Leksikograaf Boodskappe: 26676 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
Senior Lid
hul
Afbreking: hul
Uitspraak: /ɦœl/
Besitlike voornaamwoord: hul
Betekenis:
• 'n Verkorte vorm van "hulle" wat aandui dat iets aan 'n groep behoort.
Gebruik:
• Leerders moet besef dat hulle vir hul eie huiswerk verantwoordelik is.
Sinoniem:
• hulle
Afgelei:
• hulself
Vertaling:
Engels: their
Nederlands: hun
Nota:
• "Hul" word meestal gebruik indien "hulle" reeds in dieselfde sin gebruik is.
• "Hul" is soms ook 'n persoonlike voornaamwoord: Hul het elkeen hul eie geskenk gekry.
Werkwoord: hul
Verlede tyd: gehul
Betekenis:
• Om te bedek of toe te maak.
Gebruik:
• Die pad is in digte mis gehul.
Vertaling:
Engels: to wrap up, envelop, shroud, veik
Nederlands: hullen
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.