21682] Do, 11 Maart 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 11 Mar 1999 13:02:36 +0100, Thorsten Mueller
wrote:
|Om te skryf kos natuurlik meer tyd.

Ek is geen taalkundige nie, maar ek sou hierdie beskou as die "mooi"
Afrikaanse weergawe.
|
|Skryf kos natuurlik meer tyd.
|Skrywe kos natuurlik meer tyd.

Ek sou sê hierdie twee sal jy ewe veel in die algemene
gebruiksAfrikaans kry.
|
Thorsten, kan jy my asb 'n groot guns doen en net effe terugkyk op die
nuusgroep - 'n paar dae terug het ek en 'n Duitssprekende heel verby
mekaar gepraat nadat ek 'n tong-in-die-kies-aanmerking gemaak het
omdat hy iemand "dit" genoem het. My regstelling van die situasie is
blykbaar nie mooi verstaan nie. Ek sal baie bly wees as jy op Duits
dvir die ou kan verduidelik. Dankie

Johan, die ewige realis / optimis.
Re: Weer 'n taalkwessie [boodskap #21684 is 'n antwoord op boodskap #21682] Do, 11 Maart 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Thorsten Müller  is tans af-lyn  Thorsten Müller
Boodskappe: 103
Geregistreer: Julie 1998
Karma: 0
Senior Lid
"Johan (In oortje gehapt!)" wrote:

> Thorsten, kan jy my asb 'n groot guns doen en net effe terugkyk op die
> nuusgroep - 'n paar dae terug het ek en 'n Duitssprekende heel verby
> mekaar gepraat nadat ek 'n tong-in-die-kies-aanmerking gemaak het
> omdat hy iemand "dit" genoem het. My regstelling van die situasie is
> blykbaar nie mooi verstaan nie. Ek sal baie bly wees as jy op Duits
> dvir die ou kan verduidelik. Dankie

Ek sou dit graag wil doen, maar ongelukkig het ek nie die hele "thread"
ontvang nie - my nuusbediener is nou en dan 'n bietjie onbetroubaar. Kan
jy die plasings asb per e-pos vir my stuur (ek gebruik geen 'spam-block'
nie, dus werk die adres)? Dan sal ek dit met graagte regstel.

Groete,

Thorsten
Re: Weer 'n taalkwessie [boodskap #21710 is 'n antwoord op boodskap #21682] Vr, 12 Maart 1999 00:00 Na vorige boodskap
Oom Hans  is tans af-lyn  Oom Hans
Boodskappe: 83
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Volle Lid
snip snip

>>
>> D: Das Schreiben kostet natürlich mehr Zeit. (6 woorde)
>> NL: Het schrijven kost natuurlijk meer tijd. (6 woorde)
>> Ja, Thorsten, jou sin met "Skrywe" is
> heeltamaal reg. Jy kan ook sê: "Skrywe
> vat natuurlik meer tyd." (5
woorde)

> Jy kan ook die volgende sê: "Die skrywery vat
> langer." (4 woorde)
>

My bydrae :
Skryf is tydrowend. (3
woorde)

G',n stuk wonder die Duitsers en Nederlanders sukkel so om hulle sê te sê
nie !
(En wanneer hulle aan die gang gekom het, is daar ook nie brieke nie)

Omie
Re: Weer 'n taalkwessie [boodskap #21711 is 'n antwoord op boodskap #21682] Vr, 12 Maart 1999 00:00 Na vorige boodskap
Arthur Hagen  is tans af-lyn  Arthur Hagen
Boodskappe: 559
Geregistreer: Julie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Oom Hans heeft geschreven...
> snip snip knip knip
> My bydrae :
> Skryf is tydrowend. (3 woorde)
>
> G',n stuk wonder die Duitsers en Nederlanders sukkel so om hulle sê te sê
> nie !

:) Afrikaans snobbisme!

Schrijven is tijdrovend, maar het schrijven (van Duits) kost (mij)
natuurlijk meer tijd (dan het schrijven van Engels).

Groeten,
Arthur
Vorige onderwerp: penpal
Volgende onderwerp: Vir Robbert
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 22 22:26:31 MGT 2024