Leksikograaf Boodskappe: 26581 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
Senior Lid
gemeente
Afbreking: ge•meen•te
Uitspraak: /χəˈmɪə̯n.tə/
Selfstandige naamwoord: gemeente
Meervoud: gemeentes
Verkleinwoord: gemeentetjie
Meervoud van verkleining: gemeentetjies
Betekenis:
• 'n Groep gelowiges wat aan dieselfde kerk behoort en saam aanbid.
• Die lidmate onder 'n kerkraad.
Gebruik:
• Lidmaatskap van 'n gemeente verseker volharding in die geloof en persoonlike groei in Jesus.
• Die basaar word deur die gemeente georganiseer.
Sinoniem:
• geloofsgemeenskap
• kerkgemeenskap
Hiponiem:
• sustergemeente
Afgelei:
• gemeentelid
• gemeentevergadering
Vertaling:
Engels: congregation, parish
Nederlands: gemeente
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.