Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Bewaarkloof
Bewaarkloof [boodskap #9404] Di., 20 Mei 1997 00:00 na volgende boodskap
At de Lange  is tans af-lyn  At de Lange
Boodskappe: 297
Geregistreer: November 1995
Senior Lid
Oorlog is 'n afskuwelike ding.

Dis fataal om bagasie saam te piekel in 'n oorlog.

Met en na die Tweede Vryheidoorlog is die Boeremagte beskuldig dat
hulle nie na hulle vrouens en kinders omgesien het nie. Dit was byvoorbeeld
'n hoofmotivering vir die oprigting van konsentrasiekampe. Die kwessie
van bagasie is doodgeswyg. Dit gebeur selfs vandag nog in gesprekke
oor hierdie oorlog.

Sowat 40 km suid van Pietersburg lê 'n verstommende bergreeks, naamlik
die Strydpoortberge. Hulle loop vir sowat 150 km reg oos tot in die
Drakensberge, daar waar die Strydomtonnel gele"e is. Ry suid van
Pietersburg totdat jy deur Chuniespoort gaan. Suid van die poort swaai
die pad oos na Burgersfort se kant toe. Ry nog sowat 50 km totdat 'n
grondpad na links afdraai terug na die berge se kant toe. Daar staan hopelik
nog die padwyser met die naam The Downs. Swaai op die grondpad af en
hou so 4 km. 'n Paadjie swaai uit na links terug na Chuniespoort se kant toe.
Daar is nie meer 'n padwyser nie. Draai op die paadjie af om uiteindelik
by Bewaarkloof uit te kom. Moenie sommer daar invoeter nie - dis
slangwereld soos min.

Bewaarkloof is eintlik 'n groot kom in die berge wat deur 'n kloof bereik
word. Gedurende die laaste 18 maande, so is ek vertel, het die
Boeremagte honderde vrouens, kinders en vee in Bewaarkloof
weggesteek. Die Britse magte het nooit vermoed dat daar so 'n
wegsteekplek kon wees in hierdie skynbaar onherbergsame berge nie.
In my verkenning van die natuur het ek 'n paar keer op grafte tussen die
bosse afgekom. Die grafte was nie tipies van die Sotho kultuur nie. Dan
het ek maar naby die grafte gaan sit en wonder wat die geskiedenis
agter hulle is. Was hulle deel van die Tweede Vryheidstryd?

Ek dink dat Bewaarkloof 'n argeologiese paradys is. Dis net jammer dat
daar soveel verwoesting gesaai is deur die talle asbesmyntjies gedurende
hierdie eeu. Wie weet van hoeveel rotstekening wat deur mynbou vernietig
is?

Ek kon bitter min in die literatuur oor Bewaarkloof raakloop. Wie van julle
kan dalk meer lig werp op hierdie interessante plek met sy duistere
verlede?

Alles van die beste
At de Lange
Re: Bewaarkloof [boodskap #9479 is 'n antwoord op boodskap #9404] Vr., 23 Mei 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2157
Geregistreer: Mei 1997
Senior Lid
"AM de Lange" writes:
>
> Ek dink dat Bewaarkloof 'n argeologiese paradys is. Dis net jammer dat
> daar soveel verwoesting gesaai is deur die talle asbesmyntjies gedurende
> hierdie eeu. Wie weet van hoeveel rotstekening wat deur mynbou vernietig
> is?
>
> Ek kon bitter min in die literatuur oor Bewaarkloof raakloop. Wie van julle
> kan dalk meer lig werp op hierdie interessante plek met sy duistere
> verlede?
>
> Alles van die beste
> At de Lange
>

At, kan die mense in die Geskiedenis-departement by U.P. dan
nie help nie? Indien nie, kontak Johan Barnard in Lunnonweg
en sien of hy nie iets daarvan weet nie.
Gloudina
Re: Bewaarkloof [boodskap #153444 is 'n antwoord op boodskap #9404] Di., 03 November 2026 18:49 Na vorige boodskap
voskuilp  is tans af-lyn  voskuilp
Boodskappe: 1
Geregistreer: November 2026
Junior Lid
Ek het as kind op Bewaarkloof gebly. Ons het weg getrek in 1984. Dit was 'n asemrowende plek wat gekenmerk was deur kleiner groepe huise 'n paar kilometers uit mekaar. Daar was 'n poskantoor, 'n sentrale (waar my ma gewerk het), 'n skool met so 40 leerlinge in die hele skool en die bymekaarkomplek vir mense, die Klub (met 'n lekker Swembad, tennisbane ens.)

As kind het ons baie gestap en op 'n hele paar ou grafte afgekomen wat datums in die laat 1800's gehad het. Daar was 'n hele paar grotte en ek is seker daar het baie mense al daar geskuil.

Ek was eenkeer weer terug daar. Maar my hart het gebreuk om die verval te sien. Die myn (ATOK platinum man) het al die mense verskuif na ATOK toe, en toe Bewaarkloof terug besorg is aan Lebowa, het hulle al die huise platgeslaan. Al wat staande gebly het was die clubhuis en die poskantoor. Maar die was ook geplunder en afgebreuk.  

Dit was die beste tyd in my lewe!
Vorige onderwerp: Goeie Môre
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di. Nov. 03 22:15:45 UTC 2026